ActionSA looi adjunkminister oor ‘mediese toerisme’

Argieffoto (Foto: Stephen Andrews/Unsplash)

ActionSA het die adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake voor stok gekry nadat hy volgens dié party daarop gesinspeel het dat Suid-Afrika se gesondheidsorgsektor sonder uitdagings is en dat dit gesien kan word in die onlangse toename van sogenaamde mediese toeriste na die land.

Parks Tau het vroeër gesê Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel word internasionaal bewonder en dat talle mense dink “hulle het ʼn beter kans om dit in plaaslike hospitale as in hul eie lande te maak”.

Dr. Kgosi Letlape, ActionSA se woordvoerder vir gesondheid, sê egter dié bewerings is “ooglopend sonder meriete”.

“Dit is ongetwyfeld só dat mediese sorg- toerisme natuurlik bekostigbaar is vir diegene wat uit sterk ekonomieë na Suid-Afrika kom en gunstige wisselkoerse dit vir hulle maklik maak om toegang tot sorg te kry.

“Dié toerisme gebeur slegs vir private mediese sorg wat teen buitensporige pryse vir burgers gelewer word – ook dié met mediese fondse – weens swak pakketaanbiedinge teen hoë pryse.”

Letlape sê dit is ontmoedigend om te sien hoe die adjunkminister die wanfunksionaliteit van die land se gesondheidsorgstelsel onderspeel en generiese terme gebruik om gesamentlik na die land se gesondheidsorgstelsel te verwys. Dié stelsel bestaan uit private en openbare gesondheidsorg en dit gaan steeds agteruit.

“Daar moet ook kennis geneem word dat ons mediese toerisme op ʼn skaal ondervind uit ons buurlande met mense wat die grens dikwels onwettig oorsteek op soek na gratis mediese sorg in Suid-Afrika. Dit is ʼn praktyk wat die openbare gesondheidsorgstelsel oorlaai en dreig om dit ineen te laat stort.”

ActionSA sê ook Tau loof die toeganklikheid van die stelsel terwyl dit beskore is vir net diegene wie se ekonomie hulle toelaat om toegang tot die duur private gesondheidsorg in Suid-Afrika te kry. “Die stellings toon ʼn gebrek aan politieke wil vir broodnodige mediese hervorming wat bekostigbaarheid en toeganklikheid vir alle Suid-Afrikaners sal verseker.”

ActionSA sê dié party glo dat die gesondheidsorgstelsel reggeruk moet word sodat gehaltesorg álle Suid-Afrikaners beskore is. “Ons glo ons openbare gesondheidsorgstelsel kan van dieselfde gehalte as die van private gesondheidsorg wees – wat tans mediese toerisme ondervind – mits ons geld gebruik vir beskikbare menslike kapitaal en die opknapping van ons fasiliteite.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Shakespeare ·

Korrupte leuenaar en idioot soos al die kaders maar is. Die ANC/EFF daal nou al onder moronies.

Di ·

Stem saam, duisende onwettige immigrante stroom oor die grense om na hospitale hier in SA toe te kom. Weet van ‘n paar gevalle waar Zimbabwiers se vrouens oor die grens gekom het om hier te kom kraam. Intussen is die Staatshospitale tot oorlopens toe vol en daar nie plek vir ons eie landsburgers nie. Wys my ‘n ander land wat hierdie dinge gaan toelaat??? GEEN. Die koprrupte ANC KADERS moet wakker skrik, SA is nie die land van melk en heuning nie.

Marthinus Johannes ·

HA HA HA HA HA HA, grap van die Jaar. Seker better as res van Afrika. Wonder maar net hoekom bodder hules almal buite land toe vir operasies ens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die premier van Noordwes word al vir drie maande in Singapoer behandel.

Marous ·

Dwing hom en alle anders politici om staatshospitale toe te gaan . Geen privaat hospitaal of oorsese reise vir behandeling nie !

Althes ·

Ek het my gebreek van die lag oor die snert wat hy kwytgeraak het.

Hedda ·

En steeds word die Nasionale Gesondheidsplan in ons kele afgedwing…!!?

Christine ·

Kan jy glo dat hy so Kan lieg sonder om blik of te bloos
Dan het hy die mentaliteit om hom self te glo

Sandra ·

hoe nou? ek kan nie glo wat ek lees nie! ons mediese dienste is ten gronde en jy spog daarmee, nee, boet, word wakker, jy droom lekker

Pieter ·

Nou hoekom vlieg Botswana hulle mense Indie toe as ons so goed is?

Pieter ·

Gaan praat daai strooi met die mense wat vir jou bedoel is en nie ons wat elke dag anders sien nie….

Pieter ·

as hy so lieg oor dit sonder om te bloos, waaroor nog? Hoeveel is ‘n lewe werd vir die ou? As jy kan lieg, kan jy moor. Hoe kom sulke mense bo regverdiges?

Pieter ·

Nou gaan le dan self in Biko soos ‘n normale mens van die straat en dan praat ons weer, AS JY OORLEEF!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.