Afsondering: Kaapstad loop deur onder vandale, diefstal

Skade aan ‘n biblioteek in Kaapstad aangerig gedurende die algehele landwye afsondering. (Foto: Verskaf)

Volgens die Stad Kaapstad is 37 voorvalle van plundery, diefstal of vandalisme aan die stad se infrastruktuur sedert die instel van die algehele landwye afsondering in Maart aangemeld. Voertuie van die stad se gesondheidsdienste is ook gedurende die afsonderingstydperk gekaap.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het Sondag in ’n verklaring gesê voertuie van die stad se gesondheidsdienste is gedurende die afsondering buite die winkelsentrum Khayelitsha Mall gekaap nadat personeel ’n bewusmakingsveldtog vir Covid-19 in die omgewing voltooi het. Dit was een van drie soortgelyke voorvalle in die Stad gedurende die algehele landwye afsondering.

Volgens Badroodien kon die Stad ná die een voorval daarin slaag om een van sy gekaapte motors terug te kry hoewel een steeds soek is. In ’n ander soortgelyke voorval is die motor nie gesteel nie hoewel personeel van hul persoonlike besittings beroof is.

Daar is ook gedurende die afsonderingstydperk by verskeie biblioteke ingebreek waaronder Bonteheuwel, Nyanga, Athlone, Rocklands en Tokai. ’n Biblioteek in Athlone het veral deurgeloop toe geisers gesteel en die matte van die biblioteek deurdrenk is.

Skade aan ‘n biblioteek in Kaapstad aangerig gedurende die algehele landwye afsondering. (Foto: Verskaf)

Plafonplanke en die dak van die biblioteek is ook beskadig toe boosdoeners daardeur toegang tot die biblioteek verkry het.

In ander voorvalle is kabels ter waarde van R300 000 by Monwabisi Resort gesteel en die deure van die openbare Blue Downs-swembad in die stad beskadig.

Volgens Bardoodien beloop die skade aan die stad reeds meer as R700 000. Dit sluit nié herstelwerk in waarvan die koste nog bereken moet word nie.

“Die algehele afsondering beteken dat die herstelwerk en die vervanging van infrastruktuur en toerusting nog langer sal duur en sodoende die negatiewe uitwerking sal verleng,” het Badroodien gesê.

Volgens Badroodien moes die Stad ook nou noodgedwonge ’n ekstra 24-uur-veiligheidsdiens instel teen R4,1 miljoen per maand en ’n verdere R10,9 miljoen per maand afstaan vir bykomende maatreëls om fasiliteite te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jacobus ·

Waarom nie, dis oop seisoen persoonlik aan julle gelewer deur die “mad hatter et al”!

JohanR ·

My gooiste maar die ANC probeer darem alles om die Wes-Kaap plat te le! Hoekom probeer julle nie by die stembus wen nie?

Peetjie ·

Daar is net niks wat uitgelos word nie.
Vandale niks anders nie

JohanR ·

Bheki Cele jaag agter bestuurders aan wat ‘n sigaret agter die stuurwiel trek, en soek ‘n strokie!

Marianna ·

Dan wil ons vorentoe gaan? Vergeet daarvan Prez Ramaphosa. Die mense moet eers geleer word van respek vir die land se eiendom. En dit sal nooit gebeur nie. So sal ons maar almal moet aanvaar dat ons voorland ‘n varkhok is wat nooit weer skoongemaak sal kan word nie. Daar is nie geld nie. So wat afgebreek word sal net so bly.

Daniël Hendrik ·

Respek kom van harde werk en bou aan infrastruktuur. Omdat die naratief “white minority capital” gebruik word, sal mense wat nog nooit tot die staatskas bygedra het nie, mos glo hulle is helde om te plunder wat nie met hulle geld gebou is nie.

Sarel ·

Hoekom is Wes Kaap gedurig negatief in die nuus. Korona syfets, Bendegeweld, noem.maar op alles tref die Wes Kaap en die res van die land floreer indien jy die Media moet glo. Wes Kaap eniste Provinsue wat nie ANC is nie. Laat my dink….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.