Aanvallers breek Centurion-pa se skedel

Alexander Bezuidenhout. Foto: Facebook

Alexander Bezuidenhout. Foto: Facebook

ʼn Jong pa van Centurion se skedel is op vier plekke gebreek nadat hy deur rowers oorval en aangerand is terwyl hy met sy fiets op pad huis toe was.

Alexander Bezuidenhout (25) sal volgende week in die Steve Biko-hospitaal geopereer word, nadat sy skedel, oogbank en wangbeen tydens die aanval gebreek is. Hy het ook verskeie ander kneusplekke op sy lyf opgedoen.

Arno Alberts (26), Alexander se neef, het Donderdag aan Maroela Media gesê dat Alexander tydelik by hom en sy vrou in Rooihuiskraal, Centurion, ingetrek het. “Hy het drie weke terug met ʼn nuwe werk begin nadat hy lank werkloos was. Die werk is net 5 km van ons huis af en hy kon sommer met ʼn fiets werk toe en terug ry,” het Alberts gesê.

Hy vertel dat Alexander, die pa van twee jong kinders, verlede Maandag omstreeks 18:30 op pad huis toe skielik ʼn harde hou teen sy gesig gevoel het. “Hy het eers gedink iemand het hom met ʼn bottel uit ʼn verbygaande motor gegooi. Toe hy stilhou en omkyk, het hulle hom weer deur die gesig geslaan.”

Drie mans het Alexander met ʼn stok geslaan en hy het van sy fiets afgeval. Hulle het hom oor die versperrings langs die pad getel en die veld in gedra. Daar het hulle hom verder met die stok aangerand, geskop en geslaan. Volgens Alberts het hulle al Alexander se persoonlike items by hom afgevat voordat hulle gevlug het.

“Hy het teruggestrompel pad toe waar hy probeer het om een van die verbygaande motors te laat stop, maar almal het net by hom verbygejaag.” Hy het gesê Alexander kon uiteindelik daarin slaag om een van die bestuurders se aandag te trek wat hom opgelaai en huis toe geneem het.

“Ek was by die huis toe ek net hoor hoe hy om hulp skree en huil soos hy aangehardloop kom. Toe ek uitgaan, het ek hom gesien aankom met die bloed wat oor sy gesig stroom,” het Alberts gesê.

Die twee is die volgende dag polisiestasie toe waar hulle die saak aangemeld het. Hulle het glo eers by die misdaadtoneel omgery waar die stok steeds gelê het en dit saamgevat polisiestasie toe. “Die polisie het reguit vir ons gesê die stok is nutteloos en hulle kan nie daarop vingerafdrukke afneem nie,” het Alberts gesê.

Intussen moet Alexander by die huis wag tot die hospitaal hom kan opereer. Kapt. Boginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van roof word ondersoek. Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Dave ·

Hoe redeneer jy as jy so ‘n onverstaanbare vraag uitskreeu?

Liewe lulu ·

Hoe eerder die slagoffers die MRK begin dagvaar, hoe gouer gaan die misdaad afneem. Punt

KoosDelRay ·

Ons sukkel alreeds so finansieel, dan kom die demone en val ons nog aan ook. Vader Vader help ons!

tina ·

My hart is seer en gaan uit na hierdie jongman en elke onskuldige, wat aan die hand van hierdie gewetenlose,laakbare,lafhartige skurke, dit moes ontgeld en wie ook al, met hul lewens geboet het. Wel..die toestand in hierdie land het met sulke misdadige afmetings toegeneem, dat ‘n mens nou almal met agterdog moet bejeen ( veral omdat ons nie met oe in ons agterkop gebore is nie ). Dit is baie hartseer, maar dit is die toestand van hierdie tyd waarin ons leef.
En al wat hierdie jongman wou doen,was om vir sy gesin te sorg ( met soveel ander faktore wat teen hom getel het ).
Ek bid dat die Here jou en jou gesin krag gee om uit hierdie omstandighede uit te styg en dat jul geestelik sterker anderkant uitkom.
Ek daag Maroela Media lesers uit ( want ek WEET daar IS barmhartige samaritane ) om hierdie pappa van sy gesinnetjie, te help met mediese onkostes sodat hierdie broodwinner se geloof in sy medemens, gou weer herstel.
Bele vandag in iemand se lewe, want aardse goed kan ons nie saamvat in die lewe hierna.
Sekerlik sal Maroela media met die mense dan in kontak kom. Ek se by voorbaat baie dankie vir my mede-afrikaners. KOM ONS STAAN SAAM.

Johan ·

Kan ons asb weer tyd maak vir mekaar, ons wat van die bote gekom het was mos eens n sterk nasie, gaan asb en stel jouself aan die bure voor, gaan vra weer om n bietjie suiker of koffie te leen al is daar baie in die spens. Groet mekaar weer op straat. Ons praat van ons self as n nasie, maar op die stadium is ons vreemdelinge vir mekaar. Onthou altyd een drag maak mag, se dit vir jouself, lewe die lese. Dis maar my mening

Eliza-beth ·

Mari en Tina, lees heelwat ondertoe en kontak die ma per e-pos as julle wil help. Ek hoop baie mense gaan!

