AB: ‘Tyd verby dat Afrikaner apologeties oor verlede moet wees’

afrikaner vraagteken“Afrikaners behoort hulle sterk te verset teen enige poging om eiendomsreg en vryemark beginsels af te takel, want dit is die boustene van ‘n suksesvolle Suid Afrika.”

So sê Jaco Schoeman, wat pas tot nuwe leier van die Afrikanerbond verkies is. Hy volg Pieter Vorster op, wat as leier bedank het toe hy hom as kandidaat vir die Vryheidsfront Plus beskikbaar gestel het.

“Afrikaners se selfbeeld, trots en identiteit word egter deurentyd verdag gemaak en moet ons dit as doelwit stel om Afrikaners se selftrots te herstel. Indien dit bereik word kan Afrikaners hulle regmatige plek opneem in die toekoms van Suid-Afrika,” sê Schoeman.

“Deel van die selftrots is om ook ʼn hand uit te steek na ander gemeenskappe in Suid-Afrika, en in hierdie verband wil die Afrikanerbond deur sy minderheidsinisiatief ʼn rol speel. Die tyd is egter verby dat Afrikaners, hoed in die hand, apologeties moet wees oor die verlede.”

Schoeman sê die uitslag van die afgelope verkiesing, dwing alle burgerlike organisasies om as medebewakers van die grondwetlike demokrasie op te tree. “Hiermee kan en moet die burgerlike samelewing en veral organisasies wat verbind is tot die grondwetlike demokrasie, soos die Afrikanerbond, hulleself bemoei. Daar is nie nodigheid, tyd of regverdiging om terug te beweeg na ʼn era van neo-rassisime of uitgediende sosialistiese ideologie nie.”

Schoeman sê “bogenoemde kan slegs reggekry word as organisasies en instellings in die burgerlike samelewing hulle kundigheid en hulpbronne deel en bereid is om saam met ander te werk tot bereiking van gemeenskaplike doelwitte in die uitlewing van ons grondwetlike demokrasie en die waardes soos vervat in die grondwet.”

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

Broer Jaco ek stem 100% saam met u, en geluk met u verkiesing as nuwe AB Voorsitter/Leier. Ek moet egter u versoek om namens die AB die Volk om verskoning vra dat die AB by uitstek as eertydse magshouers, ons Volk se selfbeskikking weggegee het aan die huidige sosialistiese minderheidsonderdrukkers 20 jaar gelede wat onrekenbare skade, verliese en moord tot gevolg het. Indien die NP topstruktuur sonder die AB se wete die verraad gepleeg het, stel die feite tydens die 31 Mei 2014 Kogesa in Pretoria asseblief sodat die skuldiges gebrandmerk kan word. Gebruik asb u invloed en middele om… Lees meer »

catryn

Daar is slegs EEN waarborg dat grond van ons Afrikaners ontneem word, en dit is EKSTERNE selfbeskikking waarop ons geregtig is. Die AB kan gerus ophou om namens die Afrikaner op die Afrikaner se beuel te blaas. Julle het die geleentheid gehad in 1994 en dit opgeneuk. So dit is die Afrikaner se beurt om dit wat op 1994 op die tafel was, te kry: Eksterne Selfbeskikking. Dit is nie net aan die Afrikaner ooreengekom, in die destydse grondwet nie, maar OOK is die zulu nasie ‘n ooreenkoms bereik dat hul ‘n monarchie mag kry. Vra gerus koning Zwelithini en… Lees meer »