Al minder geld vir Wes-Kaapse polisie

Argieffoto (Foto: SAPS)

Sedert die 2018/19- finansiële jaar het 84% van polisiestasies in die Wes-Kaap ʼn kleiner begroting ontvang vir hul sigbare polisiëring. Dit is onthul in ʼn reaksie op ʼn parlementêre vraag van die DA.

“Die totale begroting vir ons provinsie het gevolglik afgeneem van R312 717 600 tot R299 856 000 – ʼn vermindering van meer as 4%,” sê Gillion Bosman, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid.

“Dit lyk dalk soos ʼn marginale vermindering, maar hierdie bedrag hou nie rekening met inflasieverhogings nie – teen ʼn gemiddeld van 4,12% tussen 2018 en 2021. As die nasionale regering hierdie veranderinge in berekening gebring het en die begroting daarvolgens aangepas het, sou die begroting vanjaar op R367 526 756 gestaan het.”

Dit beteken dat die begroting vir sigbare polisiëring by polisiestasies in die Wes-Kaap met meer as 23% die afgelope vyf finansiële jare verminder is.

Bosman sê sigbare polisiëring is ʼn sentrale pilaar in die SAPD se dienslewering, omdat dit misdaad ontmoedig deur proaktiewe en verantwoordelike polisiëring.

“Deur hierdie begroting nie voldoende aan te pas nie, beteken dit dat ons mans en vroue in blou nie ons gemeenskappe veilig kan hou nie. Ons is uiters bekommerd oor dié situasie. Ons is terdeë bewus van die finansiële druk op ons land, maar om ons polisiediens nog meer onbekwaam te maak te midde van stygende misdaadvlakke, is onverantwoordelik teenoor ons gemeenskappe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Presies wat die ANC anargiste wil doen. Ontneem die polisie van enige kans om wetgewing toe te pas.

Gert ·

So speel Sorros sy een pion teen die ander om ons besig te hou terwyl die afgrond sigbaar is vir die wat nie blind is nie.

Harley Davidson ·

Ondersteun die stig af projek en dwing die regering om dmv ‘n referendum af te stig van die piesang Republiek en sodoende kan die weskaap ‘n regte polisie mag op die been bring wat wet en orde kan handhaaf.

Andries ·

Die ANC wil hê die DA moet skipbreuk ly in die enigste DA provinsie.

Nicholaas ·

Dit n taktiek van die anc om wes kaap te laat verval en sodoende hul kloue weer op die wes kaap te kry.

Christine ·

Welkom Weskaap tot die res van SA waar polisie nie bestaan vir iets anders as papierwerk wat hulle dan ook laat wegraak. In Gauteng doen privaat sekuriteit maatskappye die polisie se werk. Daai manne is wonderlik, ken hul plig, doen dit met durf en daad. Ek salueer hulle.

christo ·

Kieswetter sê meer belasting ingewin as geprojekteer. In wie se korrupte sakke beland die addisionele geld? Ons betaal reeds belasting sodat daardie dienste gelewer word. Korrupsie begin van die hoogste vlak. En die ander is dus ook immuun teen vervolging.

Papsak ·

Dit is al wat die korrupte anc wil en kan doen alles breek en tot niet laat gaan raak ontslae van anc

Ettienne ·

Maar natuurlik gaan die begroting gesny word. Sodoende met ‘n “verskoning” dat misdaad nie beheer word nie, in die Wes-Kaap, roep die ANC neotribalists ‘n noodtoestand af in die Wes-Kaap en plaas dit onder die sentrale beheer van die Nasionale Regering …tog duidelik dat dit die strategie is… Viva Republiek Wes-Kaap!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.