Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn Amerikaanse vrou se lyk in ʼn hotel in Kampsbaai gevind is.
Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê hulle is Woensdag omstreeks 15:00 oor die voorval in Chilworthweg ingelig. Die slagoffer was ʼn 39-jarige vrou. Volgens Rwexana is ʼn 41-jarige verdagte dieselfde dag in hegtenis geneem. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
EWN berig die oorledene was ʼn Amerikaanse toeris. Daar word intussen ook aangevoer dat die verdagte ook ’n buitelander is. Rwexana wou egter geen bewerings bevestig nie. “Die ondersoek is in ʼn baie sensitiewe stadium en ons kan nie verder uitbrei oor die saak nie.”
Wys vir die wêreld SA se karakter ja. Skrik toeriste af en skaad die ekonomie tot waar dit was toe Jan hier gekom het.
Die verdagte is ookl n buitelander. Lees die artikel weer.
Ja, seker ‘n asielsoeker van iewers uit Afrika.