Amper-bruidegom sterf maande ná plaasaanval

Johan van Wyk en Hanli Barnard (Foto: Facebook)

Johan van Wyk (41), wie se troue met Hanli Barnard reeds twee keer uitgestel is weens komplikasies ná hy tydens ʼn plaasaanval geskiet is, is Dinsdag oorlede.

Van Wyk, die bestuurder van ʼn hoenderplaas in die Lanseria-omgewing in Gauteng, is op 11 November geskiet toe aanvallers toegeslaan het. Verskeie skote is gevuur en hy is nege keer getref.

Van Wyk was ʼn wewenaar met twee kinders en sy verloofde, Hanli, het ook twee kinders van haar eie. Hanli en die kinders was teenwoordig toe hy geskiet is. Die gesin was op pad om aan te sit vir ete, toe vier gewapende aanvallers toegeslaan het. Die aanvallers het met televisiestelle, skootrekenaars en selfone gevlug.

Hanli het aan Maroela Media bevestig hulle sou aanvanklik op 15 Desember getrou het, maar die seremonie is uitgestel weens Johan se gesondheid. Hulle het toe op 15 Junie besluit, maar Johan is net enkele dae voor die groot dag, op 11 Junie, weer in die Helen Joseph-hospitaal opgeneem in ʼn kritieke toestand.

“Ek weet daar is ‘n groter plan,” het Hanli bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nellie ·

Ongelooflik hartseer. Innige simpatie aan Hanli en sy geliefdes.

KG ·

Ek het nie woorde nie, ek voel so opreg moedeloos. Dis moeilik om nie wrewel jeens die regering te voel nie.

My innige simpatie aan Hanli en Johan se familie en geliefdes.

Nols ·

Pasop waarvoor jy en baie ander vra. Met die regering en justisie soos dit nou is, is die waarskynlikheid dat onskuldige mense aan die punt van die laksman se tou gaan eindig baie groot. Daar word nog steeds jag gemaak op sekere blankes uit die vorige bedeling en waar dink jy gaan hulle op eindig?

Hannatjie Ludick (nee Louw) ·

Dr Viljoen klas 1997…… jou bynaam was…Stop van Myne. Net die in die groep vriende sal weet waaroor dit gaan. Ons was almal saam van sub A tot in matriek. Rus sag Johan. My hart breek vanaand in n duisend stukke vir jou kinders, veral vir Tony. Ook vir Mev M. Jy sal weet wie jy is. Mag julle baie troos en berusting met die tyd vind. Mag hy in ons harte voortleef.

Freek ·

So tragies. Dit maak my stil. Ek het geen antwoorde nie, niks om te vertroos nie. Dink aan die geliefdes

Etta van der Merwe ·

Nagllafhaarde, 8 teen 1, 6 teen 2, 4 teen 1 – lafhaarde te bang om een-een te kom met hul vernietigswerk. Mense wat in die nag funksioneer. Mag julle dag kom, mag daar geregtigheid geskied.

Flip ·

Baie sterkte Hanli, kinders, familie en vriende. Ek weet hoe jy gehoop en gebid het vir Johan om volkome te herstel. Mag ons Hemelse Vader julle in Sy Hande toevou en vir julle almal vertroosting gee.

Annamarie Olivier ·

Baie hartseer, mag almal berusting en vrede vind, ek glo daar is ‘n doel al is dit so hartseer.

Sophia ·

Dit is so hartseer, so naby en tog sover! My hart gaan uit na jou toe Hanli, mag God jou Trooster wees in hierdie ongelooflike hartseer tyd! Ook aan sy familie alle simpatie, en aan die kindertjies wat agterbly!

Tina du Toit ·

Dis baie tragies. My hart breek in stukke vir julle seer. Al ons simpatie aan sy naasbestaandes.

Strandloper ·

Tragies verby my inige sampatie. Maar wragtig GENOEG IS NOU GENOEG!

Faizel Adhikari ·

Ek voel dis baie wreed en verkeerd wat noi al jare plaasvind op die plase. Die moorde van die boere en hulle families is baie verkeerd. Ek nie n blanke man nie maar voel dit saam met julle. Dis amper soos n tipe uitwising wat plaas vind en niemand in die regering doen niks omtrent wat gebeur nie. Ek bid dat God verligting bring vir ons boere en hulle families want sonder hulle kan ons nie kos op die tafel sit nie. My innigste simpatie en meegevoel met julle.

Engela Smith ·

Ons innige meegevoel met al sy geliefdes. Die mense is reeds deur soveel trauma die afgelope jaar. Johan het geveg tot die bittere einde. Mag hy rus in vrede.
Hierdie verhale maak mens so kwaad en haatdraend, dat mens voel om sélf die wapen op te neem. Ek wens dat hierdie aanvallers deur al die trauma en lyding gaan van iedere en elke van hulle slagoffers voor hulle die dag hulle laaste asems uitblaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.