Afsonderingsregulasies: SA’ners weer gedreig met misdaadrekord, tronkstraf

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, (Foto: GCIS)

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, het Woensdag bevestig dat taxibestuurders of winkeleienaars vervolg sal word, sou passasiers of klante sonder ’n masker in ’n taxi of winkel toegelaat word.

Lamola het Woensdagmiddag gedurende ’n virtuele mediakonferensie gesê dié oortreders sal óf ’n waarskuwing óf ’n boete óf tronkstraf van tot ses maande opgelê kan word indien hy of sy versuim om te verseker dat passasiers of klante maskers dra te midde van die Covid-19-pandemie.

Die minister het verduidelik dat dit dus diegene, en nié die passasier of die klant sonder ’n masker nie, sal wees wat van die oortreding van regulasies in terme van die Rampbestuurswet aangekla sal word. Die lot van só ’n persoon sal dan in die hande van die betrokke landdros geplaas word wat die saak hanteer.

Volgens Lamola sal die landdros die omstandighede waaronder daar nie ’n masker gedra is nie in ag neem voordat daar op ’n waarskuwing, boete of tronkstraf besluit sal word. Die boetebedrag sal ook van die landdros afhang.

Indien die persoon skuldig bevind word, sal dit tot ’n misdaadrekord lei – hetsy hy of sy ’n boete of tronkstraf opgelê is, het Lamola bevestig.

Bheki Cele, minister van polisie (Foto: GCIS)

Bheki Cele, minister van polisie, het op sy beurt Suid-Afrikaners daarop gewys dat die koop, verkoop en vervoer van alkohol en tabakprodukte ook gestraf sal word te midde van die verbod op dié produkte gedurende die afsonderingstydperk.

Oortreders sal ook ’n boete of tronkstraf opgelê word.

Cele het verder gesê polisiëring en padblokkades sal opgeskerp word om te verseker dat drank en tabakprodukte nie vervoer word nie. Die minister het verduidelik dat alkohol tuis gedrink mag word, maar nié in die openbaar nie.

Oortreders van die aandklokreël sal ook vervolg word mits hulle nie ’n permit of verklaarbare rede vir beweging tussen 21:00 en 04:00 kan verskaf nie.

Suid-Afrikaanse Polisiediens

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Cele het gesê altesaam 7 021 polisiebeamptes het reeds positief getoets vir die nuwe koronavirus, van wie 53 gesterf het. Altesaam 2 021 het reeds van die virus herstel en 4 949 is tans in isolasie.

Altesaam 150 polisiebeamptes word tans in ’n hospitaal behandel en 53 het reeds van die virus herstel.

Volgens Cele is die meeste gevalle in die Wes-Kaap, Gauteng, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal aangemeld. Dit is ook hierdie plekke wat die betrokke brandpunte vir misdaad is, het Cele verduidelik.

Volgens die minister is altesaam 685 klagtes sedert die instel van die algehele landwye afsondering teen beamptes van die polisie en metropolisie aanhangig gemaak, waarvan 227 reeds ondersoek en afgehandel is. Dié klagtes sluit in aanranding en die afvuur van vuurwapens.

Departement van korrektiewe dienste

Argieffoto Foto: veooz.com

Altesaam 3 688 bevestigde gevalle van Covid-19 is teen Maandag in die 243 tronke oor die hele land aangemeld van wie 2 203 korrektiewe beamptes en 1 485 gevangenes is. Dít dui op 1,02% van alle gevangenes in die land.

Altesaam 2 235 van diegene, hetsy korrektiewe beamptes of gevangenes, het reeds herstel hoewel 15 gevangenes en 31 korrektiewe beamptes tot op hede weens die virus gesterf het.

Daar is dus 239 aktiewe gevalle van Covid-19 binne die departement van korrektiewe dienste.

Departement van binnelandse sake

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het in antwoord op ’n vraag gedurende die mediakonferensie bevestig dat daar sedert 27 Maart met die instel van algehele landwye afsondering en die afgelope Maandag byna 540 000 bewegings oor die land se grense opgemerk is.

