Afsondering: Byna 2 000 boetes in Kaapstad uitgereik

Polisielede in Kaapstad besig met wetstoepasssingsoperasies. (Foto: SA Polisie)

Stad Kaapstad se wetstoepassers het die afgelope week reeds nagenoeg 2 000 boetes uitgereik en staan bont om inwoners te beheer wat die algehele landswye afsonderingsreëls oortree.

Nog 5 985 boetes is vir ander oortredings uitgereik.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê wetstoepassers sal steeds diegene aankeer wat die reëls oortree. “Dit is duidelik dat diegene wat die afsonderingsreëls oortree en verkeersreëls verontagsaam, geen respek het vir die wet nie. Die afsonderingsperiode raak almal en is ingestel om ons inwoners se veiligheid te verseker. Dis jammer dat so baie hul eie en hul geliefdes se lewens in gevaar stel,” het hy gesê.

Smith het gesê koperkabeldiewe word ook nie afgeskrik deur die afsonderingsreëls nie. Metropolisiebeamptes wat Donderdag op patrollie was langs Govan Mbekiweg in Khayelitsha, het gesien hoe twee mans koperkabels opgrawe. Die verdagtes, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, is glo betrap met 1,2 m koperkabels en ʼn graaf. Die twee persone is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal.

Nog 19 verdagtes is deur metropolisiebeamptes in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, insluitend die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, huishoudelike geweld, diefstal, onwettige besit van dwelmmiddels, die besit van ʼn gesteelde voertuig en oortreding van die Wet op Rampbestuur.

Altesaam 933 boetes vir die oortreding van munisipale wette en verkeerswette is ook uitgereik. Die stad se verkeersdienste het ses verdagtes in hegtenis geneem en hul voertuie geskut. Altesaam 5 052 boetes is uitgereik, bykomend tot die 1 941 boetes wat uitgereik is vir die oortreding van die afsonderingsreëls.

“Dit is selfsugtig om in hierdie ongekende periode in ons land se geskiedenis om jouself en ander se lewens te waag. Ons sal ons pogings verskerp om ons gemeenskappe veilig te hou,” het Smith bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pierre ·

Hoe gaan mese Kan betaal meeste werk nie eer Meer of ly aan honger

Anel ·

En dit gaan alles net vererger. Laat die mense toe om te gaan werk sodat hulle kos op die tafels kan kry. Om kospakkies te wil uitdeel vir die hele land gaan nie werk nie. Iemand moet dit voorsien en as hulle nie meer kan of wil kos produseer nie, wat gaan dan gebeur? Regverdig 90 sterftes ‘n land se ondergang? Ek dink nie so nie!!!

Deon ·

Ek is bly ander sien ook raak wat ek raak sien. En dit Bo en behalwe al die ander kostes wat hoermee gepaardgaan

Ansie ·

Ons is tussen die duiwel en die diep blou see vasgevang. Kom ons nie afsonderingsreëls na nie, kan dit die uitwissing van derduisende veroorsaak en mediese dienste geheel en al lamlê. Bly ons in afsondering, kan die hele ekonomie vou en kan derduisende omkom van honger en die hele ekonomie permanent lamlê. Ek is bitter bly ek is nie in die besluitnemers se skoene nie, want wat hulle ookal besluit gaan ‘n negatiewe uitwerking hê. MAAR ons moet in gedagte hou dat die afsonderingsmaatreëls geweldig baie bydra dat daar nog “net” 90 sterftes was – en amper almal het reeds aan een of ander siekte gely.

Chris ·

Ongeveer R4 000 000 vir die stadsvaders. Gebruik dit asb vir kos aan die behoeftiges en nie vir strooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.