Plaasgesin gewaarsku om vlugtelinge uit te sit

Andrew Wartnaby en sy vrou, Rae, eienaars van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal Foto: MSF

Andrew Wartnaby en sy vrou, Rae, eienaars van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal Foto: MSF

ʼn Gesin van KwaZulu-Natal wat skuiling gebied het aan 146 vlugtelinge op hul plaas in Cato Ridge het ʼn waarskuwing van die plaaslike polisie ontvang om binnekort met ʼn proses van uitsetting te begin.

“Tydens die laaste vergadering het hulle ons tot 6 September kans gegun om almal van die plaas af te kry, of hulle gaan ons aankla dat ons munisipale verordeninge oortree,” het Andrew Wartnaby, eienaar van die plaas, gesê. “Hulle het nie presies gesê watter verordeninge ons oortree nie.”

Wartnaby en sy vrou Rae het vroeg in Julie hul plaas beskikbaar gestel aan vlugtelinge nadat die laaste skuiling, wat tydens April se xenofobiese geweld aan hulle beskikbaar gestel is, deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesluit is. Sonder ʼn heenkome, moes die vlugtelinge twee aande buite slaap. Toe hulle egter op Vrydagoggend 3 Julie wakker word, het die polisie al die volwassenes in die groep bymekaar gemaak en in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing en oortreding.

Rae Wartnaby van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal saam met van die vlugtelinge se kinders Foto: MSF

Rae Wartnaby van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal saam met van die vlugtelinge se kinders Foto: MSF

“Die polisie het die mense en hul kinders van mekaar geskei, en hul enigste oortreding was dat hulle nie ʼn heenkome gehad het nie,” het Wartnaby bygevoeg.

Die ouers en kinders was die naweek lank van mekaar geskei en die volwasse vlugtelinge is eers vrygelaat nadat die Wartnabys hulle plaas, Hope Farm, beskikbaar gestel het as ʼn vaste adres en ʼn plek van veiligheid.

“Wanneer mense my vra waarom ons gedoen het wat ons gedoen het, is my antwoord, ‘hoe kon ons nié?” het hy gesê.

Die 146 vlugtelinge bly almal op die plaas en word versorg deur die Wartnabys, hul familie, vriende, bure en die Anti-Xenophobia Coalition.

“Selfs die geweerswaaiende boer wat verder in die pad af bly, het in die eerste week by ons stilgehou en sy goedkeuring gegee. Hy het aangebied dat ons van sy hoenders kan koop om ons gaste iets te ete te kan gee,” het Rae gesê.

Lede-organisasies van die koalisie, Dokters sonder grense (MSF) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Kerke verskaf ook kos, klere en mediese sorg.

Volgens MSF het van die munisipale beamptes egter hul misnoeë uitgespreek oor die dienste wat deur die koalisie gelewer word.

Met die sperdatum wat nou naderkom, doen die koalisie ʼn beroep op Suid-Afrikaanse owerhede om nie verder te dreig met enige regstappe nie, totdat “alle sake vriendskaplik opgelos is deur alle betrokkenes”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

George ·

Filantropie vererger ‘n probleem in plaas van die probleem op te los.

Johann Marx ·

Weereens verstaan ek nie. Waarom “vlug” hierdie vlugtelinge na Suid Afrika toe? Wat is fout in hulle lande van herkoms? Behoort dit nie paradys daar te wees nie? Geen apartheid, kolonialisme, imperialisme, onderdrukking, wit oorheersing of kapitalisme nie. Dit behoort mos nou daar baie beter te wees as in haatlike Suid Afrika met sy apartheidsgeskiedenis? Ons is in baie opsigte die argitekte van ons eie ondergang…..

Carl ·

Ek wonder of die SAPS so paraat sal wees om ‘n groep onwettige plakkers van ‘n boer se plaas te verwyder. As die plakkers SA burgers met stem reg is.

