Yolande van der Westhuizen, oudioloog en stigter van Captain Hear’O, vertel meer oor die noodsaaklikheid van gehoorsiftingstoetse.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "gehoorgestremd"
Weldaad bewys aan gebaretaaltolk
‘Good Morning Angels’ het R30 000 aan ʼn emosionele Du Toit geskenk op hul roerende tranetrekker-insetsel.
Organisasies beklemtoon gehoorbeskerming
“Vir ons by Helpende Hand is voorkoming belangrik, veral as dit kom by gehoorgestremdhede. Daarom het die tak, in samewerking met die Oorinstituut, vir Sol-Tech-studente en -personeel die inligtingsdag aangebied.”
Ondersteuning vir ouers met ’n dowe kind
Behalwe vir hulp bied hierdie ondersteuningsgroepe hoofsaaklik net ʼn klankbord vir die ouers waar hulle hul bekommernisse, struikelblokke en mylpale kan deel.
Verskillende skole beskikbaar vir dowe kinders
Die sleutel tot sukses vir jou kind met gehoorverlies, ongeag in watter skool hy of sy is, is die ouers se toewyding en betrokkenheid. As ouer moet jy aktief deelneem in jou kind se onderrig.
Hoe gemaak met my dowe kind se taalvaardigheid?
Verder het meer gespesialiseerde studies gewys dowe kinders met kogleêre inplantings wie se eerste taal ’n gebaretaal is, vaar veel beter in geletterdheidstake as dowe kinders met kogleêre inplantings wie se enigste taal ’n gesproke taal is. Die studies se resultate wys weer vir ons hoe belangrik dit is om so gou as moontlik taal beskikbaar te maak aan kinders met gehoorverlies.
Helpende Hand help mense om weer te hoor
“Ons wil graag iets aan die gemeenskap teruggee. Gehoor is ʼn gawe waarsonder die lewe verskriklik eensaam kan word.”
Helpende Hand stig tak vir gehoorgestremdes
“Ons droom groot van baie projekte, baie studiefondse, opleiding van tolke en om baie mense te help. Hierdie tak is nuut en enig in sy soort. Hierdie tak is vir ons ontsettend belangrik – as dit floreer, maak dit deure vir nog takke soos dié oop.”
Ouma hoop om binnekort haar kleinkinders se stemme te kan hoor
Potgieter het in 1984 reeds haar gehoor verloor.
Doofgebore tweeling kan op 21 uiteindelik hoor
“Shanice kon onmiddellik mooi hoor. Sy het net gesê: ‘Sjoe, dit is wonderlik.’ Sy was oorstelp met emosies. Melissa kon nie onmiddellik dieselfde frekwensies hoor nie, maar die dokters het mooi verduidelik dat dié inplantings ʼn proses is.”
Helpende Hand wil mense die kans gee om weer te kan hoor
Solidariteit Helpende Hand wil saam met Impact Hearing vanjaar weer 25 bejaardes se lewensgehalte verbeter deur hulle van gehoorapparate te voorsien.
[Foto’s] Mnr., Mej. en Mev. Doof SA: ʼn Hart vir die gemeenskap
“Die enigste verskil tussen dié kompetisie en soortgelyke kompetisies is dat ons deelnemers nie kan hoor nie. Dit verander egter niks nie; hulle is steeds mense wat ʼn verskil in die samelewing kan maak en dit verdien om ʼn kroon te dra.”
13 sal kan hoor danksy Mandeladag-projek
Die Stigting vir kinders met gehoorverlies in Suid-Afrika gaan as deel van dié organisasie se Mandeladag-projek 13 mense, onder wie kinders en volwassenes, se operasies vir kogleêre inplantings betaal.
[Video] Trane vloei toe bejaarde ná jare weer kan hoor
“Nou kan ek vanaand 7de Laan luister,” sê Magdalena Ludick (73) nadat sy ʼn gehoorapparaat ontvang het en weer vir die eerste keer in jare kan hoor.
Kaapse koffiewinkel om dowes te ondersteun
Die Moederstad het Dinsdag die deure van nóg ʼn koffiewinkel geopen, wat dié keer wil sorg vir werkskepping vir dowes.
[Video] Jy kan voluit leef, meen dowe studente
Dis baie duidelik dat Markus en David nog baie gaan bereik, want daar is ʼn brandende begeerte om sukses te behaal.
Dowe vrou deel Woordfees-ervaring
Stephanie Lotz, die dowe ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, sê haar onlangse bywoning van die US Woordfees het haar honger gelaat vir meer en die behoefte van die dowe en doofblinde-gemeenskappe om inklusief te wees weer na vore gebring.
[Video] Helpende Hand bring die vreugde van gehoor terug
Veertig bejaardes se lewens is drasties verander danksy Solidariteit Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moet gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hulle apparate gekry.
Mej. Doof SA: Meer as ’n mooi gesig
Sy sê Mej. Doof SA moet nie net ʼn mooi gesig wees nie, maar ook ʼn ambassadeur vir die dowe gemeenskap. Sy moet die horendes kan leer van al die probleme waarmee dowes te kampe het.
Teater- en musiekoptredes nou ook vir dowes
Die organisasie Jazz Hands is verlede jaar gevestig vir die doel om teaterproduksies en ander regstreekse optredes meer toeganklik vir die dowe gemeenskap te maak.