Afleggingsproses by SAL gestuit

(Foto: Maroela Media)

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse kajuitbemanningsvereniging (Sacca) was suksesvol in hul aansoek in die hof om die afleggingsproses by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te stuit.

Irvin Jim, algemene sekretaris van Numsa, en Zazi Nsibanyoni-Mugambi, president van Sacca, het Vrydag in ʼn gesamentlike verklaring gesê die vakbonde was suksesvol in hul aansoek om die afleggingsproses, wat deur die SA Lugdiens se sakeredders van stapel gestuur is, onregverdig te verklaar.

Die arbeidshof het in hul uitspraak beslis die prosedure waarvolgens die artikel 189-kennisgewings deur die SAL en die sakeredders uitgereik is, was onregverdig. Die SAL en die sakeredders is opdrag gegee om die kennisgewings terug te trek.

Niks in die bevel verhinder SAL en die sakeredders egter om vrywillige uitdiensstelling aan te bied of vir enige werknemer om dit te aanvaar nie.

“Ons verwelkom die uitspraak,” het die twee vakbondhoofde gesê. “Ons is in die gelyk gestel. Die hof het opnuut bevestig dat die sakeredders nie werkers kan aflê sonder ʼn sakereddingsplan nie. As Numsa en Sacca het ons boonop die ware motief van die BRP’s onthul.”

Die vakbonde het Donderdag in die arbeidshof aangevoer die sakereddingspraktisyns het tot dusver geen sakereddingsplan voorgelê nie. Die vakbonde voer aan die sakeredders het nooit in die belang van werkers opgetree of hulle in samesprekings oor die toekoms van die redery betrek nie.

Hulle voer aan die afleggingsooreenkomste wat werkers aangebied is, laat hulle in geen beter posisie as sou die redery gelikwideer word nie. Die vakbonde beweer die sakeredders is doelbewus besig om werkers te mislei.

Numsa en Sacca sê hulle gaan voort om met die departement van openbare ondernemings te werk om ʼn omkeerplan vir ʼn herstruktureerde SAL te vind.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het Woensdag aan parlementslede gesê die regering plaas druk op die sakeredders vir besonderhede oor hul plan en sê dít wat die departement reeds ontvang het, was eerder ʼn geskiedkundige opsomming van bedrywighede by die SAL as ’n meesterplan vir die toekoms.

Gordhan het ook gesê daar is vrae oor hoe die R5,5 miljard bestee is wat die sakereddingspraktisyns reeds gekry het om met ʼn nuwe plan vir die SAL vorendag te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

George ·

soos ek glo…. die vakbonde en taxi vereeniging beheer ons land… nie seker of hulle al die Sjienese se toestemming al gekry het nie……

Lindi ·

Nee wragitg nou weet ek nie meer nie. Het altyd respek gehad vir Pravin Gordhan maar hy is net so ‘n manteldraaier soos die res van die regering

Sarel ·

Die Persone verantwoordelik vir die wanbesteding van fondse en korrupsie binne SAL en ander word steeds nie vervolg niecen beskerm deur die Regering maar die gewone werkers moet prys betaal

capie ·

Die “sake redders” kos miljoene rande, maar dit lyk nie of hulle weet wat hulle doen nie. Heel moontlik suig hulle ook maar die laaste melk uit die droë koei en gee ‘n paar spatseltjies vir sekere politici.

Anel ·

Nou waar moet die geld vandaan kom om hulle te betaal? Laat die vakbonde dit dan doen. Hulle het baie geld en hoeveel het hulle al geskenk? Hulle is ook groot en deels verantwoordelik vir die gemors waar in die land is.

Eerlik ·

Dit raak nou belaglik. Die “sake redders” slaan net meer munt uit hierdie aanhoudende uitstellings.

George ·

Maak toe, se vir die vakbond daar is niks geld oor nie en verkoop al die vliegtuie ens. Vat daai geld en betaal die regering terug sodat hulle almal nuwe karre kan kry……..!!!!

JohanR ·

En Pravin Gordhan kondig aan ‘n R10 biljoen reddings paket vir SAL…..

Niklaas ·

Hierdie vakbonde het baie meer mag as wat ons besef. Die SAL wanbesteders is ook nog steeds daar en gaan seker in Desember nog massiewe bonusse kry. Dit werk mos so hier. Geen vervolging. En dan is die nuwe lugredery plan stilletjies weggebere, want die plan was duidelik om dieselfde personeel en vluegtuie weer aan te wend, net met nuwe kleure en uniforms.

Pompies55 ·

KORRUPSIE in ergste graad!Pravin jou doring nou wys jy jou ware kleure né!Wonder net wat is jou cut uit die deal?SA sink vinniger as die titanic danksy vakbonde.Dis nou nog net die laaste stuiptrekkings!Viva die anc!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.