Eliza-beth ·

Stem met Mari en Tina – hoe kan ons so ‘n man help? Dis verskriklik en as mens net iets kan gee. Hoe moet hy nou tuis sit tot die hospitaal hom kan help – wat kan mens doen?? Sekerlik moet ander hospitale kan help? Hoe kan ons help? Enige iemand? Maroela kan julle help?

Elfie ·

Hoe de duiwel kan hul nie vingerafdrukke op die stok kry nie?? Sekerlik moes iemand ook iets dalk gesien het? Klink of useless polisie weer glad nie te veel moeite doen nie!

Janine ·

‘n Saak van ROOF? Dis immers poging tot moord! Hemel, ons is omtrent geskroef met die huidige Polisiemag!

Baie sterkte aan die man en sy familie.

Winston ·

Stem saam. Dis weereens poging tot moord en die motief was MOORD. NIE ROOF NIE! Net n bobbejaan sal dit glo.

Rikku ·

Maroela ek wil ook graag ‘n bydrae maak om hierdie jong man te help.
My hart gaan uit na hom en sy familie.
Gee vir ons ‘n kontak nommer of Bank Rekening Besonderhede.
Rikku

Pierre ·

Die eintlike woord wat ek wil gebruik sal maak dat die mense-regte kommissie my kom soek

Andre ·

Ja regtig erg, polisiemanne sit met kameras langs hoofpaaie in druk verkeer waar niemand regtig vinnig kan ry nie maar boewe loop los rond.

Marius ·

Andre dis speedcops nie polisie manne nie ! Die SAP is vandag vol kriminele en eks terrorise en kan glad nie vertrou word nie. As hulle dit aan n jong man kan doen , wat van weer lose ou mense, kinders en vroue? Dis tyd om die wapens op te neem en die vuil goed uit te roei! As iemand my aanval of bedreig sal ek nie hier om te skiet nie !!!!

G ·

Sterk woorde….dis altyd die wat eerste oorlog skree wat ook eerste opgee (meeste mense wat ge-emigreer het het ook aan die begin gesê “oorlog”). Kalmeer en gaan dink oor oplossing sonder emosie.

Anita ·

@G: Baie van jou kommentaar bevat die woorde “dink sonder emosie”.

Jammer maar ek redeneer nie so nie, my mense word uitgemoor (poging tot roof, shame hulle was seker honger).

Dis is vir my E-M-O-S-I-E!!

Cecile Kiley ·

You have a lekker jol with the oke in the veld when the first smash against the head could have had you taking all his possessions? CRIME OF PURE UNADULTERATED HATRED. NOT HUNGER. And a case of “Theft/Robbery” has been opened? Why not a case of attempted murder?????

Maritz ·

Kom ons help die jongman. As ek so deur al die artikels se kommentaar lees , hoor ek die stem van woede, van ‘n land se mense wat kwaad is en van ‘n groep van sy mense wat nie weer sal onderdruk word, vermoor word en verneder word nie. Rig jul woede reg en maak die verskil…kan julle dit hoor?

Yolande ·

Graag wil ek almal bedank vir die kommentaar. My seun gaan deur so moeilike tyd en al wat hy aan vashou is sy geloof. Vader het sy lewe gespaar en is ek so dankbaar vir die man wat ons ongelukkig nie weet wie hy is nie, wat my seun gevra het of hy okay is na hy hom langs pad gesien het en na sy neef se huis geneem het! Nadat soveel mense verby hom gery het in sy toestand!! Dis rassehaat maar word as ‘n roof hanteer en nie poging tot MOORD nie! Steve Biko Akademiese Hospitaal se teaters is vol en het hul nie die plate wat hy in sy skedel moet kry in voorraad nie. ‘n Dr van KGM het uit sy pad gegaan en ‘n firma gaan vir hulle die plate verskaf volgende week en gaan hy weer opgeneem word by Steve Biko en per ambulans glo Donderdag na Tand en Mond Hospitaal vervoer word na Tand en Mond Hospitaal vir die kosmetiese operasie. Hy verduur ernstige hoofpyne en baie erge pyn. Sy dogtertjies is histeries oor hulle pappa wat so lyk. Waar gaan die finansies vandaan kom. Rowers wat wil moor vir my kind se enigste middel van vervoer (fiets) wat sy neef vir hom gekoop het en ‘n foon wat ons hom geskenk het vyf dae voor die roof!!?? Hy het net begin moed terug kry na hy tans begin werk het en dan val die vyand hom aan. Hy so bevrees hy verloor sy enigste nuwe inkomste.Sy dogtertjies is tans in my sorg tot my seun finansieel kan funksioneer. Wat, wat moet my kind nog deurmaak??? Ek weet my Hemelse Vader sal voorsien en ek weet ek moet vasstaan in my geloof, maar hierdie haat teen ons blankes is onaanvaarbaar. Bid asb vir my seun dat hy sal herstel en weer mens kan wees. Dankie dat ek weer in ons mense kan glo, ek het amper moed opgegee.

