Adjunkminister red vrou se lewe op vlug

Dr. Sibongiseni Dhlomo, adjunkminister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Die adjunkminister van gesondheid het Maandag sy ervaring as mediese dokter ingespan toe ʼn vrou dringend mediese hulp op ʼn vlug van Durban na Kaapstad benodig het.

Die vlieëniers het oorweeg om die vlugplan aan te pas en so gou moontlik iewers te land voordat dr. Sibongiseni Dhlomo ingetree het om die vrou te behandel.

Dhlomo sê ʼn passasier wat agter hom in die vliegtuig gesit het, het hom in kennis gestel oor die situasie.

“Die passasier het gesê dat die kajuitpersoneel vir mediese bystand vra vir ʼn ander passasier wat dringend hulp benodig,” sê hy.

“Ek het vinnig my sitplek verlaat en na die passasier gegaan om haar te help.”

Dhlomo het die vrou ondersoek om uit te pluis wat fout is, en met behulp van ʼn noodhulptas en suurstof daarin geslaag om die vrou te stabiliseer.

Dhlomo het die vlieëniers gerus gestel dat hy ʼn oog oor die vrou se toestand sal hou totdat hulle in Kaapstad aankom.

By hul aankoms by die Kaapstad Internasionale Lughawe is die vrou aan paramedici oorgegee vir verdere behandeling. Dit is nie duidelik wat die vrou op die vliegtuig oorgekom het nie.

Verskeie passasiers het die adjunkminister bedank vir sy intrede.

Dhlomo is ook bekend daarvoor dat hy dikwels forensiese patologie- dienste regoor die land besoek en bereid is om hand by te sit by nadoodse ondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Duck ·

Darm een minister wat sy geld werd is, Well done dr. Sibongiseni Dhlomo

Karoo ·

Wie van ons sou ook nie dankbaar wees nie. Van al die plekke, ‘n gewilige dokter op’ n vlug. Hoop die Dame sterk goed aan.

george ·

Hi Nicolene was jy op die vlug dat jy weet dis vreeslik oordrewe. Die man het ingestaan en gehelp. Hy hoef dit nie te gedoen het nie. Ek dink die vrou is baie dankbaar en ek as mens se ook vir hom dankie. n Goeie hart is deesdae n rare verskynsel.

Pretorianer ·

Buiten sy mediese optrede, verdien hierdie adjunkminister om geluk gewens te word met die feit dat hy nie in n duur privaat vliegtuig gevlieg het nie. Ongelukkig is mense met sy integriteit te min in die regering.

Miena ·

Wel dan moet hy maar Minister word van DoH- dit sal hulle dalk net goed doen met n bekwame en ervare man aan stuur van die departement.

Nettie ·

Wel gedaan en dankie, dr Dhlomo! Ek hoop die vrou herstel nou sommer vinnig en dat sy oukei sal wees.

christo ·

Dr. Aaron Motsoaledi, het ook op ‘n vlug ‘n diabeet se lewe gered. Soms wonder mens hoekom mense wat lewens red, hulle talent vermors in die vuilspel van politiek….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.