Agrizzi weer in gelykheidshof oor ‘haatspraak’

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Die saak teen Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die eertydse Bosasa, word Donderdag weer in die gelykheidshof in Randburg aangehoor.

Agrizzi word aangekla van diskriminasie en haatspraak nadat die Menseregtekommissie (MRK) klagte teen hom aanhangig gemaak het.

Die saak word in die Randburg-landdroshof aangehoor.

Die MRK het Agrizzi verkla ná sy getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, waar hy erken het dat hy rassistiese uitsprake gemaak het.

Agrizzi het openlik erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy herhaaldelik die k-woord gebruik om na sy oudkollegas Papa Leshabane en Johannes Gumede te verwys, aan die Zondo-kommissie van ondersoek voorgestel is. Die opname is vroeër ook op sosiale media versprei.

Agrizzi het in sy getuienis erken hy is ʼn rassis. “Ek is rassisties… oordeel my daarvoor… dis in die haak,” het Agrizzi toe gesê voor hy verskoning gevra het vir sy uitlating en gesê het hy is “verleë en skaam”.

Die MRK het vroeër gesê hy hoop die saak teen Agrizzi word buite die hof geskik.

Die kommissie eis ʼn bedrag van R200 000 by Agrizzi en wil hê dat hy ʼn sensitiwiteitskursus volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christa ·

As jy wit is mag jy nie rasisties wees nie. Andersins mag die hele nasie wittes slegsê Soos hulle Wil. Die wittes ken ook die Woord en Weet on the vergewe Waar die ander net Wil haat en verwoes en moor.

Ai. ·

En malema? En Andile? En Maasdorp en Zindzi?Of is hul te swart om rassisties te wees vir al hul rassistiese uitlatings teenoor blankes?

Diefie ·

Nou toe nou, nou betaal Agrizzi bietjie baie vir daai word. ‘ n Hele R 200 000! Maar dit is okay om geld in maatjie se bankrekening in te betaal wat nie eers jou eie is. En nog ‘n tas wat beslis nie klere in het nie ook vir ‘n maatjie plaatjie gegee. MMMM wat is nou reg in die prentjie? Ek wil ook ‘n tas hê vol met daai goed wat genoem word geld. ☺☺☺

jakes ·

Ek glo nie dat Agrizzy sal omgee om R200,000 te betaal vir iets waarin hy onwrikbaar glo nie. Ek sal ook nie omgee nie.

BMW ·

Daar is nie een mens op die aarde wat nie rasisties is nie, dit is in jou en onthou net Mense Kan rasisties wees.

Antoon ·

Gelukkig is ons probleme met dienslewering en infrastruktuur alles opgelos, so ons kan nou konsentreer op sulke belangrike issues. Ek is veral trots op ons kinders se oorheersing van die wiskunde kompetisies wereldwyd.

Johan ·

Ek dink Agrizzi het daardie woorde heel waarskynlik in uiterste frustrasie geuiter oor die betrokke mense se onbevoegdheid. Maar mense moet vandag skerp ingestel wees oor wat hulle sê. Daar is orals slim fone wat dinge opvang. Veral oor sensitiewe aangeleenthede

Bokkom ·

Dis nou waaroor daar ge”worry”/opgetree word. Wat van al die mense wat van korrupsie uitgewys is in die Zondo komm? Is enige iemand van hulle al vervolg? Dis net geld verduister – en nou wil hulle nog hê.

Johann cb ·

Ek hoop die feit dat hy fluitjieblaser is, word in ag geneem! As die man nie met alles vorendag gekom het nie, was ons land baie armer en minder wys!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.