Afdankings kom oor beurtkrag

(Argieffoto: GCIS)

ʼn Aantal senior bestuurslede wat in die gange van Eskom dwaal, gaan binnekort die trekpas vir hul onbevoegdheid kry.

Só het André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, Maandag tydens ʼn nuuskonferensie gesê.

“Ons sal nie swak prestasie duld nie.”

De Ruyter sê hulle doen nou die gepaste stappe teen individue, veral kragstasiebestuurders, wat onderpresteer en nie hul plig teenoor Eskom en alle Suid-Afrikaners nakom nie.

“Ons is nie tevrede met sommige van ons senior bestuurders se prestasies nie. Ek het reeds instruksies gegee om stappe teen die betrokke werknemers in te stel.”

De Ruyter het nie uitgebrei oor wie dalk in die pad gesteek gaan word nie, aangesien diegene self nog nie oor hul lot in kennis gestel is nie.

Die energieverskaffer sukkel boonop om vaardige personeel te bekom.

Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, sê daar is ʼn beduidende gebrek aan vaardige personeel wat as mentors kan dien om jonger werknemers op te lei. As gevolg hiervan moet personeel wat nie toegerus is om krisissituasies te hanteer nie, nou probeer om dit suksesvol te bestuur.

“Ons gee dringend aandag hieraan, want mense is ons belangrikste bate,” sê Oberholzer.

Eskom is nou in die proses om vaardighede van buite die onderneming te werf om die bestaande kapasiteit aan te vul en te verseker dat sy algehele diensverskaffing verbeter word.

‘Afgetrede ingenieurs nie die oplossing’

De Ruyter het gebieg dat hy bewus is van ʼn groep afgetrede Eskom‑ingenieurs wat destyds hul vaardighede gratis aan die sukkelende energieverskaffer aangebied het.

“Ons kan ongelukkig nie net 70 pensioenarisse betrek om al ons probleme op te los nie,” sê hy.

“Ons is opreg dankbaar vir hul patriotisme en gewilligheid om Suid-Afrikaners te bedien sonder vergoeding, maar ʼn aanbod soos dié skep baie probleme oor aanspreeklikheid en dissiplinêre prosedures,” sê hy.

Volgens De Ruyter is Eskom besig om ʼn vaardigheidsoudit af te handel en wanneer die leemtes geïdentifiseer is, sal die bestuur die toepaslike vaardighede verwerf wat op sy beurt ook hulle vaardighede aan ander werknemers kan oordra.

Staatsrede

De Ruyter het bevestig dat Eskom ʼn ooreenkoms met die Stad Kaapstad het, wat verantwoordelik is vir die verspreiding van elektrisiteit in die gebied, dat daar nie beurtkrag tydens vanjaar se staatsrede sal wees nie.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdag vir die eerste keer die staatsrede by die Kaapstadse stadsaal lewer nadat die parlementsgebou in Januarie vanjaar in vlamme gehul was.

“Daar sal ook geen beurtkrag voor of na die geleentheid wees nie om te verseker dat daar geen ontwrigting van ons demokratiese prosesse is nie,” sê De Ruyter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Althes ·

Ek hoop werklikwaar hierdie keer word persone op meriete aangestel en nie volgens die kleur van hul vel nie.

SlinkseKoljander ·

ANC sal altyd BEE mense aanstel, hulle haat wit mense

piet ·

Nogals gevaarlik om te redeneer dat net mense van ‘n sekere kleur onbevoeg is….

krodedil ·

Piet, Feite is feite. Kyk wie is weg en kyk wie is tans daar. BEE en AA is mos die antwoord. Nou pluk Eskom die vrugte.

Chris dupreez ·

Nou gaan mnr de Ruyter weer uitgekryt word as n rassis. Sterkte, ek hoop regtig jy kry alles reg wat jy wil doen.

MakersMark ·

Wat het hy al regkry? Selfde as voorheen- big promises no delivery. Selfde as sy vorige job…..aandeelhouer waarde vernietiging van die eerste klas…….

piet ·

Hy maak dit nie MM. Bring Molefe terug, so skelm as wat kan kom maar het die ligte aangehou. Dis al wat ons as verbruikers wil he.

Mieke ·

Vir al die geld in die wêreld wil ek liewers nie deur ’n skelm baat vind nie!!

SlinkseKoljander ·

Arme donkies word af gedank terwyl die wat verantwoordlik is lekker eet.

Cherokee ·

Dít is natuurlik uiters debatteerbaar. Ek lei af jy veronderstel Andrè De Ruyter kan nie ‘n bevoegde besluit maak.

Shakespeare ·

Andre, jy en Jan is ysters. Graaf vir graaf sal julle Tafelberg ( onbevoegde, korrupte kaders) platmaak. Ons staan bankvas agter julle.

Christine ·

Amen hierop. Andre en Jan is uitmuntende bestuurshoofde, maar sabotasie op elke moontlike fasset van Eskom, het probeer om hulle te verhinder om hul werk te doen. Hulle is beslis ysters, want om sabotasie van binne en buite te beveg, plus gedreig word, is nie maklik nie. Ek hoop daar is behoorlike beskerming vir hierdie manne wat deur hel gesit word.

