Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is Woensdagmiddag in die hospitaal opgeneem ná ʼn reeks onsuksesvolle hemodialise-behandelings.
Barnard se woordvoerder, Henri Scott, het aan Maroela Media gesê die sanger se niere werk nie behoorlik nie en daarom kry hy al vir ʼn geruime tyd hemodialise-behandelings met die hoop dat sy gesondheid sal verbeter.
Hemodialise is ʼn prosedure waartydens gifstowwe uit die bloed verwyder word deur middel van ʼn dialisemasjien, wat ook as ʼn kunsnier bekend staan.
Die sanger ly aan die neuropatie-sindroom wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate, soos die hande.
Die enigste geneesmiddel is ʼn suksesvolle nieroorplanting.
Scott sê Barnard het mettertyd gevoel in onder meer sy hande, bene en voete verloor, wat veroorsaak het dat hy kruppel begin loop het.
“Hy het die eerste reeks behandelings in ʼn kliniek ontvang, maar dit was gladnie suksesvol nie. Ons glo die hospitaalbehandelings sal suksesvol wees en sy gesondheid na wense verbeter,” sê Scott.
Hy sê hoewel Barnard en sy gesin ʼn moeilike tyd agter die rug het en die pad vorentoe ook nie sonder uitdagings is nie, gaan dit goed met hom en is hy baie positief. “Die hele span agter Adam en hyself is baie dankbaar vir die geweldige ondersteuning en die gebede wat ons ontvang. Dis wonderlik hoe mense omgee.”
Die sanger het aanhangers vroeër op sosiale media bedank vir hul getroue ondersteuning. “Dankie vir julle gebede en ondersteuning wat so ongelooflik waardevol is. Julle gebede hou ons staande,” het hy geskryf.
Die sanger hoop om vanjaar ʼn nieroorplanting te kry.
Barnard is veral bekend as lid van die voormalige musiekgroep Romanz. Hy het in November verlede jaar vir die eerste keer pa geword en in April sy jongste album, Seisoene in die son, bekendgestel.
Sterkte Adam ek bid dat God jou volkome sal genees en jou en jou gesin in die holte van sy hand hou. Jy is n pragtige mens en jou posetiewe energie straal altyd uit na ander nou moet jy volkome herstel en met jou goeie werk voortgaan om die woord te versprei!
God bless !
Sterkte Adam, God sal jou volkome genees sodat jy jou goeie werk kan voort sit!
Dink aan julle in ons gebede.
Ek bid dat jy ‘n geskikte skenker vir ‘n nier sal kry, wens ek kon jou een van myne gee!
One Glo & Vertrou dat ons Hemelse Vader Sy Hand van Beskerming oor jou hou & jy baie vinnig n nier skenking gaan kry. Hy gaan jou gebruik vir getuienis vir sy Wonder werke!!!
Ai jongman ons dink aan jou. Glo en vertrou in die Here. Hy sal uitkoms bied. Dink aan jou.
Baie sterkte Adam, mag die liewe Vader elke tree saam met jou wees.Glo en vertrou op die Here.God is groot in Sy wonderlike genade!
Daar is duisende mense wat wag op organe. Kom ons DOEN iets aan dit en gee jou naam op as ‘n orgaan skenker. En dit kos niks.
Daan, ek is ten volle geregistreerd al vir 5 jaar en is nog nie een keer gevra om toetse te laat doen om te sien of ek kan help nie.
Daan, ek en my man is al 8-10 jaar geregistreerd as orgaan skenkers. Ons het nog nooit weer enige korrespondensie van hulle af gekry nie of enige verdure kommunikasie nie wat eers aandui ons is nog op hulle waglys nie.
Daan,
ek wou al ‘n nier skenk aan ‘n vriend. As ek kon sou ek. My Dokter het net gesê na longskade na ‘n skietery en hartversaking ‘n klomp jare terug kan ek nie, volgens hom sal my liggaam nie die skok kan hanteer nie.
Al wat ek kan doen is om vir hierdie jong man is om hom op te dra aan ons Skepper.
Leon
Baie sterkte!
Adam ons bid vir jou by die Here is niks onmoontlik nie. Ons bid ook vir Almitra en klein Carmie. Sterkte vir julle gesin. Ons glo dat jy spoedig weer jou ouself sal wees.
Het jou en jou gesin op “Pasella” gesien. Pragtige mense met pragtige gesindhede en ‘n wonderlike lus vir die lewe. Ek hoop als werk uit vir jou, en soos jy gesê het: “Die Vader is goed vir jou.”
Baie sterkte Adam ons gebede is met jou
Vriende nes Adam is daar duisende mense wat wag op orgaan oorplantings
Jy kan help registreer asb by odf.org.za asorgaanskenker
Moet asb nie jou organe hemel toe neem nie
Nie geweet mens kry n onsuksesvolle dialise nie???
Adam mag die gees van genesing oor jou kom en mag Jesus jou seer weg vat.Ek bid dit in Jesus se naam.Amen
Ek is nou deurmekaar… Op Pasella vroeër vanaand, is daar genoem dat hy reeds niervervanging gekry het en steeds aansterk. Daar is spesifiek verwys na die feit dat hy nie vleis ens mag eet nie, en hy het ook daarom die vegetariese braaibrood gemaak?
Daarom staan ek vir orgaanskenking. Ek wens meer mense wil hierdie besluit neem. Dit kan soveel mense se lewens raak. Adam, baie sterkte. Mens se goeie gesondheid kan geen geld koop nie.
jontak hierdie organisasie – https://www.odf.org.za/
Sterkte ek het baie simpatie met jou en jou gesin my man se niere het albei op hou werk vier jaar gelede my gebede is met jou
Sterkte en ons hoop die hospitaalbehandeling sal suksesvol wees. Hou vas in die wete dat jy nooit alleen is nie. Hoop almal in jou gesin ervaar rustigheid.
Ons bid vir spoedige herstel.
Ek het ook gisteraand die pasella stuk gekyk.En daar het hulle defnitief gese hy het al n nier oorplanting gehad.Ek het Adam so 3 jaar terug in Parys ontmoet.Wat n wonderlike jong man.Ek hoop en bid dat onse Vader hom sal deurdra.sterkte aan sy familie.Julle is in ons gebede.
Baie sterkte, awesome man en sanger. Ons glo hy sal herstel, dalk binnekort ook ‘n nieroorplanting kry. Dit is ‘n rowwe tyd, maar bly glo. EK hoop julle kry gou uitkoms!
Sterkte Adam mag God jou vining beter maak vir jou en jou gesin en famielie. Ons hou jou in ons gebede. Amen.
Ek sal vir jou bid Adam, jy is so ‘n pragtige nederige mens en glo my die Here se genade is groot…… Hou vas aan ons dierbare Vader by Hom is niks onmoontlik nie…….Dink aan jou……
Baie sterkte vir jou en jou gesin en spoedige herstel jou toegebid
Sterkte Adam…. jy is regtig oulik
Adam ons bid vir jou herstel. Vertrou en bid altyd!
Sterkte ons dra jou op aan die Here niks is onmoontlik nie.
Alle sterkte sal vir jou bid