Aktrise wat kom partytjie hou vir vyf jaar uit SA verban  

Ieva Andrejevaite

Die aktrise wat einde April sonder die regte visum in Suid-Afrika aangekom het, is intussen gedeporteer en mag vir die volgende vyf jaar nie weer Suid-Afrika besoek nie.

Ieva Andrejevaite, wat in Rusland gebore is maar in Litaue grootgeword en ʼn Litause paspoort het, is verlede Sondag gedeporteer. Sy is deur immigrasiebeamptes as ʼn “ongewenste persoon” verklaar en kan slegs weer in die land inkom indien sy vertoë vir oorweging by die departement van binnelandse sake ingedien het vir die opheffing van dié status.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het die departement intussen ook opdrag gegee om alle geld wat aan die staat verskuldig is as gevolg van Andrejevaite se valse aansoek terug te vorder.

“Ek is baie bly dat ons immigrasiebeamptes die wette van die land implementeer sonder vrees of guns. As ʼn land sal ons nie die misbruik van ons immigrasiewette deur enigiemand duld nie, en ons sal ook nie toelaat dat die integriteit van ons grense misbruik word nie,” het Motsoaledi gesê.

Andrejevaite het einde April sonder ʼn visum in ʼn private straler by die Kaapstad Internasionale Lughawe aangekom. Immigrasiebeamptes het haar toegang geweier. Sy het aangevoer dat sy na Suid-Afrika gereis het om aansoek te doen om asiel weens die oorlog in Oekraïne.

Volgens die departement was sy hande afgekap weens die land se asielsoekerswette en immigrasiebeamptes het haar in die land toegelaat sodat sy binne vyf dae om asiel kon aansoek doen. ʼn Asielsoekersvisum is aan haar uitgereik.

Andrejevaite het in geen stadium tydens haar verblyf in die land probeer om vir asiel aansoek te doen nie en het ʼn onwettige buitelander geword nadat die tydperk van vyf dae verstryk het.

Intussen is foto’s op sosiale media versprei van Andrejevaite wat die verjaardagpartytjie van die miljardêr Rob Hersov in Kaapstad bygewoon het.

Sy het later ʼn hofaansoek ingedien om haar paspoort terug te kry ten einde die land te verlaat. Die departement het die aansoek teengestaan en die leuens in haar beëdigde verklaring ontbloot.

“Nadat sy met die departement se opponerende dokumente beteken is, het Andrejevaite besef dat sy vir die immigrasiebeamptes en toe vir die hooggeregshof gelieg het en dat sy deur kriminele aanklagte in die gesig gestaar kan word.”

Die hof het op 2 Junie beveel dat Andrejevaite aan Suid-Afrikaners, Motsoaledi en sy departement om verskoning moet vra en die land moet verlaat.

Andrejevaite het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir enige verleentheid wat sy die land, die departement en sy amptenare veroorsaak het. Sy het gesê sy sal graag weer eendag Suid-Afrika wil besoek indien sy toegelaat sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Burgermeester ·

Maar wat van al die ander onwettige besoekers van Afika? Hulle word met ope arm verwelkom.

Sandra ·

Presies dieselfde ding gesit en dink. Nie besoekers nie, sommer blyers.

Hennie Biebouw ·

Reëls en wette is veronderstel om vir almal te geld. Vir die grens instromers maar ook vir die blonde aktrise van Litaue…..

Danny ·

Netso! Zim se geld is seker nie goed genoeg om nuus te haal met onwettige immigrante nie..

Henri ·

Maar intussen lê miljoene onwettige immigrante uit die noorde van Afrika op ons nekke en is ‘n veiligheidsrisiko vir Suid Afrikaners…

Cherokee ·

‘….sal look nie toelaat dat die integriteit van ons grense misbruik word nie.’ LOL

Hermien ·

Die wette van die land toepas sonder guns? Wat van die ander duisende buitelanders wat in Suid-Afrika is sonder enige permitte, waarom word hulle nie gedeporteer nie?

Nie Verbaas ·

Duidelik nie een oomblik gedink voordat hy dit kwytgeraak het nie.

Nie Verbaas ·

Hierdie uitlating moet die grap van die jaar wees. “Ek is baie bly dat ons immigrasiebeamptes die wette van die land implementeer sonder vrees of guns. As ʼn land sal ons nie die misbruik van ons immigrasiewette deur enigiemand duld nie, en ons sal ook nie toelaat dat die integriteit van ons grense misbruik word nie,” het Motsoaledi gesê. Veral die deel oor die integriteit van ons grense. Die man kan onmoontlik so aan die slaap wees.

Paul ·

Wat van die duisende Zimbabwiers wat al jare in die land is?

Wondermaarnet ·

Helfte van Somalië bly in SA en hoeveel van hulle is onwettig hier?

JohanR ·

Sal sy nou eintlik iets mis as sy vir 5 jaar nie die vrot ANC land mag besoek nie?

Di ·

Lyk my die WETTE geld net vir sekere mense! Kyk maar net na die miljoene Zimbabwiers, Nigerians en Mosambiekers wat onwettig hier plak! Ons praat nie eers van al die ANDER LANDE se mense wat ook in die land “ingesmokkel” is deur ons einste Binnelandse sake se “beamptes” nie. Maak eers julle eie korrpute Departement skoon dan sal dit beter gaan

MakersMark ·

Ha ha groot Meneer minister gaan Beit Brug grenspos toe ek kyk hoe stroom Zimbabwe se burger sonder enige dokumente of beheer oor die grens. Maar julle “forseer die landswette” af deur een persoon te deporteer wat nie hier kom plak nie. Wat ‘n grap…..