EMK ·

YOLANDE – ons bid wel, maar wil tasbaar help. Lees net hoevele mense vra vir bankbesonderhede – wil jy dit nie verskaf nie? Ons help graag as ons kan!Ons moet darem net verseker weet dit is wel sy besonderhede hoor!

Yolande ·

Beste EMK. Kontak my gerus op [email protected], ek kan my seun se besonderhede aan jul verskaf en sy mediese verslae, gesetifiseer id dokument en julle kontak as u my ‘n kontak nommer epos. Ek wil nie weens sekerheids redes persoonlike inligting publiseer nie. U weet hoe maklik hulle mens se informasie in skelmstreke gebruik!! BAIE DANKIE dat daar nog barmhartige mense is!!

EMK ·

Yolande – jou reeds per e-pos geantwoord, ek hoop regtig meer mense sal kan help! Groete

Yolande ·

EMK baie dankie! Ek kan nie genoeg my waardering uitspreek nie.

Leeutjie ·

Yolande jy het my vanoggend in trane met jou skrywe. Dit is duidelik op die foto dat hy erg getraumatiseer is en dat dit wat met hom gebeur het ook ‘n groot sielkundige impak kan he! Ek hoop dat hy en sy gesin (met groot klem op die dogtertjie), in alle opsigte gehelp kan word om hierdie trauma te verwerk.

Nic de Bruyn ·

Ons land is besmet met GEMORS. Die bokke is nie eers meer veilig nie.

Se Maar Net ·

En om te dink die skuim loop steeds daar buite rond.
Sterkte aan die hele gesin.

Andre ·

Marius wou net uitlig dat energie op verkeerde plekke gemors word en intussen gebeur aaklige dinge soos waaroor ons nou almal kommentaar lig

Andre ·

Marius wou net uitlig dat energie op verkeerde plekke gemors word en intussen gebeur aaklige dinge soos waaroor ons nou almal kommentaar lig

Eliza-beth ·

Hallo almal, ek hoop julle het Yolande se antword bietjie boontoe gelees met haar e-pos adres. Die wat boontoe genoem het hulle wil ondersteuning gee – ek hoop julle gaan haar ook asb tog kontak dat ons die mense help!! Elke ou se R10 of meer kan help.

Alexander Raymond Bezuidenhout ·

Goeie dag aan almal op die webtuiste. ek wil regtig baie danki se vir almal wat omgee. en duisend dankies vir almal wat wil help. Ek wardeur dit regtig uit di diepste punt van my hart. As enige iemand my aan die hande wil kry, my email is [email protected] en my kontak nr is 079 477 5021. dan kan ons reelings so tref. Ek is ma nog in baie pyn en sien nie uit na die ooperasie ni. AS die man wat my gehelp het die boodskap lees, wil ek net nogmals baie dankie se. di Here sal jou werklik seen vir wat jy daai dag gedoen het. En ek weet ook dat ons Vader nie slaap ni. Hy sal met die GEMORS afreken wat dit aan my gedoen het. Voorspoed aan almal. Die Here sal elkeen van jul seen.

yvonne ·

Aiii my hart is nou so seer!!
Rerig!
Die arme man ry met sy fiets huis toe, het omtrent niks aan hom nie, en doen niemand skade nie. NOU VIR WAT WORD HY SO VERSKRIKLIK AANGERAND!!!
Is dit wat ons nou van ons land oor het, dinge raak net by die minuut erger en erger.
WAT SOEK JULLE VAN ONS?? Hoekom haat julle ons sooooo??
As AL ons blanke mense immigreer wat dan, gaan julle dan happy wees? Miskien as die land vir die varke gaan, niks meer oor is van ons hospitale / skole / plase en paaie nie. Miskien as die inflasie grens aan 500%, as daar nie meer krag is om enige fabrieke te voorsien en julle totalle duisternis toegemoet gaan.
Gaan julle DAN happy wees!!!!!

CHRISTA ·

Alexander, ek bid jou krag en genesing toe. My motto in die lewe is: AS JY JOU OË OP DIE HERE HOU, KAN JY OP STORMWATERS LOOP SOOS PETRUS!!! Hy sal jou deur hierdie moeilike en pynlike tyd help deur mense op jou pad te sit was jou sal ondersteun en bystaan (jy kan dit reeds sien)!!!

Yolande ·

Baie dankie vir ALMAL se gebede en bystand. Alexander is vandag geopereer en ervaar erge pyn. Die dokter het skedel en wangbeen geheg maar wil nie tans aan die oogbank karring nie, die been was heeltemal omgebuig en sal hul oor 2weke kyk of oog steeds skeef trek. Dankie Koning Jesus vir U genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.