Dit is egter nie duidelik hoeveel daarvan onwettig plaasgevind het nie, het die minister verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Magda ·

bla bla bla – begin by die ANC kaders vir tronkstraf en kriminele rekords. Julle maak my siek

Agge nee ·

So oulik, maar julle moet eers daardie taxis vang. Die heel beste plek is by die op en aflaai plekke voor ons skole. Geen maskers, geen sanitering, geen vensters oop. 110% volgelaai. Praat die onderwysers daaroor, dan vloek die bestuurders hulle.

Kokerboom ·

Ai dit moet darem bitter moeilik wees om ‘n slaafse puppet te wees en iets uit te voer waarvan jy nie die vaagste benul het.

Aai ·

Hulle laat regte misdadigers uit 17000 van hulle nou wil hulle jou daar sit vir ‘n maskerHA HA

Maryna ·

Dis belaglik, geen idee hoe die wat die wette instel, dink nie…

Maknemuilius ·

Die Lamola………………is hy darem al uit die doeke uit?

Stofdonkie ·

Daar is 540,000 bewegings oor die land se grense opgemerk, dit is egter nie duidelik hoeveel daarvan onwettig plaasgevind het nie. Erken hy dus die beheer is so swak dat hulle net toekyk hoe mense oor die grense heen en weer beweeg?

Deon ·

Ek wonder waar daardie inligting vandaan kom as hy nie weet nie… Raai hy?

Fedup ·

Just a warning, lamola and mad hatter.
We do not react very well to threats.
No matter what the circumstances.

Stofdonkie ·

Kyk maar mooi, taxi drywers sal niks oorkom nie. Die polisie gaan nou die blanke winkels teiken. Wie sê dis nie die einste polisie beampte se kind of vrou wat daar loop in die winkel sonder ‘n masker net om rede te hê om die winkeleienaar te arresteer. Daarna is die die landros se besluit wat die eienaar se straf moet wees. Gaan hulle dan nousommer sê die winkeleienaar moet die winkel nou vir ‘n swart ou gee? Sodoende kan hulle darem hulle hele idee van swart bemagtiging so bietjie bevorder.

Bernard ·

Voortdurende dreigemente deur grapjassies wat regeer ná konsultasies met die voorvaders

Joe Olivier ·

As ek die seuntjie ( lamola) se redenasie reg verstaan dan sal n winkeleienaar ook seker skuldig bevind word wanneer n rower sy winkel roof, omdat die eienaar die rower in sy winkel toegelaat het. Ai die denkvermoeë darem!

Louis ·

Hoekom word daar nou uitgewy waar mens mag alkohol gebruik? Waar sal jy in elk geval die drank kry om te drink by jou huis?

Morné ·

Julle ja julle wat julself die anc noem!! Kiss my skinny little white asseblief…….julle raak nou net te veel!!!! Doen vir n slag iets goed en vang die regte kriminele….hoef nie ver te soek nie. En die beste van alles is jy hoef nie slim te wees om dit te kan doen nie, ek vertrou ou hoed sal so ver kan dink. Hou op om ons te dreig en doen vir n slag julle werk!! Julle het lankal vergeet wie betaal julle salaris. Maar laat ek jou help, wil nie hê jy moet nou begin stress en Google vra nie, dit is ons. Ja ons wat belasting betaal!

Jaco ·

wanneer kom die kriminele rekords vir mense wat kospakkies aan wit mense uitdeel?

Carina ·

In my eie kar, saam met my eie mense sal ek NIE ‘n masker dra nie, waarvoor moet ek? Buite in die opelug sal ek ook nie een dra nie, jou liggaam het suurstof nodig, hoe meer hoe beter. Jy maak jouself siek deur heeldag stikstof in te asem. Juis dit kan lei tot asemhalings en long probleme.
Al hierdie inperking regulasies is sooo belaglik, almal weet die regering het nie ‘n flippen idee wat hulle doen nie. Of dalk het hulle, maar dit het beslis niks met die virus te doen nie.
Jy mag in ‘n vol taxi ry of saam met 49 vreemdelinge gaan fliek, maar jy mag nie vir jou eie ma gaan kuier nie. Belaglik!!!
So, ek stem saam met die berig wat Monica Mynhardt geskryf het, laai jou vriende of familie in ‘n taxi, gaan eet lekker uit (sonder ‘n masker) of hou sommer ‘n lekker kuier net daar in die taxi. Dis mos nou wettig. Moet tog net nie by jou huis kuier nie, jy gaan siek word.

marius ·

Nie een van die diktators het ‘n masker op as hul praat nie .