Hentie ·

Dit is ‘n “catch-22” situasie. Wat die 2 kommentare reeds gelewer het, is waar. Maar nou IS daar ook ander lewens, volwassenes en kinders, wat nie altyd vir hulself kan dink en aan die gevolge van hul optredes nie – wat in ‘n noodsituasie verkeer. As Christen, stem ek, MOET hul gehelp word, al is dit tydelik. Soos die artikel sê, word daar aan oplossings gewerk. Dus is dit nie permanent nie. Gee die eienaars van die plaas dan genoegsame tyd om die planne reeds besig mee, tot uitvoer te bring. Ek haal my hoed vir die grondeienaar en sy vrou af, want dit eis sekerlik GROOT opoffering van hul kant af, en hul wil sekerlik OOK nie vir ewig na die mense moet omsien nie………. Hul optrede is ‘n voorbeeld van werklike naasteliefde. Op hierdie skaal, sit dit nie in elkeen se broek nie, en vra ‘n besondere liefde vir jou medemens.

Johann Marx ·

Dis presies wat Pastoor Paul Verryn ontdek het toe hy die Metodiste Kerk oop gestel het vir slagoffers van xenofobiese aanvalle. 3000+ siele het opgedaag, en net nooit weer vertrek nie. As jy jou plaas oop stel vir vlugtelinge sal hulle vir ewig daar plak….Dan moet jy begin om hulle te motiveer om te vertrek…en net daar verloor jy die stryd…EN jou plaas.

Berhalet Beukes ·

Nou toe nou, as plakkerskampe oral opskiet soos sampioene, word hulle tóg maar gelos. Wanneer iemand tydelik vlugtelinge op hulle eie, privaat eiendom akkommodeeris daar herrie. Sou hulle so vinnig en effektief intree as Suid-Afrikaanse plakkers onwettig geplak het? O ek het vergeet,ons bbloedjies is agtergeblewe en kan maak nes hulle wil maar o wee as buitelanders ‘n heenkome soek. Dis dalk nie ‘n gepaste oplossing vir die vlugtelinge nie maar ek het respek vir die plaas eienaars se poging. Dat blankes nou so ‘n voorbeeld stel. D

Martin ·

Waarom help niemand die blankes wat in plakkerskampe is sonder kos en heenkome nie?

Johann Marx ·

Martin, het JY al prober om blankes wat in plakkerskampe te sit sonder kos en heenkome te help? Ek het gedink ek sou ‘n paar van die mans daar ‘n kans bied om ‘n eerlike dag se loon vir ‘n eerlike dag se werk te verdien (deur ‘n skoolsaal se vloer af te skuur). Hulle het na my voertuig toe aangestap gekom, gekyk wat daar is om te aas…..en toe daar niks is nie, omgedraai en weggestap. Hulle WIL NIE gehelp word nie….hulle wil daar sit en krepeer, en wag vir aalmoese.

Elfie ·

Johan Marx ek stem ABSOLUUT saam. Sunet Bridges, met haar beste bedoelings ter wêreld, het dit ook te laat agtergekom. Hulle wil alles verniet hê maar die oomblik wat hul gevra word om darem IETS te doen vir hul gratis verblyf dan is jy skielik ‘n wreedaard en laer as slangbollie. God only helps those who help themselves is wat ek sê. Dis te maklik om te bedel en op ander te teer, hoekom SAL party dan wil werk?

Stefaans ·

Dit is prysenswaardig om samaritaan te speel, hopelik word jy dan nie beroof of vermoor nie. Maar wat van die bure – hulle gaan besteel en geplunder word.

Bart ·

Die twee moet maar vir hulle kry, geen goeie daad gaan ooit ongestraf nie…veral nie in die tipe geval nie.

Berhalet Beukes ·

En met die maat waarmee mense oordeel gaan hulle geoordeel word. Of hoe?

CHRISTA ·

Dis net jammer die polisie was nie so gou op die spoor van die Afrika-leiers wat vir misdaad teen hulle mense wêreldwyd gesoek word nie. Hulle kon selfs van ons lugdiens gebruik maak om te vlug!!! WAT ‘N GRAP (OF MOET EK LIEWER SÊ SKANDE!!!)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.