Riaan ·

“Daar sal ook geen beurtkrag voor of na die geleentheid wees nie om te verseker dat daar geen ontwrigting van ons demokratiese prosesse is nie,” sê De Ruyter.

Duidelik vertsaan De Ruyter nie wat demokrasie is nie en dit …… aag ek gee op!!

JohanR ·

Kan de Ruyter nie die nuttelose Shamila Batohi by die NVG vervang nie! Daar sal dan miskien ‘n paar ANC’s tronk tor gaan.

MakersMark ·

De Ridder is die een wat moet gaan . Hy en sy handperd.

Christine ·

MakersMark, duidelik het jy nie ‘n idee wat werklik by Eskom aangaan en die sabotasie wat uurliks binne en buite Eskom toegepas word nie. Bly eerder stil wanneer jy ooglopend nie die feite ken nie.

Ratel ·

70 pensioenarisse gaan nie die probleem oplos nie maar 70 Kubaanse ingenieurs gaan moontlik. Wat n grap!

Hendrik ·

So ons sit eerder met beurtkrag as om die vrywilligers te betrek. Teken dan ooreenkomste met hulle en betaal minimale fooi, dan kan hulle aanspreeklik gehou word. Hulle kan skills oordra en die stukkende goed regmaak. Wen wen vir almal.

Jaco ·

Of stel al die wit kundiges wat weens hulle “verkeerde” velkleur weg is, weer aan, maar vat hulle stemreg weg. Dan is hulle mos geen politieke bedreiging nie.

Vonkprop ·

Nou hoe lank voor en na die staatsrede sal daar nie beurtkrag wees nie, ‘n dag, ‘n week, ‘n maand? Hoe lank vat demokratiese prosesse om afgehandel te word en wat is hierdie demokratiese prosesse? Is dit nie ook ‘n demokratiese proses om krag aan die land te lewer waarvoor ons elke maand ten volle betaal nie, en is dit nie ook ‘n demokratiese proses om wanbetalers vas te vat en onwettige kragverbindings te stop en die kriminele in die tronk te stop nie? Ek vra vir ‘n vriend.

Riaan ·

Suid Afrika is nie ‘n demokrasie nie, al wil ons dit graag glo.

Christine ·

Weet jy hoe moeilik is dit om van lui, onkundige, korrupte BEE werkers ontslae te raak? Daar is menigte ‘demokratiese prosesse’ wat deurgegaan moet word, soms selfs deur die arbeidshof, voordat organisasies soos Eskom van daai useless mense kan ontslae raak, kan selfs jare neem.

piet ·

Maar raak maatskappye nie gewoonlik eerstens ontslae van hul CEO as hulle nie presteer nie? Seer sekerlik moet die CEO ook blaam dra veral as hy die een is wat al die wonderlike beloftes gemaak het met sy aanstelling. Hoekom het hy nie al lankal hierdie onderpresteerders opge”jack” nie? Nou wil hy wakkerskrik nadat maatskappye miljarde al verloor het met die alewige kragonderbrekings.

Alfred E Neuman ·

Die salaris is te groot, en die optrede te min. Hy moet loop.

MakersMark ·

Stem Groot beloftes geen dienslewering dink nie hy het nie ‘n idee wat aangaan nie. Dan vol verskonings en beloftes. Ongelukkig is SA’nrs briljant om te verduidelik as dinge verkeerd gaan en uiters vrot met strategiese beplanning om dit te voorkom

piet ·

Om ‘n ou aan te stel wat niks van die bedryf af weet nie het nog nooit gewerk nie.

Jacobus ·

Hy is aangestel nadat Escom al begin sink het. Dan moet hy polities ook nog korrek bly. Dan word hy verkwalik vir alles wat in Escom verkeerd gegaan het die afgelope 26 jaar. Mnr de Ruyter kan ongelukkig nie almal tevrede stel nie.

piet ·

Jacobus – meeste kragonderbrekings ooit onder die ruiter se bestuur. Dit vertel die verhaal, ‘n klaaglike mislukkig. Swak aanstelling gewees.

piet ·

Moenie vrees nie, Solidariteit sal sy werkers beskerm (ek sien Solidariteit is een van die hoof-vakbonde waaraan Eskom werkers behoort). LOL

MakersMark ·

Vakbonde is ‘n pes in enige ekonomie. Skuilplek vir onderprestasie. Of dit nou ‘n regs of links georienteerde vakbond is.

Hippo ·

Ek lees almal se kommentaar en besef, julle almal het julle beroep gemis en moes eintlik in Andre se stoel gesit het. Mens kan nie almal tevrede stel nie.

piet ·

Ek sou baie graag in sy stoel wou gesit het, my miljoene se aftrede-geld baie mooi in net 2 jaar aangevul het en dan my baadie gevat en geloop het (en gaan aftree het op Mauritius of iets dergliks).

