AfriForum verkla Mbalula oor gesinsvakansie na Dubai

Fikile Mbalula, deesdae die minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Die burgerregtegroep AfriForum gaan vandag sélf strafregtelike klagte van geldwassery en korrupsie teen die minister van vervoer, Fikile Mbalula, aanhangig maak.

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, het gesê die organisasie het die Openbare Beskermer (OB) reeds in 2017 gevra om die Mbalulas se reis na Dubai te ondersoek. Hy was toe die minister van sport.

Die reis is in 2016 onderneem. Mbalula het destyds gesê hy het nie geweet hoeveel die hele reis gekos het, tot ʼn reisagent vir betaling gevra het nie.

Die OB het in Desember verlede jaar haar verslag oor die reis vrygestel en bevind nadat Mbalula nie vir die vakansie kon betaal nie, hy vir Yusuf Dockrat, hoof van Sedgars Sport, vir geld daarvoor gevra het. Dockrat het na bewering tussen R300 000 en R680 000 opgedok.

Taute het gesê dié verhouding tussen Mbalula en Dockrat is moontlik onvanpas en kon ʼn onregverdige voordeel aan Dockrat gegee het. EWN het destyds berig Sedgars Sport het in daardie stadium sake gedoen met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).

In haar verslag het die OB aanbeveel dat die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir verdere ondersoek verwys word.

“Die NVG het egter nog geen stappe teen Mbalula gedoen nie,” het Taute gesê.

Sy het gesê waar die proses vantevore tussen die OB en die NVG was, is AfriForum nou sélf die klaer in die saak en kan hy dit dus fyner dophou.

As die NVG dus besluit om Mbalula nié te vervolg nie, kan AfriForum hom moontlik privaat laat vervolg.

“Hierdie is moontlik weer ʼn geval van ʼn politikus wat homself as verhewe bo die wet ag. Die saak moet behoorlik ondersoek word, sonder vrees, guns of vooroordeel,” het Taute gesê.

Die klagte word vanoggend by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

SjN ·

Vra ook sommer wat het geword van die R10 milj van Danny Jordaan se sokker omkoopgeld waarvan Frikkie geweet het.

honourable member ·

As jy nou die ou vasvat dan gaan jy die hele lot moet vasvat want hulle almal ry die gravy trein.

Rubber ·

Nog nie een korrupte politikus in die tronk nie. My afleiding is, hulle is bo die wet verhewe, of hoe?

Rubber ·

Van wanneer af is werkskepping Afriforum se mandaat, sover ek weet is hulle ‘n burgerregte groep wat ons regte beskerm en politici verantwoordelik hou. Moet hulle nou niksdoen nie en maar net los. Los werk skepping vir entrepreneurs.

Jerry ·

Wanneer gaan Afriforum nou eendag ophou skoorsoek en begin werk skep binne die selfbeskikkingskonsep vir werklose mense en armlastige mense of was dit nog nooit regtig op Afriforum se spyskaart nie? Julle kan niks aan die ANC verander nie, behalwe om die ANC te laat reageer met haat en wraak. Julle moet begin werk skep vir mense, dis dit!

Rubber ·

Van wanneer af is werkskepping Afriforum se mandaat, sover ek weet is hulle ‘n burgerregte groep wat ons regte beskerm en politici verantwoordelik hou. Moet hulle nou niksdoen nie en maar net los. Los werk skepping vir entrepreneurs.

kolla ·

Stem saam, dis belangriker as hierdie side-line goed wat in elk geval nooit uitgeroei gaan word nie.

Sakkie ·

Hoe beplan jy ‘n reis en weet nie wat dit kos nie ? Miskien is dit hoe gewone mense dit doen.

Suzette Geringer ·

Ja stem saam…… hulle weet nie en hulle onthou niks….

Braam ·

Ag nog niemand sal tog ooit in die hoë gestoeltes aangekla en vervolg word nie. Ons almal weet dit. Daar kom net ‘n skielike en laaang stilte na so iets op die lappe kom.

skurweberg ·

Hulle sal nog agterkom dat die Afrikaner baie meer is as ‘n pretbederwer.

Slagyster ·

Uit die geskiedenis oor baie jare moet ons besef dat die wat die reg lief het, die nommer een vyand van die kwaaddoeners gaan word.

Niklaas ·

Is hy nie die agbare minister van sport wat destyds die briljante gedagte van kwotas in die Bok rugby spanne ingebring het nie ? En ek dink dis ook hy wat geweier het dat die SA hokkie spanne , mans en vrouens , nie mag gaan na die olimpiese spele in Rio , weens te swak verbetering in transformasie doelwitte.

Gert van Wierdapark ·

Kom ons probeer maar weer na die vorige 2 pogings verwyder is! Los eers die kleiner vissies en gaan vir die manne wat die miljarde Rande geplunder het!

Hans ·

Daar is geen manier dat mens so ‘n vakansie vat en die betaling val uit die lug nie!!!
Dink hy dis deel van die beloftes toe belowe was stowwe en yskaste reën op jou neer.,..

John ·

Julle verstaan nie, die mense gaan gereeld na Koebaai om vloek en jok af te leer… maar dit kos. Terapie is terapie en ‘n mooi uitsig help tog altyd vir beter voel. Kyk hoe mooi sorg die minister nou dat spoorlyne ewewydig bly.

Aangekla(m) ·

Al werk wat daar nog is, is hofsake ! Die hele lot in die regering is in een of ander hofsaak betrokke! Vierde industriele regstelsel!

Lana ·

Vir wat neuk hulle altyd Dubai toe? As hulle Zimbabwe dan as so skitterende suksesverhaal beskou, waarom hou hulle nie vakansie in Harare nie?

D Meyer ·

Dankie Afriforum. Julle is elke sent aan ledegeld dubbeld en dwars werd.

Foxi ·

Ai tog…die kaders se lekker, heerlike, rustige lewe in die nuwe Suid Afrika. Vra maar wie was die voorbeeld. As die ander dit kan doen…..ag waarom nie hy ook nie. Niemand sal tog weet nie. Dit vat net tyd om dit uit te vind. Man……dis n lekker land dié. Free for all en all for free……..

Adam ·

Interressant genoeg kan ‘n minister nie ‘n begroting vir ‘n vakansie doen nie, maar hy moet ‘n ministerie lei waar hy met biljoene rande moet werk. Dit kan nogal ‘n tameletjie wees. Onbevoegdheid van die hoogste graad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.