Amptenaar misbruik glo departement se brandstofkaart

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

’n Voormalige bedryfsbestuurder by die Oos-Kaapse departement van gesondheid in Queenstown het Vrydag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op 28 aanklagte van korrupsie nadat hy glo onverantwoordelik met die departement se brandstofkaart en op ’n bedrieglike wyse met reiseise omgegaan het.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê Litho Raymond Kutase (48) word daarvan beskuldig dat hy gedurende April en Mei 2012 ’n brandstofkaart wat deur die regering uitgereik is, gebruik het om brandstof vir sy privaat voertuie in te gooi en ander verwante goedere aan te koop.

“Hy het ook geëis vir amptelike reise met sy privaat voertuig, toe hy eintlik as passasier in ’n staatsvoertuig gereis het.”

Volgens Zenzile het ’n ondersoek deur die Valke aan die lig gebring dat Kutase se beweerde bedrieglike optrede die staat meer as R10 000 uit die sak gejaag het.

Kutase is tans ’n bedryfsbestuurder by die Wes-Kaapse departement van gesondheid in Kaapstad.

Hy is op waarskuwing vrygelaat en sal na verwagting weer op 2 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Stop brandstof kaarte. Wonder wat anders nog op kaarte deurgaan.

Persheks Adri ·

Waarskuwing regtig waar? Julle is siek man. Wanneer word NDZ en haar kinders vervolg en in oranje pakkies gesit huh? Die hele lot is korrup verby

Simon ·

Ou skelmstreek die. Daar terug in 2001 ook in die Oos-Kaap, was die petrolkaart van ‘n departementele voertuig, wat toe al vir maande lank op blokke staan en van omtrent alles gestroop was, omtrent daagliks gebruik en die logboek en ritopgawe vir die voertuig is ook maandeliks sorgvuldig voltooi en ingedien. Die gebeure is maar toevallig opgespoor nadat ‘n lid van die publiek die betrokke voertuig se nommerplaat gesien het en daaroor navraag gedoen het. Sal nou nie hier noem wie daardie lid an die publiek was nie. Al wat ek weet is dat daar vandag nog regdeur hierdie land bedrog met daardie kaarte gepleeg word en die regering te stupid is, of dit stilswyend goed te keur, of te hulpeloos is om iets daaraan te doen. Amen.

Shaun ·

Dit kos meer om hom aan tekla as wat hy gevat het het of wat hy gespendeur het. Ander doen die selfde met miljoene en niks gebeur nie. die is als oog verblindery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.