Christine ·

Piet, gaan verbreed jou kennis bietjie en maak oop jou ore oor die sabotasie wat by Eskom aangaan – binne en buite Eskom – vandat De Ruiter aangestel is. Daai man is uiters bekwaam, juis daarom wil die stelers hom weg hê. Eskom word daagliks gesaboteer om kragverskaffing te belemmer en De Ruiter uit te kry.

MakersMark ·

Ek sal enige dag in sy stoel sit. Meer sal gebeur dit kan ek jou belowe.

Philip ·

In die begin van 1993 het mede blanke kollegas in Escom op allerlei wyses hulle self probeer bevorder ten koste van sy medewerkers.My wens is dat as hulle nog vir Eskom werk en hulle nou in die bek geruk gaan word na dese vir hulle agterbakse optrede destyds. Menige senior amptenare het as gevolg daarvan na die privaat sektor uitgewyk.

henndrik ·

Die mense wat hulle aangestel het moet ook aangekla en verhoor word want hulle is duidelik ook nie bevoeg om oor sulke dinge te besluit nie

piet ·

Ek dink eerlikwaar die ruiter moet ‘n voorbeeld stel, sy perd opsaal en homself verskoon……

Jacobus ·

Wie sal jy in sy plek voorstel? Kom met n werkbare oplossing of hou op klippe gooi.

piet ·

Bring Brian Molefe terug om die ligte minstens in die interim aan te hou terwyl daar na iemand gesoek word wat die bedryf ken..

Christine ·

Piet, gaan verbreed jou kennis bietjie en maak oop jou ore oor die sabotasie wat by Eskom aangaan – binne en buite Eskom – vandat De Ruiter aangestel is. Daai man is uiters bekwaam, juis daarom wil die stelers hom weg hê. Eskom word daagliks gesaboteer om kragverskaffing te belemmer en De Ruiter uit te kry.

domheks ·

De Ruyter, dankie vir wat jy probeer doen. Maar moet jou net nie deur die kaders laat mislei nie!

Lubbe ·

Is dit net ek, maar hier word so baie geskryf oor wat gedoen gaan word en mens sien geen reslutate. Dank n klomp af maar die proses om weer her aan te stel is net so vasgepen met ons BEE beleid dat daar net weer n spul onbevoegdes gaan oorneem.

Nettie ·

Dan gaan die EFF weer toi toi soos gewoonlik vakbonde weer betrokke raak.

Casper ·

Dit is nog die nagevolge van ‘n Ben Ngubane en Brian Molefe wat die narre by Eskom was.Ek hoop jy het die mandaat van die eskom raad om die mense se koppe te laat rol André,maar ja dit is al hoe Eskom weer volhoubaar kan word.Daar is mense wat dink hulle kan net daar sit en groot salarisse verdien.Dit gaan so in al die staatsentiteite.

piet ·

Brian Molefe was goed. Baie min onderbrekings toe hy CEO was.

My siening ·

Hoop die word waar, baie dankie Mnr de Ruyter jy sal n stêr wees as die gange van Eskom gevul word met talent en nie lui skelm kaders nie, wat in hul neus gate sit en krap en n salaris kry!

Wondermaarnet ·

Mnr. De Ruyter moet by Koeberg ‘n draai maak in die middel van die nag. Hy sal stomgeslaan wees. Daar is meer onbevoegde as bevoegde mense.

Papsak ·

Vergeet bietjie van kleur en ras en dit sal beter gsan met Eskom

Raadsman ·

Daar is nie ‘n tekort aan vaardige peroneel soos berig is nie. Hulle word eenvoudig nie aangestel nie omdat hulle nie BEE getalle in Eskom bevorder nie en dit terwyl 98% van Eskom se bestuur nie-bank is. Weet nie hoe lank hierdie diskriminasie nog gaan voort duur nie!!!

Carel ·

Rapport het Sondag dit uit gespel op hulle voorblad.
Blankes loop oor antagonisme & rasisme jeens hulle.
Beskerm die etniese minderheidsgroepe teen naakte rassisme & AL die staats instellings sal weer kop optel

Saartjievandiebosveld ·

Gebruik die ou kundiges…”pensionarisse” om op leiding te doen….die kundigheid kan nie verlore gaan nie

Eugene ·

Groot Dankie aan Andre De Ruiter en Jan Oberholzer vir hulle poging om die ondenkbare af te weer. Die struikelblokke wat hulle oorkom sou normal mense AL lankal laat tou opgooi het.

Eclectus ·

Dis wat gebeur wanneer transformasie revolusionêr pleks van evolusionêr toegepas word. Ek werk in ‘n soortgelyke omstandigheid waar iemand 30 jaar my junior nou my baas geword het terwyl dié nie weet of dit Dinsdag of Dingaansdag is nie.

MJ ·

Asseblief Andre, ons het juis loadshedding nodig tydens die vervelige , aangedikte staatsrede Donderdag………..bring jou kant!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.