AfriForum Jeug eis antwoorde oor Tuks-studenteraad

(Foto: Twitter/
Decolonizing Education)

AfriForum Jeug eis antwoorde van die Universiteit van Pretoria (UP) nadat daar bekendgemaak is dat die klagtes teen die EFF-kandidate vir die studenteraad (SR) van die UP (EFFSC UP) teruggetrek is, en ʼn tydelike studentekomitee binnekort aangewys gaan word.

Maroela Media het vroeër berig die EFF en sy studentevereniging is by die Menseregtekommissie (MRK) verkla terwyl ʼn parlementêre portefeuljekomitee ook versoek is om ondersoek in te stel nadat voorvalle van rassisme en intimidasie in September by die UP aangemeld is.

Die jeugorganisasie vra in sy brief watter proses gevolg is om die klagtes teen die EFFSC UP-kandidate terug te trek en hoe dit hul geskiktheid om in die studenteraad te dien, beïnvloed.

“Verder wil AfriForum Jeug ook weet of die vorige ex officio-lede van die 2024-SR, wat in die tydelike studentekomitee gaan dien, hierdie EFFSC UP-kandidate gaan insluit,” sê René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Prof. Themba Mosia, visekanselier van die UP, het in ʼn skrywe gesê die tydelike studentekomitee word op 30 November aangekondig, maar daar is nie duidelikheid oor hoe en wanneer die finale SR vir 2024 verkies en aangekondig gaan word nie.

Van der Vyver sê AfriForum Jeug is gegrief deur die UP “wat ten koste van sy studente onder politieke druk van radikale groepe vou”.

“Dit is belangrik dat ouers en studente kennis neem van die UP se standpunt – of die afwesigheid van ʼn standpunt – oor die EFF-studentevereniging se [beweerde] haatspraak en intimidasie.

“Verder spreek dit boekdele dat die UP ook versuim het om ons Paia-vrae volledig te beantwoord oor die mandaat van die sekuriteitmaatskappy op hul kampus.”

Die UP se SR-verkiesing was vanjaar omstrede en AfriForum Jeug is sedert die aanvang daarvan by dié debat betrokke.

“Die jeugorganisasie eis al vir ʼn geruime tyd dat die EFFSC UP – wat hulself voortdurend aan haatspraak en intimidasie skuldig maak – as studentevereniging gederegistreer word. Dit is waarom AfriForum Jeug ʼn spoedige reaksie op hul brief verwag,” sê Van der Vyver.

Geen plek vir ‘diskriminasie, rassisme, intimidasie’

Rikus Delport, woordvoerder van die UP, sê die universiteit is daartoe verbind om te verseker dat alle studente se stemme nie net gehoor word nie, maar ook waardeer word.

“Die handhawing van die beginsels van deursigtigheid, regverdigheid en inklusiwiteit bly ʼn vaste verbintenis terwyl ons hierdie komplekse kwessies navigeer.

“Ons moedig deurlopende kommunikasie en samewerking aan om oplossings te identifiseer wat in die beste belange van ons studente en die breër universiteitsgemeenskap is,” sê Delport.

Hy sê die onlangse besluit om die betwiste SR-verkiesings tersyde te stel en ʼn tydelike studenteraad aan te stel, is ná deeglike oorweging geneem.

“Die besluit om die klagtes teen die SR-kandidate terug te trek is ook ná deeglike beoordeling van die huidige situasie geneem.

“UP-prosesse teen die kandidate – wat deur die Onafhanklike Moniteringsraad (IMB) gediskwalifiseer is – het verdere dissiplinêre prosesse ingevolge die Grondwet vir Studentebestuur (GSG) ingesluit, maar op grond van al die inligting beskikbaar, is daar vasgestel dat verdere prosesse nie nodig is nie,” s

“Hierdie besluit is nie deur enige politieke party, ideologie of eksterne druk beïnvloed nie. Ons belangrikste prioriteit is om ʼn omgewing te skep waar elke student se bekommernisse ernstig opgeneem word en hul stemme saak maak.”

Hy het bevestig dat besonderhede rakende die samestelling van die 2024-SR ná afloop van die eksamens op 30 November bekend gemaak sal word.

“Sodra die 2024-SR saamgestel is, sal hulle verantwoordelikheid aanvaar vir alle studenteverwante aangeleenthede en operasionele aktiwiteite. Hierdie mandaat sal tot die verkiesing van die 2025-SR – wat na verwagting in Augustus of September 2024 sal plaasvind – van krag wees.

“In ooreenstemming met die 2024- akademiese jaarboek sal die 2024-’25 UP SR-verkiesing op 22 Julie 2024 aangekondig word; hierdie datum is die aanvang van die tweede semester,” sê Delport.

Hy sê wat die Paia-versoek rakende die mandaat van sekuriteit op universiteitspersele betref, weerlê die UP enige bewering dat hulle versuim het om volledig op die versoek te reageer.

“Ons bevestig dat die UP inderdaad na die beste van sy vermoë op die Paia-versoek in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, gereageer het.

“Ons bevestig verder dat die veiligheid en sekuriteit van ons studente en die UP-gemeenskap in die algemeen ʼn prioriteit vir die universiteit is.”

Hy sê die universiteit dra die beste belange van studente op die hart.

“Diskriminasie, rassisme en intimidasie het geen plek in ons gemeenskap nie. Ons glo vas dat diversiteit ons kampus verryk en ons is daartoe verbind om die beginsels van gelykheid en insluiting te handhaaf.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Kyk na die ou met die kettie, en die laggende een laans hom. Is dit die 15percenters van die laaste 30 jaar?

Gaitsigubib ·

Beslis ja Johan, want hy wend sy eie kop aan as ‘n projektiel!

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat my worry is dat hy eendag prostate kan uitsny. Of erger, ‘n regter word.

Willem ·

Tukkies is lankal daarmee heen – groot verlies . Die bygaande foto vertel10 000 woorde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.