Amalia-boer op Oukersdag doodgeskiet

(Argieffoto)

Die polisie in Noordwes is steeds op soek na die persoon wat ʼn boer van dié provinsie op Oukersdag doodgeskiet en sy vrou aangeval het.

Coen van der Walt en sy vrou, Linda, is in hul plaashuis buite Amalia oorval pas nadat hulle van Schweizer-Reneke af teruggekeer het waar hulle inkopies gedoen het.

Volgens die polisie het Coen en Linda ʼn verdagte in hul huis aangetref.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagte het geld van die egpaar geëis.

Volgens die egpaar se seun, Etienne van der Walt, is sy pa met sy eie vuurwapen doodgeskiet. Dit is in hierdie stadium onduidelik hoe die aanvaller Coen se vuurwapen in die hande gekry het.

“Hy [die verdagte] het toe van die toneel gevlug met die slagoffer se voertuig, twee selfone, ʼn onbekende bedrag geld en ʼn vuurwapen,” sê Funani.

Coen se voertuig is later verlate in die Ipelegeng- informele nedersetting buite Schweizer-Reneke gevind.

Volgens Funani is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.