ANC in KZN kanselleer kontrak vir skoolvoedingsprogram

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks.jpg

Argieffoto (Foto:
Deltaworks/Pixabay)

Die ANC in KwaZulu-Natal het bevestig dat ʼn kontrak met Pacina Retail, as ʼn diensverskaffer vir die skoolvoedingsprogram in KwaZulu-Natal, gekanselleer is.

Maroela Media het vroeër berig 5 400 skole in KwaZulu-Natal het weens tender-onreëlmatighede nie enige kos vir sy leerders beskikbaar nie. Die departement van onderwys in die provinsie het vroeër ʼn multimiljoen rand se nasionale skoolvoedingsprogramtender aan ʼn enkele individu toegestaan om kos te verskaf aan skole reg oor die provinsie.

Velenkosini Hlabisa, president van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), sê sy party was baie duidelik met sy eis dat ʼn kontrak met die diensverskaffer, wat geheel en al versuim het om kos vir die skole te verskaf, dadelik gekanselleer moet word. Die IVP het dié versoek aan die provinsiale regering gerig.

“Dit is verbasend dat die aankondiging, om Pacina Retail as ʼn diensverskaffer te kanselleer, deur die ANC gemaak is, en nie die provinsiale regering nie,” sê Hlabisa.

“Alhoewel ons nie enige aannames wil maak oor wat dit mag beteken nie, wil dit voorkom of die ANC die provinsiale regering opdrag gegee het om dié onbekwame maatskappy aan te stel.”

Hlabisa sê daar is ʼn duidelike lyn tussen die ANC en die provinsiale regering.

“Volgens die korrekte prosedures, moes die departement van onderwys of die premier die aankondiging gemaak het, ongeag of die besluit deur die ANC beïnvloed is of deur die party geneem is.”

Die IVP verwelkom egter die besluit, aangesien die IVP die premier sewe dae gegun het om die kontrak te kanselleer.

Die IVP doen nou ʼn beroep op die LUR vir onderwys en die premier van KwaZulu-Natal om vinnig die volgende stappe te doen:

  • Om seker te maak dat leerders kos sal het op Dinsdag, 2 Mei 2023. “Die departement moet die diensverskaffers aanstel wat skole tot en met 31 Maart 2023 gediens het. Dié diensverskaffers moet op ʼn maand-tot-maand basis aangestel word vir ʼn redelike tydperk om die nuwe proses te finaliseer.”
  • Die tender vir skoolvoeding in die provinsie moet onmiddellik weer geadverteer word.
  • Die premier moet ʼn onafhanklike forensiese ondersoekbeampte aanstel wat dié onreëlmatige aanstelling van ʼn onbekwame maatskappy kan ondersoek.

“Koppe moet rol om ʼn duidelike boodskap te stuur: onbekwaamheid, bedrog en mense wat op hul pos aan die slaap is, sal nie geduld word nie.”

Hlabisa sê die IVP sal nie rus tot die waarheid onthul is nie.

Volgens hom is die party ook bewus van bewerings op sosiale media dat Pacina Retail vrywillig uit die kontrak onttrek het, indien die departement hulle vir alle koste sal vergoed wat hulle tot dusver aangegaan het rakende die skoolvoedingsprogram.

“Ons sal verdere kommentaar lewer sodra die departement of die premier ʼn formele aankondiging gemaak het namens die provinsiale regering van KwaZulu-Natal,” sê Hlabisa.

LUR moet sê oor skoolvoedingsprogram

Imran Keeka, die DA se woordvoerder oor onderwys in die provinsie, het intussen gesê hy neem kennis van die aankondiging deur Pacina dat die maatskappy uit die kontrak onttrek.

“Die skielike besluit deur Pacina laat verskeie vrae ontstaan,” sê Keeka. “Die onttrekking deur die maatskappy moet ook nie die ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) in die wiele ry oor hoe dié tender toegeken is nie. Daar moet aanspreeklikheid wees vir wat gebeur het, en die skuldige partye moet vervolg word.”

Keeka meen die provinsiale departement van onderwys sal nou moet spook om die gaping te vul.

“Die departement kan moontlik van vorige diensverskaffers gebruik maak, en die DA verwag van LUR Mbali Frazer om meer inligting hieroor te verskaf.”

Die DA sal dringend met Frazer vergader om te bepaal wat haar planne is.

“Ons sal ook volgende week Dinsdag die werkswinkel bywoon van die portefeuljekomitee om seker te maak dat die skoolvoedingsprogram op die agenda geprioritiseer word.”

Keeka sê die ANC-geleide regering kan nie nóg ʼn situasie toelaat waar miljoene jongmense honger ly weens onbekwaamheid en beweerde oneerlikheid nie.

“ʼn Regering wat miljoene kinders laat honger ly van moontlik hul enigste ete vir die dag is liefdeloos, oneties en skadelik en moet nie weer verkies word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yvonne ·

AS die ANC enigsins kon funksioneer so soveel voedingsprogramme nie nodig gewees het nie…dan net moontlik sou ouers werk gehad het en self vir hulle kinders kon sorg…..nou wat nou….die WOORD spreek hierdie gedrag ten sterkste aan…my beskeie mening??

Shakespeare ·

Is dit nie blatante diefstal van klein kindertjies se kos nie ?????? ONGELOOFLIK !!

Amelia ·

Weet wat ek nou gaan se gaan opskudding veroorsaak maar hoekom kinders he as jy nie vir hul kos kan gee nie is die kinders dan net daar vir kinder toelaag verstaan as ouers bv werk verloor het maar sommiges het nog nooit gewerk nie Kan nie onthou dat daar voor 1994 kos gegee is by skole nie jy moes maar by jou huis eet

Ronél ·

Die minderheidsgroepe moet alweer hande uit die moue steek want die cANCer vreet aan die staatskoffers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.