Alle leerders in die Wes-Kaap geplaas

Argieffoto. (Foto: Elaine Krige)

Die Wes-Kaapse departement van onderwys het Dinsdag bevestig dat alle leerders geplaas is ná ʼn sessie deur Equal Education Law Centre (EELC) oor skooltoelatings in die provinsie.

“Alhoewel die departement gereeld e-posse ontvang oor nuwe aansoekers wat graag geplaas wil word, sal ons verdere besonderhede van die EELC versoek oor dié leerders wat met hulle kontak gemaak het,” sê Deidré Baartman, die DA se provinsiale woordvoerder oor onderwys. “ʼn Benadering is nodig waar die hele samelewing in ag geneem word, sodat ons hulle kan help om gehalte onderrig te kry in ons provinsie en indien daar enige leerders is wat nog nie geplaas is nie, word dié inligting dringend versoek sodat die departement bystand kan lewer.”

Baartman sê die toelating van leerders verg omvattende administratiewe en finansiële beplanning soos dat leerders betyds in hul onderskeie skole geplaas moet word. “Elke jaar beleef die Wes-Kaap egter ʼn voortgesette neiging van laataansoeke. Teen die middel van Maart vanjaar het die departement meer as 70 000 laataansoeke ontvang, wat vererger word deur die jaarlikse migrasie van sowat 18 000 leerders na die Wes-Kaap van die res van die land.”

Baartman sê die departement maak dus die aansoekproses reeds vroeg in die jaar beskikbaar en het tydelike lessenaars in verskeie winkelsentrums opgerig om die ouers te help om voor die sperdatum aansoek te doen.

“Dié bystand word ook aangebied by alle distrikskantore vir diegene wat buite die metro woon. Die aanlyn aansoekproses is boonop gratis vir gebruik.”

Baartman sê die DA hoop dat die departement dié tydelike lessenaars in openbare ruimtes sal vermeerder en met regeringsinstansies, soos biblioteke en Thusong-sentrums sal saamwerk vir die volgende jaar, sodat toegang tot die aanlyn platform selfs verder verhoog kan word.

“Nog meer belangrik is dat groter kapasiteit nodig is om die toenemende getal kinders te kan akkommodeer. Dit is hoekom die departement sy infrastruktuur-ontwikkelingsprogram tot meer as R2,5 miljard verhoog – ʼn verstommende verhoging van byna 50%, ʼn teken van ʼn regering wat omgee.”

Die departement benadruk die belangrikheid van ouers wat graag appèl wil aanteken om die minister se kantoor te kontak:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

NWT ·

Ek wil net weet hoekom dit die wkod se skuld is as leerders nie geplaas is. Daar is ouers wat bloot net nalatig is. N goeie voorbeeld. Twee weke lig n kollega my in honderde skole is ingelig van die name van graad 7 leerders vir wie daar nog nie aansoek gedoen is nie vir graad 8 volgende jaar. Laat ek dit duidelik stel. Skole se administratiewe klerke het naweke en na ure gewerk om ouers te help met hul aansoeke vir hul kinders. Nou in 2023 kom hierdie honderde ouers wie se ouers nie aansoeke gedoen het nie , voor skole betoog vir plek vir hul leerders. Dan kry skole en die wkod die skole vir hulle nalatigheid. Aansoek doen is mos gratis. Dit kos net n klein bietjie moeite en min tyd. Maar nee sekere ouers wil mos net alles ontvang.

Frank John ·

As ‘n leerling eers in May geplaas word wat al in January al moes begin onderrig kry, waneer vang hy op?

christo ·

Meer as wat Lesufi kan sê. Al die ‘ Inkommers ‘ van ander provinsies en húlle laat aansoeke veroorsaak die chaos. Nie dat die wonderlike nasionale regering ekstra fondse beskikbaar sal stel vir die laatslapers en werksoekers uit die Oos-Kaap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.