Agrizzi se dokter moet toestand aan hof verduidelik

Angelo Agrizzi, voormalige hoof van Bosasa, tydens ‘n vroeëre hofverskyning. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat wil Angelo Agrizzi se dokter dagvaar om in die hof oor die voormalige bedryfshoof van Bosasa se siektetoestand te kom getuig.

Dít nadat Agrizzi al byna ’n jaar met sy gesondheid sukkel en glo nie in staat is om hofverrigtinge by te woon nie.

Agrizzi se regspan het vroeër vanjaar reeds ’n verslag by die hof ingedien wat daarop dui dat hy weens siekte ongeskik is om verhoor te word.

Agrizzi se regspan het Dinsdag in die Palm Ridge-handelshof aangedui dat sy kliënt nog steeds te siek is om verhoor te word. Mannie Witz, Agrizzi se prokureur, sê hy word in dié stadium genoodsaak om virtueel met Agrizzi te beraadslaag, berig eNCA.

Die saak teen Agrizzi se medebeskuldigde, die voormalige parlementslid Vincent Smith, is intussen in dieselfde hof na November uitgestel sodat Smith ’n nuwe regspan kan aanstel.

Vincent Smith in die hof. (Foto: Verskaf)

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, sê die staat moet ook dan die finale klagstaat bekend maak.

Die saak teen Smith en Agrizzi is in Julie van mekaar geskei weens Agrizzi se swak gesondheid.

Smith en Agrizzi staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie ná bewerings dat Smith en sy maatskappy Euro Blitz 48 omkoopgeld van R800 000 van Agrizzi, Bosasa se bedryfshoof, of van die maatskappy ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig Smith was destyds die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste (DKD). Bosasa is gedurende hierdie tyd ondersoek nadat die DKD tenders van sowat R1 miljard aan Bosasa toegeken het. Die kontrakte is na bewering op korrupte wyse aan die maatskappy gegee.

Smith is glo betaal om te verseker dat opposisiestemme oor Bosasa tydens komiteevergaderings stilgemaak word.

Hy het vroeër reeds onskuldig op die aanklagte teen hom gepleit en voer aan die geld was ’n lening van Agrizzi – ’n bewering wat Agrizzi ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hondjie ·

Nou wi kyk nou by wie af.zuma by hom of hy by zuma want dit gaan te leker… Jy kry tronkstraf jy speel siek en kom los.

Nicholaas ·

Interresant, sy dokter moet verduidelik maar zuma se dokter hoef nie te verduidelik.

Nie Verbaas ·

Presies my opinie. Zuma se regspan voer aan dat sy probleem n saak van staatsveiligheid is. Wat het gesondheid met staatsveiligheid te doen? En howe sluk dit.

SjN ·

Sekere siektes is mos n staatsgeheim, dit word skelmgeid genoem.

Blikkies ·

Dankie, maar wat word van die ANC party lede wat ook beskuldig is in die komissie? Slegs bostaande Agrizzi en sy trawante kon nie gou genoeg gearresteer word vir die Bossasa sake nie! Hoe lank nog voordat die staat optree teen al die ander party lede wat ook uitgewys en teen getuig is as bedreërs en diewe in omtrent elke liewe ander instelling?

Nie Verbaas ·

As hulle stappe neem gaan niemand in die regering oorbly nie.

Nozi ·

Gaan zuma se dokter ook gedagvaar word om voor die hof te verskyn om sy mediese toestand bekend te maak?

Jandup ·

Oompie Jacob se prokureur en dokter moet ook nou maar saam daar wees as die oompie nie in die hof wil wees nie.
Shabir se dokter het hom dalk behandel terwyl hy in die hospitaal was.

Hennie J ·

Dit is so lagwekkend. Hierdie ou is n fluitjieblaser maar die NVG ry hom bloots. Pleks hulle tyd en energie bestee aan die hope ander sake maar nee, dis mos te maklik om die ou te vervol want hy het alles reeds beken. Klomp patete.

Baardman ·

Daar is mos mediese dienste in die tronk. Stuur hom, Zuma en al hulle travante tronk toe. Die korrektiewe dienste se dokters kan na hulle kyk.

Manda ·

Nee wat, dankie Zuma, jy het hierdie begin. As Zuma die Hof nie hoef te respekteer nie, hoekom moet enigiemand anders dit doen? Dis die new normal. Ons het een van die beste regstelsels in die wêreld, maar is een van die lande waar dit die swakste toegepas word.

Swerwer ·

Stem nie saam met alles nie maar ek voel net soos Angelo Agrizzi se dokter gedagvaar word om verslag in die hof te gee oor sy mediese toestand, net so moet Zuma sin dit ook doen sodat die landburgers die waarheid weet. Hierdie dubbele standaarde moet beslis end kry.

Misky ·

Te siek om verantwoording te doen, maar nie siek as skelmstreke en korrupsie gepleeg word nie

Grassie ·

Agrizzi was ‘n fluitjieblaser wat die ANC se korrupsie aan die Zondo- kommissie verduidelik het. Hy is kort daarna in hegtenis geneem maar nog nie een van die kaders wat hy oor getuig het is aangekla nie. Dit is ‘n duidelike waarskuwing aan ander voornemende fluitjieblasers – as jy jou bek oopmaak gaan jy boet. Agrizzi was wel betrokke by van die transaksies maar as jy nie iemand uit die binnekringe kry om te getuig nie gaan dit moeilik wees om ‘n saak te bewys. Die arme ou se mond is gesnoer.

koos10 ·

Hulle eerste verweer moet wees dat hulle nie rekenskap aan die hof hoef te gee nie, want daar is reeds ‘n president geskep.

Blomme ·

Ai los die man.. As dit nie vir hom was sou niemand geweet het van die bedrogspul nie.

Erika ·

Baie intressant dat Agrizzi (you shouldnt get you r hands full of Greasi”) aanspreeklik gehou om sy toestand te verduidelik…
Maar Zuma word bekerm en hoef nie te verduidelik nie

JohanR ·

Schabir Shaik, Jacob Zuma en Angelo Agrizzi het ;n datum bespreek om 18 putjies te speel.

Hardekwas ·

HOEKOM IS DIE FLUITJIEBLASER IN DIE HOF! WAAR IS DIE REGTE DIEWE EN SWENDELAARS?

Chris ·

Normal, is a setting on a washing machine…. Geen korrupsie is wêreld wyd normaal nie.

Casper ·

Rampie moet nou die finale verslag bestudeer en dan sal almal wat geïmpliseer word vervolg word.Dit was Rampie se belofte om korrupsie uit te roei.Daar gaan nog baie van hierdie skuim tronk toe.

Pietertjie ·

As agrizzi se dokter dit moet doen, kan zuma se dokter dit ook doen. Mens spel net eerbare mense se name met hoofletters.

Johann ·

Shame. Seker dood van die honger as ek so na sy fotos kyk. Was blakend gesond toe hy die stories uitgepak het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.