Adjunkpresident Cyril Ramaphosa kan nie aanspreeklik gehou word vir die afsterwe van 34 myners by Marikana nie, het pres. Jacob Zuma Donderdag gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Junie 2015
Vierjarige in die wolke oor ballon wat ander land bereik
Sienna Taylor se ma staan verstom nadat sy en haar vierjarige dogtertjie ʼn ballon Sondag in Engeland vrygelaat het en later ʼn foto op Facebook gesien het toe die ballon meer as 960 km verder in Nederland aangekom het.
Ontvoerde SA’ner steeds in Mali
Gift of the Givers het Donderdag in ʼn verklaring gesê hulle hoop om kontak te maak met die persone wat die Suid-Afrikaner, Stephen McGown, gyselaar hou.
Ses vermeende stropers in die hof
Ses vermeende renosterstropers het die afgelope week in verskillende howe in Limpopo en Mpumalanga verskyn, het die polisie Donderdag gesê.
Polisie verwelkom swaar vonnisse vir plaas- en Corrie Sanders-moordenaars
Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende polisiekommissaris van Noordwes, het Donderdag die swaar vonnisse van twee veroordeelde moordenaars verwelkom.
ToekomsVenster: Oomblikke van beslissing
Neem verantwoordelikheid en wees deel van die avontuurlike reis vol verassings en nuwe ontdekkings. En onthou, God ís teenwoordig!
Vrou veld ingesleep tydens kleinhoewe-aanval
ʼn Vrou van Thohoyandou in Limpopo is helder oordag in haar huis op ʼn kleinhoewe deur rowers oorval, aangerand en in die veld in gesleep.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 25 Junie tot 1 Julie
Charlie Smidt van die FAK gesels nou weekliks oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur. Nuwe teaterstukke op die planke naby jou, boekbekendstellings en al die sangers se optredes – jy kan dit alles hoor op Kultuurkoerant – elke Donderdag op Maroela Media.
Foto’s: Bejaarde vrou jaag met motor in apteek in
Drie mense is beseer nadat ʼn bejaarde vrou met haar motor deur ʼn glasvenster gebars en binne ʼn apteek in Durban, KwaZulu-Natal, tot stilstand gekom het.
Aanvallers breek Centurion-pa se skedel
ʼn Jong pa van Centurion se skedel is op vier plekke gebreek nadat hy deur rowers oorval en aangerand is terwyl hy met sy fiets op pad huis toe was.
Video: Limbo sorg vir lekker lag
In die video word verskeie mense op straat gevra om so laag moontlik onder deur ʼn paal te loop. Maar, daar is ʼn vangplek – deelnemers word geblinddoek. Die resultate is skreeusnaaks.
Zuma vanaand op TV oor Marikana-verslag
Die presidensie het aangekondig dat pres. Jacob Zuma vanaand die Marikana-verslag bekend sal maak en terselfdertyd die nasie sal toespreek.
Kweek gesonde waardes by jou kind
“Maar almal doen dit!” Woorde soos dié laat ouers dikwels nadink oor die invloed wat hul persoonlike waardestelsels op hul kinders het, en of kinders makliker die waardes en norme van die sosiale massa aanvaar.
Eerste ekspo sonder Eskomkrag bring lig
Solidariteit KragDag, die wêreld se grootste Afrikaanse alternatiewe energie-en-leefstyl-ekspo, is vanjaar groter as ooit. KragDag maak ook geskiedenis deur die eerste ekspo te wees wat sonder Eskomkrag aangebied word.
‘Klagtes oor rassediskriminasie aan die toeneem’
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het gesê die aantal klagtes wat by die kommissie ingedien word rakende rassediskriminasie is aan die toeneem.
SA gaan lidmaatskap van Strafhof hersien
Die regering het aangekondig dat hy amptelik met die Internasionale Strafhof in gesprek gaan tree en sy lidmaatskap van die tribunaal gaan hersien.
Foto’s: Kaapstad-buurte loop deur onder wielrowers
“Ek het uitgehardloop en gesien al vier wiele is weg, sowel as die spaarwiel en battery.”
Student kan niks onthou van ure in wrak
Die jong student van Johannesburg wat ses weke gelede vir ure in die wrak van haar motor vasgekeer was nadat haar motor in ʼn stroom beland het, kan niks van die ongeluk onthou nie.
Nuwe musiek: Christi en Roux Cloete
Die kontemporêre- en Afrikaanse-country mark is besig om stadig maar seker te groei. Die nuutste toevoeging tot die mark is Christi en Roux Cloete.
Aurora-direkteure moet honderde miljoene betaal
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Donderdag gelas dat die direkteure van Aurora Empowerment Systems aanspreeklik gehou word vir honderde miljoene rande in skadevergoeding aan voormalige Pamodzi-werkers.