AfriForum Jeug lewer kommentaar op voorgestelde US-taalbeleid

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

AfriForum Jeug het Maandag in ’n skrywe aan prof. Wim de Villiers kommentaar gelewer oor die voorgestelde taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch. AfriForum Jeug is sedert 2015 aktief op die US-kampus en het toe reeds begin om aanspraak te maak op gelyke en inklusiewe taalregte en meertaligheid.

Die studenteorganisasie eis onder andere dat beide Afrikaans en Engels ten volle as voorgraadse taal gebruik word. Praktiese oplossings om hierdie model stabiel te bestuur word ook gegee. Die studenteorganisasie is ook van mening dat indien die behoefte daar is, ’n addisionele taal vir onderrigdoeleindes ingestel kan word soos IsiXhosa.

Kommentaar op die beleid se tekortkominge word ook in die studenteorganisasie se dokument gelewer.

“Die beleid is so opgestel dat indien die US slegs twee vakke in Afrikaans aanbied, die US steeds volgens sy eie reëls hulself as meertalig kan beskryf,” sê Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug. “Daar is geen praktiese oplossings, doelwitte of mikpunte in die US se voorgestelde taalbeleid nie, maar dit dien slegs as lippetaal vir diegene wat nie die dokument self lees nie.”

Indien jy meer wil weet of betrokke wil raak by AfriForum Jeug se tersiêre of dorpstrukture kan jy ’n e-pos stuur na [email protected], met jou kampus, dorp of stad se naam as onderwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

akkedismis ·

Dit is TRAGIES dat ons Bruin VRIENDE amper ALLEEN GEPROTESTEER het vir die BESKERMING van AFRIKAANS by US. Graag sou ek op 76 Jr. ook aan die PROTESOPTOG wou deelneem,maar het nie daarvan geweet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.