Hannes ·

Ek wens die wetters wil kriminele vang en ophou om ons soos kinders te behandel. Die “state of disaster” het dit duidelik gemaak, die ministers wat te veel betaal word doen net mooi niks tot voordeel van die land nie!

DieKriek ·

Maskers kos geld. Ander lande se regerings verskaf maskers aan hulle mense. Hoe kan hulle ons nou dreig oor iets wat party nie kan bekostig nie?

Rentia ·

540 000 bewegings oor die land se grense. Wie het dit getel?
Ek moet ry vir my werk, en oorgrote meerderheid is jy net deurgewuif of die mense slaap as jy daar kom. Mense het begin besef dat hulle vir die gek gehou word. Ek moet ry oor grense om te werk, maar gaan tronk toe as ek 5 blokke verder vir familie gaan kuier? Taxi’s kan egter volgestop word sonder probleem? Moet ek en my familie dus vorentoe in ‘n taxi bymekaarkom? Dan kan ons ook “ver ry” op 70% kapasiteit!

Inperking is in geheel ‘n klug. As jy siek is, bly by die huis! Hou op om ons soos kinders te behandel. Hoekom word die wêreld nie so gestop vir diabetes / kanker / hartsiektes / longsiektes en hope ander siektes nie? stem saam dis sleg en dodelik, maar statistiek bewys die teendeel – oorlewing kan van meer as 90%

Jan ·

Die Covid-19 “nuwe normaal” is dwaas. Dit takel ons immuniteit af.
Die 1914-1918 oorlog het 240 miljoen mense fisies geraak en die wêreldbevolking se immuniteit afgetakel. Toe sterf tussen 17 en 100 miljoen mense weens griep.
Covid-19 se impak is waarskynlik as gevolg van swak dieet- en leefstylkeuses wat die huidige geslag se weerstand reeds afgetakel het.
Byna alles wat ons doen om verspreiding van die virus te bekamp, is teenproduktief. Maskers, isolasie, min sonlig, aanraking en sosiale interaksie, armoede en swak voeding, negatiwiteit en media wat vrees aanblaas, wek angs en takel ons immuniteit verder af.
Jesus leer dat fisiese aanraking belangrike is vir genesing, liefdebetoning, seëninge ens. Na mate ons verder van hierdie belangrike beginsels wegbeweeg deur paniekbevange maar vergeefs van virusse te probeer ontvlug, beweeg ons nader aan selfvernietiging.
Die “nuwe normaal” wat nou gepropageer word lyk na opstand teen ons Skepper en die normale orde wat Hy vir ons gegee het.

Piet ·

Sien geen ander manier nie, ongelukkig. Mense wil soos kinders gedra dan moet hulle soos kinders behandel word. Ons is sterk oppad om die meeste gevalle in die wereld te hê.

Stephanus ·

Die vreesinboeseming oor die covid werk nie meer nie en moet daar nou begin word met dreigemente. Wat kan ons volgende verwag?

Johannes Andries ·

Hier is nou ‘n groot probleem. Hoe kan iemand anders gestraf word vir iemand anders se oortreding?? Hoe kan’ n winkel eienaars tronk toe gestuur word, beboet word en ‘n krimenele rekord kry vir iemand anders wat nie’ n masker dra nie. Glo hulle die oortreder is nie toerekening vatbaar nie? Moet iemand anders nou Sy straf vat? Nee ek glo nie wat ek lees nie!!
Hierdie tipe wetgewing stel jou en my lewe in gevaar en kan nie toegelaat word nie!!

EK EN JY KAN GESTRAF WORD VIR ANDERSE OORTREDING WAARAAN JY NIE DEEL HET NIE
????

Godfried ·

Hulle is so behep met drank en sigarette, wat van die plaasmoorde en ander kriminele soos wat in die regering aangaan? Dink bietjie daaraan, sou julle dit dalk sou regkry en nie te veel doek op die kop het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.