Hierdie verslag bied antwoorde op die vrae wat deur die bekendmaking van verlede week se skokkende misdaadstatistiek ontstaan het.
Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, word drie vorms van selfbeskerming in gemeenskappe, wat binne die raamwerk van die Grondwet val, in dié verslag ondersoek.
Cameron sê voorts dat die belangrikheid van vennootskappe tussen die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), gemeenskappe en privaat sekuriteitsmaatskappye in die toekoms beklemtoon moet word. “Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, se Back To Basics-strategie kan slegs suksesvol wees wanneer dit in samewerking met gemeenskappe uitgevoer word. Sodoende kan ’n daadwerklike poging om gemeenskapstrukture te herbou dus lei tot ’n drastiese afname in misdaad,” het Cameron verduidelik.
“AfriForum se Eliot-model kan as ’n voorbeeld van só ’n samewerkingsooreenkoms wat uit die gemeenskap ontstaan het, dien. Koalisies is tussen die inwoners van die townships en die boere van die Eliot-omgewing gevorm en dié twee partye saam het ’n uiters suksesvolle buurtwag gestig. Hierdie koalisie kan dalk deur sommige mense as naïef beskou word, maar opnames toon dat Suid-Afrikaners van alle rasse verenig is in hul woede oor swak polisiëring. Dít skep interessante vooruitsigte vir koalisies, veral in klein dorpies en werkersklasomgewings waar mense van alle rasse reeds naby mekaar leef,” het Cameron bygevoeg.
Kyk asb na dit ….op die stadiun kan enige iets help of beter wees as wat huidiglik net GLADIE werk nie !
Dankie AfriForum en SAIRV Ons waardeer dit woes. Ek glo egter voordat die proses goed sal werk, sal daar n suiwering in die SAP moet kom. Dit behoort preoriteit 1 te wees. Soos sake nou staan kan daar verraad plaasvind en lelik in die rug gesteek word,
Waar kry ek n afskrif in die hande vir ons boere vereniging?
Dagsê Koos
Die skakel na die misdaadverslag is nou bygevoeg, maar jy is welkom om dit ook hier te lees: http://rak2.spens.co.za/maroelamedia/afriforum-verslag-oorlog-teen-misdaad.pdf
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Jh weet as ek sulke goed hoor dan wonder ek , as die gewone ou op die straat hom self moet polisieer, waarvoor is daar dan polisie, meskien moet die polisie hulle werk begin doen. Dan hoef ons nie allerhande planne te maak nie.
Plaas laat die burger-regte groepe begin om die regering te motiveer om hulle werk te doen in plaas daarvan om hulle lede te motiveer om alles SELF te doen…..maar aanhou om die regering met belasting te motiveer om te onder presteer…..Hierdie is een van die min lande in die wêreld wat hulle regering beloon om hopeloos te wees….want die regering het laaaaaankal uitgevind as hulle hulle verpligting versuim….die witmense sal inspring en die “self doen”.
Ek wil ook graag weet hoe ons die verslag kan bekom. Sal julle vir ons n Internet skakel stuur waar ons dit kan aflaai?
Dagsê Ano,
Dankie vir jou navraag. Jy kan gerus op die skakel onderaan die berig klik vir die volledige verslag.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Dit kan op die platteland werk in kleiner gemeenskappe, maar stedelike gebiede is stram en lomp. Samewerking geskied nie eens tussen bure van dieselfde kleur nie, inteendeel. Die frustrasie en angs is so hoog in groot dorpe en stede dat mense mekaar eerder wantrou en ‘straf’ vir probleme wat elders gesetel is. Stad(t)srade is so besig om die buit te verdeel dat probleme, soos misdaad, nie aangespreek word nie.
Dankie vir die moeite om iets te probeer doen aan ‘n ongelooflike groot probleem. Ek hoop regtig dat die hand wat uitgesteek word om te help nou nie weer gebyt gaan word nie .
Bring die doodstraf terug en kyk hoe vinnig word die moordsyfer laer. Op die oomblik kan jy maar moor en dan word die belastingbetaler gemelk om jou behuising en kos te gee. Dan sal die klomp wat van die hele Afrika af instroom hiernatoe ook sommer gou minder word.
Goeie idee! Ek glo ook as burgermeesters hul werk doen, en werklik fokus op hul areas EN op hul polisiedienste kan dit help. Ons het strenger reels nodig ook, ek onthou toe New York so agteruit gegaan het, het n burgermeester ingetree en aangedring dat mense vervolg word as hul ‘J walk’ publieke urinering, grafiti ens. 0% geduld. Sover doen Pretoria se Solly Msimanga goed!