Afsondering: Dlamini-Zuma ‘vertel leuens’ oor rookverbod

(Foto: Giorgio Trovato/Unsplash)

Dit lyk of die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, vir Suid-Afrikaners gelieg het oor die regverdiging van die voortgesette verbod op die verkoop van sigarette en ander tabakprodukte.

Dít volgens die DA-leier John Steenhuisen wat sê as dit wél die geval is, pres. Cyril Ramaphosa geen ander keuse het as om haar af te dank nie.

Dlamini-Zuma het op 29 April, toe sy ʼn aankondiging oor vlak 4 van die afsonderingsregulasies gedoen het, gesê die besluit om die verbod voort te sit was gegrond op die meer as 2 000 voorleggings wat die verbod gesteun het. Dit het deel gevorm van meer as 70 000 sulke voorleggings wat glo aan die regering oor die regulasies gedoen is.

Daar is gevolglik besluit om vol te hou met die verbod.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het die minister intussen hof toe gesleep oor die verbod en redes geëis vir die besluit. Dlamini-Zuma het dié redes vandeesweek in hofstukke bekend gemaak.

“[Dlamini-Zuma] se beantwoordende verklaring in die hofsaak skets egter ʼn heel ander prentjie,” sê Steenhuisen.

“Die 4 000 bladsy lange reaksie – wat duidelik bedoel is om die hof toe te gooi onder papierwerk – sluit al die openbare voorleggings in wat sy kon kry om haar optrede te steun. Dit lyk ook of talle daarvan niks met sigarette of tabak uit te waai het nie en die teenkanting teen sigaretverkope blyk nie ʼn fraksie te wees van dít wat sy aangevoer het nie,” sê Steenhuisen.

Daar was glo net 1 535 voorleggings en 47,2% het niks met sigarette of rook te doen gehad nie. Altesaam 23,3% was ten gunste van rook en 29,6% van die voorleggings het die verbod gesteun.

“Dit kom neer op net 454 voorleggings. Die minister het duidelik vir Suid-Afrikaners gelieg om haar voorafbepaalde agenda te bevorder,” sê Steenhuisen.

Hy sê daar moet ook gevra word of Dlamini-Zuma, wat gesê het die regering het die kwessie oorweeg, die res van die nasionale bevelsraad by dié beweerde leuen betrek en of sy haar kabinetskollegas mislei het.

Steenhuisen sê dit is egter irrelevant of 2 000 of 454 mense geskryf het om hul steun aan die verbod toe te sê, aangesien dit nog nooit die grondslag vir die formulering van enige ander afsonderingsregulasies was nie. “As die president self nie Suid-Afrikaners enkele dae tevore die versekering gegee het dat sigaretverkope op vlak 4 hervat gaan word nie, sou die voorleggings teen die verbod waarskynlik enige steun daarvoor oorskadu het.

“Die feit dat Dlamini-Zuma besluit het om ʼn aantal beweerde stawende voorleggings op te maak en toe in haar mediakonferensie vir Suid-Afrikaners gelieg het daaroor, moet gronde wees vir haar onmiddellike skorsing uit haar amp. As die president enige geloofwaardigheid vir die regering se reaksie op dié krisis wil red, kan hy nie toelaat dat sy aanspreeklikheid ontduik nie.”

Fita SA se voorsitter, Sinenhlanhla Mnguni, het Vrydag gesê die saak sal op 9 en 10 Junie voor ʼn volbank regters in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word. “Ons wil diegene bedank wat ons sterkte toegewens en in dié tyd ondersteun het,” het hy gesê.

Die organisasie sê ook ten spyte van die hofdokumente van duisende bladsye is hy gereed om op dié datums voort te gaan met die saak.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het Vrydag ook met dringende regstappe teen die regering begin oor die verbod. Batsa sê sedert die verbod op tabakverkope in werking getree het, het hy nog geen formele reaksie van die regering ontvang nie. Hy is ook nie by enige van die regering se samesprekings daaroor betrek nie.

