ACDP hof toe oor Covid-19-entstof vir kinders

(Argieffoto: Unsplash)

Die ACDP sê Woensdag die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) en die departement van gesondheid die stryd in die hooggeregshof aan oor ʼn besluit om die Covid-19-entstof aan kinders tussen 12 en 17 jaar oud beskikbaar te stel.

Die party voer aan dat kinders nie ʼn werklike risiko het om siek te word van Covid-19 nie en dat selfs die waarnemende direkteur generaal van gesondheid nie wil bekendmaak of hy sy kinders sal laat inent nie.

Die party het op 21 September vanjaar gevra vir inligting oor die toestemming wat gegee is vir die “eksperimentele verspreiding” van die entstof, maar sê hy het 30 dae later steeds geen terugvoer ontvang nie. Die departement het daarna ʼn aankondiging gedoen dat die entstof voortaan vir kinders tussen 12 en 17 beskikbaar gestel gaan word en dat hulle ʼn dosis van die Pfizer-produk genaamd “Comirnaty” kan ontvang.

Die ACDP het op 19 Oktober opnuut geëis dat die departement die program vir dié ouderdomsgroep opskort en het aangevoer dit is “teenstrydig met die beste belange van kinders, en dat kinders gebruik word as ʼn skild om die volwasse samelewing te beskerm, terwyl die volwasse samelewing inderwaarheid kinders moet beskerm”.

Die organisasie Free the Children Save the Nation het daarna appèl teen Sahpra se besluit aangeteken. Die groep het ook kapsie gemaak teen proewe op kinders so jonk as ses maande oud, wat hulle as die samelewing se kwesbaarste bestempel.

Die departement het ten spyte van die appèl voortgegaan met die verspreiding van die entstof en die departement het tot 21 Oktober gehad om ʼn geskrewe onderneming te gee dat hy die entstofprogram vir kinders opskort, hangende die appèl. Sou hy dit nie doen nie, sal ʼn dringende hofaansoek ingedien word om die departement te dwing om die verspreiding hangende die appèl te staak.

Die ACDP sê nie die departement of Sahpra het gereageer nie, terwyl die waarnemende direkteur-generaal van gesondheid, dr. Nicholas Crisp, “hom nie verbind het daartoe om sy eie dogter te laat inent nie”.

Sahpra het op 26 Oktober met Free the Children Save the Nation vergader, maar het 30 dae later steeds geen besluit oor die inentings gemaak nie en die organisasie het hom tot die hof gewend.

Dié aansoek word Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.

Free the Children voer onder meer aan dat “die mediese wetenskap saamstem dat kinders wesenlik geen risiko vir ernstige siekte of sterfte het wanneer hulle SARS-COV-2 opdoen nie en dat daar geen behoefte is om kinders teen SARS-COV-2 vir hul eie beskerming of veiligheid in te ent nie”.

Die organisasie beweer voorts die inenting van kinders ingevolge noodgebruiktoestemming, of die doen van proewe op kinders om die doeltreffendheid van entstof teen die koronavirus te toets, “kan nooit in die beste belang van kinders wees nie”.

“Daar is toenemende bewyse dat kinders wat die entstof ontvang entstofbeserings opdoen of selfs sterf, veral van miokarditis (inflammasie in die hart). Volgens kundigheidsbewyse styg die dodetal in die VK, die VSA en Israel, onder kinders, veral seuns, wat ingeënt word.”

Free the Children en die ACDP meen daar is geen wetenskaplike, billike of rasionele rede waarom kinders tans teen die virus ingeënt moet word nie en tot die appèl aangehoor word, moet kinders ingevolge hul grondwetlike en menseregte beskerm word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Di ·

Ja hierdie regering is nie net rasmal nie maar nou ook entstof mal geword. As ek nog kinders in hierdie ouderdomsgroep gehad het sou ek ook nie toegelaat het dat hulle die inenting ontvang nie.

Brenda ·

Ek sal definitief nie laat my klein kinders die ent stof kry nie, as ons so siek geword het van dit dink net hoe dit die kleintjies gaan affekteer.

Charmain ·

Dis seker n persoonlike keuse maar ek is nie spyt dat beide my kinders die entsof gekry het nie, geen newe effekte gehad nie. Dit is in elk geval n vereiste dat kinders ingeent moet wees om oorsee te kan reis

Landras ·

Charmain – I salute you – ons wag net dat ons jongste einde Nov 18 word dan kan sy ook darem twee spuite kry . Ek self gaan nou vir my J&J booster deur sisonke .

