Teleurstelling, wat as ’n negatiewe emosie in antwoord op (sogenaamde) mislukking beskou word, is om die waarheid te sê eintlik ’n gesonde, positiewe emosie wat ’n noodsaaklike rol in die emosionele, intellektuele en sosiale ontwikkeling van kinders speel.
Alles vir die sleutelwoord "tuisonderrig"
Berei nou al voor vir die eksamen
Jy kan die volgende doen om jou kind aan te moedig en te ondersteun om hard te leer en sy beste te lewer.
Vakansiepret vir elke dag van die week
Dis amper weer skoolvakansie en om te verhoed dat jou kinders kla hulle is verveeld óf ure voor die televisie deurbring, moet jy kreatief dink en vooruit beplan. Hier is ʼn paar voorstelle om jou te inspireer.
Het jy gehoor?
Vir ’n kind is gehoor en spraak noodsaaklike elemente vir leer, speel en die ontwikkeling van sosiale vaardighede. ’n Kind met gehoorverlies wat nie gediagnoseer is en behandel word nie, kan tot ’n groot mate onbewus wees van wat om hom aangaan.
A, B, Zzzz
Slaap is ’n basiese fisiologiese behoefte – dit is noodsaaklik vir ons gesondheid want, wanneer ons slaap, word die liggaam herstel en hernieu.
Dink “buite die boek”
Almal weet waarom dit belangrik is vir kinders om te lees, en dat ’n liefde vir lees wat reeds op ’n jong ouderdom ontwikkel word, lewenslange voordele inhou. Maar baie kinders beskou lees as moeite, veral as hulle gedwing word om dinge te lees waarin hulle glad nie belang stel nie.
Wees kreatief!
Kreatiwiteit is nie ’n ingebore talent wat kinders het of nie het nie – dit is ’n vaardigheid wat ouers hul kinders kan help ontwikkel.
Ontdek jou kind se leerstyl
[promosie-artikel] Jou kind wip op en af op sy stoel terwyl jy probeer om sy wiskundehuiswerk aan hom te verduidelik – luister hy ooit?
Sorteer só die huiswerkgoggas uit
Jou kind se voete sleep. Jy sukkel soggens om hom betyds uit die bed te kry en julle baklei heelaand oor die spul huiswerk wat gedoen moet word.
Gaan speel!
[promosie-artikel] Lente is om die draai, wat beteken dat dit tyd is om die kinders te stuur om buite te speel… Nie net tot jou voordeel nie, maar ook hulle s’n! Alhoewel buite speel dikwels ’n lewensredder is vir besige ma’s wat dinge in die huis gedoen moet kry, hou dit ook vir kinders tonne voordele in.
Die waarde van vriendskap
[promosie-artikel] Vriende is ’n noodsaaklike deel van die lewe, maak nie saak hoe oud jy is nie – hulle skep ’n sin van samehorigheid, maak jou gelukkig en staan jou by as dinge in die lewe begin skeefloop. Vir kinders is die koestering van vriendskap ook belangrik vir persoonlike ontwikkeling.
Maak ’n geldslim kind groot
Stop jou kind ’n geldjie in die hand en die kans is goed dat hy of sy dit op speelgoed, lekkergoed, of ander onnodige goed gaan uitgee. Daar skort natuurlik niks daarmee as hulle die geld wil uitgee nie, maar hulle moet wel geleer word dat dit nie ál is wat hulle met daardie geld kan doen nie.
Bemagtig jou kind met dié mensgerigte vaardighede
Vandag (15 Julie 2015) is die eerste jaarlikse World Youth Skills Day, ’n dag wat deur die VN aangewys is om bewustheid te skep van die belangrikheid van tegniese en beroepsopleiding en vaardigheidsontwikkeling onder die jeug.
Is jou kind begaafd?
Vir elke ma is haar kind die beste, mooiste en slimste, maar hoe weet jy of jou kind werklik buitengewoon begaafd is?
Leer elke dag – selfs gedurende die vakansie!
Die skoolvakansie is ’n wonderlike tyd om jou kind aan te moedig om ’n liefde vir leer te ontwikkel deur aan te hou skryf, tel, en ontdek, asook om ander vaardighede wat belangrik is vir akademiese sukses, aan te leer.
Kweek gesonde waardes by jou kind
“Maar almal doen dit!” Woorde soos dié laat ouers dikwels nadink oor die invloed wat hul persoonlike waardestelsels op hul kinders het, en of kinders makliker die waardes en norme van die sosiale massa aanvaar.
Hoe vorder jou kind op skool?
Om te bepaal of en hoe jou kind vorder, veral in die laer grade, is nie altyd maklik nie. Dié storiebord verduidelik wat formatiewe assessering is en waarom dit ’n belangrike instrument in die ontwikkeling en ondersteuning van verskillende leerprosesse is.
Taalvaardigheid help potensiaal ontsluit
Hy was stil, teruggetrokke, en het homself deur ’n enkele emosie – woede – uitgedruk. Hy het ons skaars gegroet. Nou, soos ons die halfjaarmerk nader, kan ek met trots sê dat hy ’n plesier is om mee te werk.
Bemeester hierdie vaardighede om disleksie te oorkom
Lees vorm een van die belangrikste boustene van leer op skool – ’n kind wat sukkel om te lees, sal ook sukkel om te leer – en ’n intelligente kind wie se leesvaardigheid twee jaar of meer agter is, word dikwels met disleksie gediagnoseer.
Wat is disleksie?
Een uit elke tien Suid-Afrikaners ly aan disleksie, wat beteken dat sowat vyf miljoen mense in skole en in die werkplek met dié probleem sukkel. Maar wat presies is disleksie?