Aanvalle op gesondheidswerkers ‘ongevraag’

[Foto: Verskaf]

“Dit is heeltemal ongevraag en laakbaar.”

Só sê Nomagugu Simelane-Zulu, LUR van gesondheid in KwaZulu-Natal, oor die onlangse aanvalle op gesondheidsorgwerkers wat die afgelope week in die provinsie plaasgevind het.

Drie ambulanse is tussen Woensdag en Donderdag in die Magogo-gebied beskadig.

In die mees onlangse voorval is ’n gesondheidsinspekteur Donderdag op pad na die Monyane-kliniek in Nkandla voorgekeer en die inspekteur is deur woedende betogers aangehou. Dit het sowat 500 meter van die kliniek afgespeel.

“Die inspekteur en drie vroulike kollegas is met geweld uit die voertuig geruk, waarna die voertuig toe grootliks beskadig is,” sê Simelane-Zulu.

In ’n afsonderlike voorval wat Woensdag in die Umzinyathi-distrik afgespeel het, het ’n verpleegster R300 se kontant aan ’n groep aanvallers betaal om die lewe van ’n kollega te red. Dit was glo die laaste kontant wat die verpleegster in haar besit gehad het.

“Die aanvallers het ’n band om die kollega se nek geplaas, waarna hulle [aanvallers] gedreig het dat hulle petrol oor hom [kollega] gaan gooi en hom aan die brand steek.”

Na bewering was die mobiele gesondheidspanne onderweg na verskeie mobiele gesondheidsklinieke in die Umzinyathi-distrik toe hulle deur onbekende mans met vuurwapens in ’n Toyota Quantum van die pad gedwing is.

Die mobiele gesondheidspanne, wat vroue ingesluit het, is aangerand, van hul waardevolle besittings beroof, op gevloek en deur die mans gevra: “Hoe werk julle terwyl ons werkloos is?”

Die mans het een van die voertuie aan die brand gesteek en twee ander se vensters is stukkend geslaan.

Die hoogs getraumatiseerde personeellede moes na die tyd berading ontvang.

Verder moes die polisie ook Woensdag traangas gebruik om ’n skare betogers uitmekaar te jaag wat die Cato Manor-gemeenskapsentrum in Durban met klippe bestook het. Die personeel van die sentrum is ook glo gedreig.

“Die betogers – wat oor dienslewering betoog het – het bande gebrand en vullis by die ingang van die gesondheidsfasiliteit gestrooi.”

Van die personeellede moes mediese behandeling ontvang vir traangas-inaseming.

Simelane-Zulu sê die departement is diep ontsteld, geskok en bekommerd oor hierdie voorvalle.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om nie ons gesondheidsorgwerkers aan te val, of openbare eiendom te vernietig nie, want dit ontneem gemeenskappe van broodnodige gesondheidsorgdienste en hulpbronne wat bedoel is om hulle by te staan.

“Hierdie voorvalle is ’n ernstige terugslag vir ons pogings om gesondheidsorg toeganklik te maak vir almal, insluitend dié in die landelike gebiede. Niemand sal ooit weet wat die volle uitwerking van hierdie aanvalle op die psige van die personeel wat geraak is, is nie. En die vernietiging van voertuie en eiendom eis ’n ernstige tol op ons weens die feit dat ons hulpbronne skaars is.

“Die vervanging van hierdie voertuie en die herstel van beskadigde geboue kan beteken dat ons nie in staat is om personeel te betaal, medikasie en mediese toerusting te koop of roetine-instandhouding te doen nie. Ons veroordeel dus hierdie optrede ten sterkste en wil ʼn beroep op alle regdenkende Suid-Afrikaners doen om nie hierdie misdadigers in hul geledere te huisves nie, maar eerder te isoleer en aan wetstoepassingsowerhede te rapporteer. Maak nie saak hoe sterk jy in jou saak glo nie, sulke laakbare optrede kan nooit regverdig word nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

miche ·

Hoekom moet die Departement ‘n BEROEP doen op gemeenskappe om nié gesondheidsorgwerkers of enige iemand aan te val nie? Word hul nou gesmeek om by die wet te hou in ‘n wettelose land?
En die woord ONGEVRAAGD moes eerder vervang word deur… Dis poging tot moord.

Eugene ·

Welkom in n’ wettelose suid afrika. In die land mag jy brand, moord pleeg , bedrog pleeg en so gaan dit aan.

Shakespeare ·

Praat jy Simelane-Zulu, jy wat deel vd probleem is. Wat “werk” vir die chaos party…..die ANC. Lekker “high paying” joppie om te sit en niks doen nie.

Prinses Bella ·

Suid-Afrika op ‘n vinnige glybaan na totale rampspoedigheid. As die ANC nog nie oortuig is dat hulle ‘n rojale gemors van die land gemaak het nie, gaan niks hulle oortuig nie. Cry my beloved country, cry….

Elméne ·

Nee, hulle besef dit terdeë, maar die wetters word BETAAL om ons land tot niet te laat gaan, DIT is die “bottomline”.

david ·

Hierdie insidente is WEEREENS die gevolg van ‘n vrot regering (eintlik is Regime) meer korrek…
Die veelgeroemde grondwet maak wel voorsiening vir protes optrede–maar nie te koste van ander se regte nie.!
Hoeveel keer word die optrede gewone misdaad –klippe gooi na onskuldiges se motors, brande op die teerblad van strate wat skade aan die pad doen, en deurgang vir motoriste word onmoontlik (onthou onlangs hoe die N1 deur die EFF geblokkeer was oor die vrylating van Janus Walusz)
Daar is algehele wetteloosheid in die land…want dit wette word nie deur die SAP afgedwing nie.
Almal en mos REGTE…..maar van verantwoordelikhede is daar geen sprake nie.

Eugene ·

Moenie ambulanse in sulke gebiede instuur nie. Die mediese personeel se lewens is ook in gevaar. Die wat mediese hulp nodig het, moet self plan maak om dokter te sien.

Nie Verbaas ·

Ek kan nie verstaan dat hulle ongelukkig is met die aanvalle nie. Dit is immers die ANC se beleid en uiterse slapgat houding en onbevoegdheid wat dit veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.