Amcu ís ʼn ‘ware vakbond’, sê Mathunjwa

Amcu-president Joseph Mathunjwa (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Amcu-president, Joseph Mathunjwa, het Vrydag die departement van arbeid se besluit om die mynwerkersvakbond Amcu by die departement te deregistreer as ’n “politieke aanval” bestempel.

“Dit is ’n politieke aanval op Amcu omdat hy ’n ware vakbond is. Dit is baie duidelik dat daar ’n doelbewuste poging is om Amcu te vernietig,” het Mathunjwa gesê.

“Ons vind dit vreemd dat die staat so hard op ons is en [terselfdetyd] so sag op mynhuise is wat nie aan die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne en die Mynbouhandves voldoen nie. Mynhuise is 10 jaar gegee om aan regulasies te voldoen, maar Amcu moet gederegistreer  word.”

Dít volg nadat Daniel Molefe, registrateur van arbeidsverhoudinge, vroeër die week ʼn kennisgewing van sy voorneme om die vakbond te deregistreer in die Staatskoerant gepubliseer het.

In die kennisgewing voer Molefe aan dat die vakbond opgehou het om ingevolge sy eie grondwet te funksioneer en nie ʼn ware vakbond is soos in die Arbeidswet omskryf word nie.

“Alle belanghebbende partye word hiermee genooi om geskrewe voorleggings te doen oor hoekom die deregistrasie nie moet plaasvind nie,” lui die kennisgewing. Amcu het 60 dae om dié redes vir oorweging by die departement in te dien.

Mathunjwa hou egter voet by stuk dat Amcu ʼn ware vakbond is wat aan die Wet op Arbeidsverhoudinge voldoen en elke jaar sy finansiële state voorlê.

Mathunjwa beskuldig Molefe daarvan dat hy by Amcu se interne sake inmeng.

“Ander ‘liefling’ vakbonde soos die Cosatu-geaffilieerde CEPPWAWU  is nie gederegistreer toe hy hom skuldig gemaak het aan ernstige oortreding van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie, maar hulle verkies om eerder op Amcu te fokus.”

Mathunjwa het gesê Amcu se grondwet vereis dat dié vakbond elke vyf jaar ’n nasionale kongres hou.

Hy voer aan die vakbond het verlede jaar gevra vir ’n grasietydperk van ses maande om voor te berei om die kongres volgende maand te hou weens die groot aantal takke en streke wat gevorm word asook die vyf maande lange staking by Sibanye.

Mathunjwa het gesê Amcu sal volgende week in Dinsdag met die registrateur vergader met die hoop dat hy rede sal verstaan sodat die vakbond kan voortgaan om vir sy komende kongres voor te berei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Comrade Commander in chief ·

In n piesangrepubliek is enige vakbond n ware vakbond!

Hans ·

Dit moes al l-a-n-k-a-l gebeur het ….. kry vir jou ou grote!

Stebastiaan ·

Dit is net jammer dat al die vakbonde wat so staaknie kan besef dat hulle die werklike oorsaak van aflegings is en sodoende werkloosheid bevorder. Dit is ook een van die hoofredes hoekom buitelandse beleggings opgedroog het. En nog luister hulle nie?????

Sarel ·

Die grap is dat Amcu is nie die enigste ” radikale” vakbond nie. Hulle is egter nie deel van die Politieke Aliansie nie.

willem Botha ·

Hy sal so sê die lede het hom super ryk gemaak maar ek hoop hy en sy militante unie is op pad uit.

Boerboel ·

Kry vir jou. Jy was die oorsaak van Marikana en dat baie myne nou op die rand van bangkrotskap is. Dis tyd om te gaan. Ek dink hier kom n’ ding. Hy gaan dit nie sommer net so aanvaar nie. Ek dink EFF gaan hier betrokke rank. Hou die spasie dop,

Johan ·

As ‘n stakings-sindikaat ‘n vakbond is, is AMCU beslis ‘n vakbond. Baie meer staak, baie minder werk en baie hoër salaris is blykbaar hulle denkwyse. Die doelpale word deurlopend geskuif… Ongeag wat dit aan die land se ekonomie doen.

John ·

… sodra iemand ‘n besigheid begin, mense in diens neem wat nogal vir die poste aansoek doen… eintlik afsmeek weens ooraanbod… en vir die werkers ‘n salaris betaal, sluip die afpersers nader en dan word die uniebase die werkgewers wat opdragte aan die eintlike bestuur gee… eintlik afdwing… terwyl die bestuur die werkers en die unie moet betaal. Waarom betaal die unies nie die werkers nie in plaas van die maatskappybestuur via die werkers. Hierdie uniebaas is niemand, sonder die maatskappye en die werkers se bydraes nie… Niemand! Maar kyk die arrogansie.

Johanna Botha ·

Agv amcu is baie werksgeleenthede weg want wie wil nou heeltyd met so n miletante groep onderhandel …instede van help werk skep het die lede hulle werk verloor en het die vakbond base lekker geldtjie gevat van die dom lede.

Herman Schwarzer ·

Die land sal baat met minder stakings by die myne.

fred ·

hulle almal baklei om hulle lekker job te behou…..verniel die ekonomie of wat nog oorbly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.