Afleggings by SAL: Sakeredders mag appelleer teen arbeidshof se beslissing

(Foto: Suid-Afrikaanse Lugdiens)

Die arbeidshof het Maandag die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders se aansoek om verlof tot appèl toegestaan teen die hof se beslissing om die afleggingsproses by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te stuit.

Dít volg nadat die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging (Sacca) vroeër vandeesmaand suksesvol was in hul aansoek om die afleggingsproses, wat deur SAL se sakeredders van stapel gestuur is, onregverdig te verklaar.

Maroela Media het vroeër berig die arbeidshof het in sy uitspraak op 8 Mei beslis die prosedure waarvolgens die artikel 189-kennisgewings deur SAL en die sakeredders uitgereik is, onregverdig was. SAL en die sakeredders is toe opdrag gegee om die kennisgewings terug te trek.

Die sakeredders mag egter nou teen dié uitspraak appelleer.

Louise Brugman, die sakeredders se woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die arbeidshof het Maandag volgehou dat hy in ooreenstemming met die behoorlike interpretasie van die Maatskappyewet beslis het, maar wel aanvaar dat die uitspraak grondwetlike kwessies rakende billike arbeidspraktyk geopper het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andre ·

Nee wat.Soos klein graad eentjies verstaan hulle nou nog nie dat daar GEEN geld is om enige iemand te betaal by SAA nie.Niemand wil die ou skip laat sink en die werkers laat gaan nie want die ou klomp wil nie verstaan dat daar GEEN geld is om die skip verder te dra of sy personeel nie.Droom voort.In die land is die domste een koning.

Wil ook net sê ·

So bitter jammer dat SAA moet onder gaan, en dit oor wanbestuur en korrupsie. Nou is daar hoeveel mense wat moet soek vir ander werk of heenkome. Veral onder die huidige omstandighede ‘n ramp!

Cleopatra69 ·

Gee SAL netso vir die unies, met al die personeel ens. en se daar laat die ding werk sonder enige verdere belasting gelde.

Al waaroor die unies in elk geval bekommerd is die hoeveelheid geld wat hulle aan lidmaatskap gaan verloor agv die vermindering van personeel of sluiting daarvan.

Maak SAL se deure toe – Go big or go home

Anel ·

Nou ja, as daar nie geld is is daar nie. Dan moet die unies masr die betalings doen. Hoeveel maatskappye vandag moes agv die virus toemaak en mense sit sonder werk. Agv virus. Nie swak bestuur nie. SAA is in die grond in agv swak bestuur. So maak die plek toe en hou die bestuur verantwoordelik. NIE DIE BELASTINGBETALERS EN PENSIOENARISSE NIE. DAAR IS NIE MEER GELD NIE!! Geen reddingsboei meer nie!!!!!

Grassie ·

Ek dink die “sakeredders” moet nou tou opgooi want daar is mos niks meer om te red nie. Hulle moet net vir SAL sê ‘Julle vliegtuie staan op die grond, daar is geen geld in die bank nie, sê dankie daarvoor vir jul vakbonde. Cheers.’ Dan moet hulle net wegstap.

Peet ·

Hoe lank gaan daar nog aan die dooie perd geskop word. Hy gaan nie opstaan nie.

Leon ·

Wie betaal vir dié?
Seker maar weer die belastingbetalers wat in elk geval dink die SAL is klaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.