MrMagic ·

Ek reken Dr. Aaron Motsoaledi sal groter skares lok en baie meer geld as Trevor Noah maak deur die vermaakliksheids-wêreld te betree.

Cornel ·

Next time just walk into the country like the million of other illegal African immigrants.
And while you are at it ,apply for sassa ,i bet you you will get it ,what a joke ????

Willem ·

“Sonder vrees of guns”? Die hele land is oorspoel van swartes wat onwettig hier rondloop maar hulle kan hierdie meisietjie hier uitsmyt met groot fanfare. Net vir een rede: sy is wit.

TRP ·

Sy moes deur die Zimbabwe grens gekom het, dan het sy nou al ‘n werk gehad.

Swerwer ·

Belaglik, hierdie is ‘n “met opset” geval. Net jammer al die ander 1000de wat boendoe geweld aanhits deur hul ongenooide teenwoordigheid word niks aan gedoen nie.

Herman L ·

Kan die minister bevestig of die volgende ook vir ons grense met Zimbabwe, Eswatini en Lesotho geld?
“As ʼn land sal ons nie die misbruik van ons immigrasiewette deur enigiemand duld nie, en ons sal ook nie toelaat dat die integriteit van ons grense misbruik word nie,” het Motsoaledi gesê.”

SjN ·

Dubbele standaarde, wat van al die onwettige immigrante, haar gelaatskleur bepaal seker die reels en optrede?

Catherina ·

Hoeveel miljoene onwettige immigrante in RSA, maar n groot gedoente oor sekeres. Dink ook aan dié v Oekraine wat probeer inkom…no luck??

Kokerboom ·

Nadeel vir haar was sy het ‘n ID, adres, werk ,het openlik gereis en haar pigment is verkeerd!! Keur egter NIE goed wat sy gedoen het!!

Tokkel ·

Wat van al die Zim/Nigeriers etc. wat nog verniet hospitale gebruik ook. Wanneer kry hulle boetes wat ons land lam lê? Hier is meer afrika land se mense in SA as ons eie mense, sonder dat hulle hier hoort.
Demand dan nog ook vir huise etc. Regverdigheid sal welkom wees in SA!!

Christelle ·

Wil immegrasie nie hul werk by die grensposte ook doen nie. Dit is 1 persoon, wat van die hordes wat daagliks onwettig inkom en ons misdaad syfers die hoogtes in stuur?
Dit blyk of hulle ook maar net maklike teikens soek.

Kirst ·

Sy het nie die nodige visum gehad nie, en het nou nie juis onopsigtelik hier aangekom nie. Toe lieg sy en word uitgevang, want sy het nie die leuen opgevolg met die nodige papierwerk nie. Nee wat, om te beweer dis omdat sy wit is, is belaglik. As sy deur die stukkende grensheining gekruip het in die nag en dan net aangegaan het maar haar aksies, sou sy daarmee weggekom het net soos al die Zimbos.

Samuel ·

Integriteit van ons landsgrense? Wat ‘n grap. Daagliks kom onwettige immigrante oor ons poreuse landsgrense. As sy een van our people was, sou geen haan daarna gekraai het nie.

Perdeby ·

En al die verbode immigrante van julle buurlande, word hulle ook vir 5 jaar verban uit die land?? Vra maar net?

Elize ·

“Ek is baie bly dat ons immigrasiebeamptes die wette van die land implementeer sonder vrees of guns. As ʼn land sal ons nie die misbruik van ons immigrasiewette deur enigiemand duld nie, en ons sal ook nie toelaat dat die integriteit van ons grense misbruik word nie,” het Motsoaledi gesê.
Wat se bog raak hy kwyt? Ons word lamgele deur onwettiges van oraloor.

Jr ·

No big deal. Wie wil hierdie plek besoek anyway. Being white makes her a priority illegal. OTHERS????? fellow Africans – no problem

Jacobus ·

Sal jy help tronke bou vir al die miljoene onwettige Zimbabwers en Mosambiekers om net n paar te noem wat onwettig in die land is????

Kortbroek en plakkies ·

Ek wonder of die Guptas se besoekers wat op Waterkloof geland het dieselfde behandeling gekry het. Ons regering is mos so regverdig teenoor alle mense. Of nie??

anniekiewiet ·

Presies my gedagte ook. Ek ken nie die miljardêr wie se partytjie sy kom bywoon het nie, maar as hy iets wou gee, was als dalk reg gekoop.

piet ·

Ja daar is onwettiges in die land maar hierdie een is uitgevang so sy kry wat sy gesoek het. Kan bly wees sy is net berispe deur die hof.

Korrelkop ·

Siestog! Glo darem nie sy gaan veel slaap oor hierdie saak verloor nie…

Louise ·

Ag dis mos niks, die immigrante word sommer toegelaat om TE staak oor hulle nie al die voordele het wat wettig SA afrikaners het nie. Lekker man Lekker

Fran ·

Wat ‘n grap! Ander loop oor ons grense in duisende en onwettig en wat word aan hulle gedoen? ANC gemors.

fs ·

so nou meneer die minister – wanneer begin dieselfde immigrasie wette tel by die land se grense waar ons buurlande se burgers net instroom sonder enige beheer.. ONS LAND se wette moet ook daar geld nie waar nie… maar die kleur van die oortreders tel seker in hul guns

Dries ·

Watse skade sou so n mooi meisie hier kon aanrig. Vang liewer die duisende wat oorgrens stroom

Bernadette ·

Ek kan nie… Hoeveel onwettige outjies is in SA? En ons bekommer ons oor één internasionale aktrise wat ten minse geld het om vir haarself te betaal?
Ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.