Schalk ·

As jy net wil die entstof vir jou kinders laat kry om te kan reis laat dit my bedenkinge kry oor mense se oordeel

Papsak ·

Wel ek ook n kleinkind en ek sal hom nie laat in ent nie elke mens se keuse ne maar los ons uit wat nie wil in ent nie

Marianna ·

Bravo ACDP en Free the Children, Save the Nation. So bly iemand staan op vir hierdie verkragting van mense regte.

Anton J ·

Ag voeitog ACDP. Daardie regskoste se geld kon vir behoeftige gesinne, wees en die weduwee gegaan het om ‘n saak aan te roer wat julle in elk geval met koste gaan verloor. Maklik soos dit. As die ouer en die kind besluit hulle wil die inspuiting neem, laat dit so op vrye reg en keuse wees. En as die ouer en kind besluit hulle soek dit nie, respekteer dit. Ek het drie kinders. Ek en twee van my drie kinders het op die inspuiting besluit maar my vrou en een kind wil hom nie hê nie. Maklik soos dit, is hulle keuse en ons respekteer dit. Nêrens het ek gelees dat elke kind SAL nie. Los die besluit vrywillig aan almal en hou die hof hier uit…..

Johan ·

Iemand moes lankal hof toe oor dit…dis absurd dat ons kinders so blootstel vir oumense se vrees.

MakersMark ·

Nog ‘n ouer wat hul familie se welstand eerste plaas voor sameswerings teorieë.

Stefaan ·

Lees Nuremberg kode. Daar sal nooit weer eksperimente op mense gedoen word nie.

VaalDonkie ·

Dit staan ook in ons eie “bill of rights” in afdeling 12.2.(b,c). En dis ‘n reg wat nie mag opgeskort word nie, selfs nie in ‘n nood of ramp toestand nie.

Section 12 Freedom and security of the person
(1) Everyone has the right to freedom and security of the person
(2) Everyone has the right to bodily and psychological integrity, which includes the right –
(b) to security in and control over their body; and
(c) not to be subjected to medical or scientific experiments without their informed consent.

Non-Derogable Rights:
Freedom and Security of the person
With respect to subsections (1)(d) and (e) and (2)(c).
(1) Everyone has the right to freedom and security of the person
(2) Everyone has the right to bodily and psychological integrity, which includes the right –
(c) not to be subjected to medical or scientific experiments without their informed consent.

Jason ·

Die ACDP raak nes die VSA se Trump supporters, klomp conspiracy nuts en geen benul hoe mediese wetenskap werk nie.

VaalDonkie ·

En jy gaan ons nou vertel want jy’t tussen gister en vandag jou PhD voltooi!

Martie ·

Dis verregaande. Kinders en die grootste meerderheid van volwassenes, se natuurlike imuunstelsels is so wonderlik geskape om self weerstand op te bou teen virusse ens. Daar is baie ander historiese virusse wat nog meer dodelik was, wat self ‘n natuurlike dood gesterf het sonder entstowwe. Daar is vandag baie beter medikasie om pasiënte te behandel om daardie hoë sterftesyfers te keer.

Jacob ·

Volgens ‘n publikasie in die Lancet aangaande Covid 19 entstowwe, dra ge-entes die virus teen dieselfde tempo oor en is net so aansteeklik as onge-entes. Verder daal die doetreffendheid van die entstowwe en na slegs 3 maande is dit baie laag, amper nutteloos na 6.

Na 210 dae kan dit negatiewe beskerming veroorsaak volgens data vrygestel deur ‘n universiteit in Swede. Dit word toegeskryf aan die feit dat dit natuurlike immuniteit baie moontlik kan “quench”. Die Stockholm en Umea Universiteite in Swede het ook met in vitro toetse bevind dat “spike protein” die kerns van selle binnedring en die vermoë van DNS om beskadigde selle te herstel, inhibeer. Feit is dat “booster shots” hier is om te bly vir die wat oorhaastig was om te laat ent teen Covid 19. Langdurige blootstelling aan bRNS entstowwe mag moontlik onder andere kanker veroorsaak by kinders en enige persoon wat Covid 19 entstowwe neem.

Waarom nie die tipe inligting publiseer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.