Yolanda Wessels het gesels met twee gesinne wat dié pad van tuisonderwys al lank stap en oor die loopbaankeuses wat dit tot gevolg gehad het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "tuisonderrig"
Grendelleer ontsluit nuwe moontlikhede
Wat is die verskil tussen grendelleer en tuisonderrig? Melanie Buys en Marius Botha verduidelik hoe ouers na die verskillende maniere van onderwys kan kyk.
Bestuur krisis-tuisonderwys met hulp
Moenie huiwer om hulp te vra nie. Jy hoef nie alleen te ly nie – ʼn ouer kan na familie, vriende en tuisonderwysorganisasies uitreik.
Talle keuses vir ouers wat aanlyn skole, tuisonderrig oorweeg
As die blote gedagte van jou kind wat moet terugkeer na die skool jou nog in ʼn koue sweet laat uitslaan, kan jy hier na ʼn paar plaaslike aanlyn skole en diensverskaffers kyk wat jou kind kan help om die skooljaar te voltooi.
Ál meer ouers kies nou ’n vorm van tuisonderrig
Karin van Oostrum, uitvoerende hoof van die Pestalozzi Trust, sê dié regsfonds vir tuis- en burgerlike onderwys word sedert verlede week oorval met navrae oor tuisonderrig.
Tuisskool: Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Tuisonderrig en verskillende persoonlikheidstipes gaan met sekere uitdagings gepaard. Van Aswegen het ʼn paar wenke gedeel oor hoe om die beste omgewing vir jou kind te skep.
Regstreekse uitsending: “Tuisskool” – Hoe oorleef ons (en ons kinders) dit?
Regstreekse uitsending: Derduisende ouers landswyd bevind hulself skielik in ʼn situasie waar hulle tuis hul kind se onderwyser moet wees. Om ouers met dié uitdaging te help, het Maroela Media die hulp van ʼn kundige ingeroep. Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Woensdag, 13 Mei 2020 om 15:00 op Maroela Media se Facebook-blad of webwerf.
Handige wenke vir oornag-tuisonderwysers
“Die goeie nuus is dat daar dinge is wat ons wel kan beheer, soos ons eie ingesteldheid en reaksies, persoonlike higiëne, sosiale distansiëring en natuurlik tuisonderrig.”
Tuisonderrig bied gelyke toegang tot hoëgehalteonderrig
Tuisonderrig is ‘n lewensvatbare alternatief tot skoolonderrig. Vir sommige ouers is tuisonderwys ʼn oorbrugging, terwyl hulle wag dat hul kind in ‘n skool geplaas word, maar vir baie ander is tuisonderwys ‘n gepasmaakte lewenstyl.
Hoe om ’n tuisonderrigkurrikulum te kies
Op die ou end is daar nie ’n regte of verkeerde manier nie, jy moet ’n kurrikulum kies wat vir jou en jou kinders gaan werk. Jy kan altyd iets anders probeer as jy nie die eerste keer gekry het waarna jy gesoek het nie.
Prakties gesproke is tuisonderrig maklik
Sommige tuisonderrigleerders skroom egter weg van vakke soos dramatiese kunste, landbouwetenskappe, en gasvryheidstudies omdat hulle bekommerd is dat hulle nie die praktiese elemente tuis sal kan voltooi nie. Maar dit behoort nie die geval te wees nie.
Tuisonderrig: Is dit dalk ’n oplossing?
Tuisonderrig, aan die ander kant, word baie keer in die verkeerde lig gesien. Die prentjie wat mense dikwels het, is ’n ma wat by die huis klasgee. Met onderrig in die 21ste eeu lyk die prentjie egter baie anders. Tuisonderrig kan op verskillende maniere gedoen word:
Internasionale erkenning vir nuwe afstandsonderrigstelsel
Tuisonderrig is in 1996 in Suid-Afrika as wettig verklaar en raak sedertdien al hoe meer gewild. FutureLearn, ’n afstandsonderrigverskaffer vir leerders in die skoolfase, beraam dat daar tans nagenoeg 90 000 tuisonderrigleerders in Suid-Afrika is, waarvan meer as 16 000 van hulle produkte en dienste gebruik maak.
Watter onderwys gaan die leiers voortbring?
Is dit net sinies of moet veral Afrikaners, wat nog ʼn baie hoë premie plaas op staatskole, dalk meer aktief begin dink daaraan dat die kleiner skool, waar elkeen tot sy reg kom, noodsaaklik is om die leiers vir sy toekoms te kweek?
Oorbruggingsklas bring hoop vir leerders
“As skool wou ons bitter graag hierdie kwessies oplos en ons leerders help. Ons het besluit om ʼn buigsamer benadering tot onderrig te probeer, wat gelei het tot die bekendstelling van ʼn oorbruggingsklas aan die begin van 2016,” verduidelik Annetjie Dombai, ʼn onderwyseres by Arcadia Primary.
6 wenke om meer as een kind suksesvol tuis te onderrig
Hier is ʼn paar voorstelle om tuisonderrig te laat werk as jy dit oorweeg, maar bekommerd is oor hoe jy meer een kind tuis sal kan hanteer, of dat die ouderdomsgaping tussen jou kinders te groot is.
Spesiale leerbehoeftes? Dalk is tuisonderrig die antwoord
Volgens “Human Rights Watch” woon meer as ʼn halfmiljoen kinders met gestremdhede in Suid-Afrika nie skool by nie. Een van die hoofredes daarvoor is dat daar minder as 500 staatskole is wat toegerus is om na dié kinders se behoeftes om te sien. Dit is dus geen verrassing dat ouers toenemend die rol van “onderwyser” begin speel nie.
Sien jy kans vir tuisonderrig?
Tuisonderrig bied ’n opvoedkundige oplossing wat volgens elke gesin se unieke behoeftes aangepas kan word. Dit is juis dié buigsaamheid wat dit so aanloklik maak, en wat baie ouers hulself laat afvra, “Kan tuisonderrig werk vir my en my kind?”
Lees: die perfekte wintertydverdryf
Lees is die perfekte tydverdryf vir die winter. Om jou kind daarvan te oortuig is natuurlik ’n ander storie! Hier is ’n paar wenke om selfs die mees onwillige leser sover te kry om dié Julie-vakansie met ’n boek op te krul.
Wat is die probleem?
Hoewel jy graag elke struikelblok uit jou kind se weg wil ruim, is probleemoplossing ’n noodsaaklike lewensvaardigheid wat ons vir ons kinders móét leer.