Aanvaller doodgeskiet wat man op plaas oorrompel

Een van die vermeende aanvallers is doodgeskiet. (Foto: Maroela Media)

ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en sy makker is nog soek nadat hulle glo Woensdag ʼn boer op ʼn plaas in die omgewing van Bishopstowe in KwaZulu-Natal probeer beroof het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die 78-jarige man was gisteroggend besig om herstelwerk aan ʼn voertuig op die plaas te doen, toe twee mans, gewapen met ʼn mes, hom oorrompel het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê ʼn worsteling het oënskynlik tussen die man en die aanvallers ontstaan.

“Die slagoffer het ʼn skoot afgevuur en een verdagte doodgeskiet. Die ander een het ongedeerd weggekom,” sê Mbele.

Herbst sê die tweede aanvaller het volgens die boer in ʼn bos ingehardloop nadat die skoot geklap het.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek terwyl ʼn saak van gewapende roof ook ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Sy lewe was in gevaar hy’t gedoen wat hy moes doen!

Thom ·

Wat probeer jy sê ? ‘n Geregtelike ondersoek MOET gedoen word na enige onnatuurlike dood .

Persheks Adri ·

Die boer het sy eie lewe beskerm dis nie so moeilik om dit te verstaan nie regtig!!!

Persheks Adri ·

Die boer het sy eie lewe beskerm dis nie so moeilik om dit te verstaan nie regtig!!! Lees weer die berig en well done vir die boer

Emile ·

UItstekend , Baie bly dat die boer homself kon verdedig en het nie deel geword van die groeiende aantal plaasmoorde in Suid-Afrika nie

E ·

Hy gaan nie weer ‘n mes na ‘n gunfight bring nie. Lyk my hulle intel was nie op standaard nie. Gewoonlik is daar iemand in die binnekring.

boerie ·

Dit is nou n goeie plaasaanval gevolge, sal graag nog meer sulkes wil sien.

JM ·

Waarom “die vermeende rower” in plaas van die vermeende moordenaar? As iemand jou met ‘n mes aanval is dit niks anders as poging tot moord nie! Die aanvaller/s is nooit een tot een nie, maar ‘n paar teenoor die slagoffer. Klomp lafaards! Hoop die ander aanvaller word gevang.

Werner ·

Klink eerder of hulle probeer het om hom te vermoor.As jy iemand wil beroof vermoor jy hom nie en dan beroof jy hom nie.Met ander woorde die motief was moord en nie roof nie.

JohanR ·

Dit bly seker roof totdat hulle die mense met kook water en warm ysters gebrand het, dan word dit ‘n plaas aanval?

Pieter J ·

Ek hoop hulle neem kennis dat ouer mense nie noodwendig hulpelose slagoffers gaan wees nie daarom dat mister met die hoed ons so graag wil ontwapen.

Nico ·

Die regering moet eerder aandag toespits op plaas moorde en los die bakleiery oor taal gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.