Japan Tobacco International (JTI), groepe en organisasies wat die tabakwaardeketting oor die hele land verteenwoordig, onder wie verbruikers, tabakboere en kleinhandelaars, gaan Batsa in dié saak steun.

Batsa het met die instel van vlak 4 van afsondering die regering ook met regstappe gedreig ná die aanvanklike aankondiging dat sigarette wel verkoop gaan word. Die regering het oënskynlik van plan verander en die verbod volgehou.

Batsa het ʼn week later besluit om nié voort te gaan met die regstappe nie, nadat hulle ʼn ooreenkoms met die regering bereik het. Die besonderhede van dié ooreenkoms is nooit bekend gemaak nie.

Vlak 3 van die afsonderingsregulasies tree Maandag in werking. Die verbod word dan steeds volgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

JohanR ·

President Nkosazana Dlamini-Zuma vertel al leuens van haar Sarafina dae af. Het nog nooit opgehou nie!

Rina ·

Sy moes lankal die trekpas gekry het! ‘n hele klomp van hulle saam met haar!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee, hou nou op kla oor die dame. Dis werklik geen probleem nie. Sy volg net haar kamerade se voorbeeld en erken sy het dit NOOIT gese nie. Dan is alles mos weer weer reg.

Marisa W ·

En vir wie is dit ‘n verrassing? Sy kan niemand in die oë kyk nie – kyk maar al haar onderhoude – loer net ondertoe soos ‘n kind wat uitgevang is.

Boortor ·

Nes ek van die begin af gese het! Lieg, nogmaals lieg en bedrieg van dag een af. En dit is nie net sy nie. Dit is die hele lot van hulle, cyril muis inkluis.

Porseleintjie ·

Daar is gerugte in die rondte oor n tabakfabriek van genoemde en n vorige president se seun. Waar n rokie is trek n vuurtjie.

PH ·

Ondersoek nou die gerugte dat sy baat by smokkelhandel ook deeglik.

Marius ·

Die dame was nog altyd gekant teen rook , en die virus was nou maar net die gulde geleendheid om die rokers by te kom . Sy moet net weet dat die wiel rond is en hy draai , met die hoe pryse vir sigarette nou .Die feit dat wetsgehoorsame bugers ook nou skelm sigarette moet koop agv haar , maak my warm onder die kraag .

Jan ·

Mkhizi moet ook gasn want hy moet weet wat in sy toets stasies aangaan. Maar hy is bang dat daar oproer gaan kom as ons als weet wat hulle swyg

Pierre ·

Lieg is vir ‘n politikus soos asemhaal vir die res van ons.

PH ·

Indien Batsa en Fita slaag in die hof, moet hulle haar dagvaar vir verlies aan inkomste ook.

Patrys ·

Sy is n leuenaar en moet daar voor afgedank word sy het glad nie die land of die mense se belange op die hart nie net haar eie belange

Anel ·

Ek sou sê dank haar af en maak haar betaal vir al die geld wat verlore gegaan het tov belasting. Konfiskeer sommer al die geld wat sy gemaak het uit hierdie smokkelhandel. Gaan kyk haar oorsee se bankrekeninge en herwin al dasrdie geld ook sommer. En die ou van gesondheid laat hy maar ook betaal vir al due verliese wat huer gelei het tot werksverliese. En die grootbek hoeddraer, laat hy betaal vir al die onwettige arrestasies. Hulle is meer gepla oor gewone mense op straat as oor die misdadigers. Pleks hulle die werk doen waarvoor ons hulle betaal. Wat verstaan hulle nie van as mense nie werk nie kan daar nie belasting betaal word nie en kry hulle ook nie salarisse nie?

Harry ·

Menige leiers het die prys betaal vir hulle kaders wat lieg. Daar gaan mnr Ramaphosa. Hy is n goeie mens. Hy kon net nie sy mense bestuur nie. Sy val gaan almal aanhaal as die man wat deur dwase mislei is.

