Dit vereis nogal vaardigheid om op ʼn branderplank te bly, maar om boonop verskillende toertjies op die branderplank uit te oefen op iemand ander se skouers is nog ʼn groter uitdaging!
Lees meerAlles vir Vrydag 31 Julie 2015
Plaasgesin gewaarsku om vlugtelinge uit te sit
ʼn Gesin van KwaZulu-Natal wat skuiling gebied het aan 146 vlugtelinge op hul plaas in Cato Ridge het ʼn waarskuwing van die plaaslike polisie ontvang om binnekort met ʼn proses van uitsetting te begin.
[Video] JMPD-beampte by Jhb-sentrum doodgeskiet
Skokkende kringtelevisiebeeldmateriaal het Vrydag aan die lig gekom van ʼn gewapende roof waartydens ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte by Junction Mall in Rosettenville doodgeskiet is.
Motorfietsryer sterf in Tzaneen-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is Vrydag op die R36 Lydenburg-pad, ongeveer 7 km buite Tzaneen, oorlede in ʼn ongeluk.
Man in hof wat glo identiteitskaarte verkoop
ʼn Man het Vrydag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van bedrog nadat hy glo onwettig identiteitskaarte verkoop het.
ToekomsVenster: Taal wat bemagtig
Ons het almal êrens invloed in vriendekringe of in ons werksomgewings. Dit is by uitstek geleenthede om deur positiewe opbouende taal die hele atmosfeer om te draai. Wees ‘n motiveringspreker in jou eie omgewing!
Leser sê: Ope brief aan voorsitter van NWU-raad
Dit is my ervaring dat die Potchefstroom-kampus ʼn omgeekampus is en ʼn kampus waar daar ʼn algemene vriendelikheid onder studente heers.
Verligting vir motoriste
Die departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag sal daal
Aros kry nuwe uitvoerende hoof
Aros se nuwe uitvoerende hoof, Niclaas Roets, is op 22 Julie 2015 ingehuldig.
Verkoolde liggaam in gesteelde motor gevind
ʼn Liggaam wat in ʼn gebrande motor in Durban gevind is, hou nie verband met die eienaars van die motor wat dit in 2014 as gesteel aangemeld het nie, het die polisie Vrydag gesê.
Leier steeds agter tralies ná hy sê ‘maak boosdoeners dood’
Andile Lili, leier van die Ses’Khona-beweging, bly in aanhouding nadat hy glo vandeesweek in Kaapstad gesê het dat boosdoeners vermoor moet word.
In memoriam: Stephen Ellis
Dit is hoe ek hom sal onthou: die lang man met die helder oë, die forse en kritiese blik van ’n historikus, die energieke deelname aan besprekings. Hy het onverpoos gesoek na die historiese feite, maar selde sonder ’n kwinkslag iewers daarby.
Man eis miljoene nadat wagte hom glo met ‘rower’ verwar
Brian Barnard se nefie moes die volgende dag ʼn stuk van sy neus in die parkeerterrein van die kuierplek gaan optel.
Lewenslange jagpermit vir ses maande oue baba
ʼn Lewenslange jag- en visvangpermit is sopas kragtens ʼn nuwe program aan Daylen Brickley, ʼn ses maande oue babatjie van New Hampshire in die VSA uitgereik.
Boek: Labarint
Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede. Dit besluit skilder Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ‘n besending skilderye vernietig word. Maar om die verlede te trotseer op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het, is egter nie so maklik nie, en met die hede vaar Vast nie veel beter nie.
Jakkie Louw sing vir die Springbokke
Jakkie Louw se nuwe enkelsnit “Van toeka tot nou” is pas uitgereik, en hierin sing hy van Springbok-rugby in ‘n tyd voordat geld en politiek ‘n rol begin speel het en toe manne soos Danie Gerber, Mannetjies Roux en Frik du Preez volkshelde was.
[Video] 1 000 musikante speel tesame
Die video is binne 24 uur reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
N3 naby Estcourt gesluit
Die N3 naby Estcourt in KwaZulu-Natal is Vrydag gesluit weens diesel wat op die hoofweg gemors is.
Sakeman wat glo vrou vermoor vas vir nóg ʼn moord
Rameez Patel (28), die sakeman van Polokwane wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Fatima, in April vermoor het, is Vrydag weens nóg ʼn moordaanklag in hegtenis geneem.
Mej. Doof SA: Meer as ’n mooi gesig
Sy sê Mej. Doof SA moet nie net ʼn mooi gesig wees nie, maar ook ʼn ambassadeur vir die dowe gemeenskap. Sy moet die horendes kan leer van al die probleme waarmee dowes te kampe het.