Eslin Frank Meyer (59) het onskuldig gepleit op aanklag van diefstal en die versuim om behoorlike rekeningkundige rekords te hou. Hy word daarvan beskuldig dat hy meer as R6 miljoen gesteel het van POF-eisers en bestorwe boedels.
Meyer se saak is tot 23 Junie uitgestel en sy borgtog van R10 000 is verleng. Volgens die klagstaat is Meyer vyf jaar gelede deur die Kaapse Wetsgenootskap verbied om te praktiseer nadat 61 eise ten bedrae van R6 441 657 by die Getrouheidsfonds vir Prokureurs ingedien is.
Die staatsaanklaer voer aan dat Meyer die geld wat deur die POF oorbetaal is vir homself gehou het sonder om eisers in te lig dat die POF uitbetaal het. Hy het glo ook net gedeeltes van eise aan ander eisers uitbetaal en die oorblywende geld vir homself gehou.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Slim vang altyd sy baas.
Hy is di ongelukkige een wat hulle gevang het!
Die res loop nog vry rond en steel geld van slagoffers
Ja, all is die leun hoe snel die waarheid agterhaal hom wel.
To educate a person in the mind and not in morals, is raising a menace to society.
Hy is ‘n prokureur, nie ‘n advokaat nie.