Word wakker mnr Ramaphosa. Jy bestuur n ramp grondaf.

Juffrou ·

Cyril sal niemand nou afdank nie. Nie vir NDZ, Cele óf Mkhize nie. Hy’s té bang vir chaos in die land. Só, die hele lot kom net wéér weg met moord.

eksalnievergeetnie ·

Hoe het dit gebeur dat ons weer ‘n Zuma aan beheer van sake het? Het sy Suid Afrika in die egskeiding gekry?!

MAGRIETHA ·

Dis dalk tyd dat die president sy kabinet begin skommel en van swart skape ontlae raak dis enigste manier

Alida ·

Mnr Ramaphosa is n fantastiese president en sy opponent Mnr Steenhuisen is uit die boeke. Dit is nou tyd dat CR beheer neem en ontslae raak van die narre en bekwame mense aanstel. CR het die regte mense om dinge reg te ruk na n behoorlike kabinet en die sirkus vir ewig toe te maak.

Anton ·

Dis nou tyd? Waarom het hy nie beheer geneem toe hy president geword het nie? Hy was en is deel van die sirkus. Gaan net oor die ANC en glad nie oor SA nie.

Nie Verbaas ·

En so lyk my is haar geluk besig om uit te hardloop. Hoop sy is skuldig, een van die mags beheptes dan uit die pad.

Francois ·

Ons agbare minister Dlamini Zuma rook nie maar as ek kyk hoe sy gister opgetree het, het sy duidelik siek voorgekom wat beteken sonder rook gaan sy ook siek word. Dalk is dit die wiel wat draai waarvoor ons lankal wag

Mariana ·

Feit bly dat sy nooit in die pos moes wees nie en nooit besluite moes neem oor mense nie. Maar mnr die president moet darem ook die besluite neem, nie sy minions nie. Maar leuens van die ANC is mos darem ook niks nuut nie en altyd ten koste van die inwoners van die land.

Hennie ·

Die politici lieg nooit, hulle praat net altyd die waarheid uiters stadig!

Pieter ·

Die ANC bly maar net n sirkus. Julle maak n bespoting van ons land. Julle kannie eers kar best nie wat van n land. Julle maak ons siek nie die virus of die sigarette nie

katerinadiekat ·

Al HET n volle 2000 mense die tabakverbod gesteun, daar is n petisie aan haar voorgele met meer as 500 000 mense wat die verbod AFGESKAF wil he! Halfmiljoen mense teen 2000..wat toe nie eens 2000 blyk te wees nie. Zuma het n haat in rook, n persoonlike grief waaronder miljoene mense nou moet ly. BELASTINGBETALERS wat haar flippen salaris betaal!! En n Franse studie het bewys rokers is MINDER GENEIG om Covid te kry, en ss hulle dit kry is dit in n baie minder erge vorm.

Alida ·

Mnr Steenhuisen jy is n man van staal. Hou aan krap totdat die vrot sweer oopbars. Ons het regte en kan nie langer so aangaan nie.

Frans ·

Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel!

Corrie ·

Kyk met rook het hul baie te se.maar drank nie ek sien nog al die huis drama wat gaan gebeur. En nou mag al die kinders weer skool toe gaan dit word toe gelaat wat van kinders se gesondheid maar rook is dit n NEE. Regtig als word nou te erg. Genade laat die mense rook. Jul maak die skoole oop vir al die kinders da oor warry jul nie. My kind gaan nie skool toe nie. Lug die rook verbond ook want als word mos nou gelug

Sharnelle ·

Duidelik sê jou van baie, Zuma, lieg net so hard soos Zuma.

Knormoer ·

Wat ons nie moet vergeet nie is dat president Ramaposa dlamini-zuma met n skamele 180 stemme gewen
het om president van die anc te word in 2017. 4700 stemmers en hy wen met 180. Hy kan niks aan haar doen nie en gaan ook nie. Sy weet dit goed. Sigarette sal verban wees tot sy hesluit dit is nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.