Kommer oor skoolvoedingstender in KZN

(Argieffoto: ANA)

ActionSA is baie besorg oor 5 400 skole in KwaZulu-Natal wat weens tender-onreëlmatighede nie enige kos het nie.

Zwakele Mncwango, provinsiale voorsitter van ActionSA, sê die departement van onderwys in die provinsie het ʼn multimiljoen rand se nasionale skoolvoedingsprogramtender aan ʼn enkele individu toegestaan om kos te verskaf aan skole reg oor die provinsie. “Die leerders moes egter op hul eerste dag terug by die skool ná die Paasvakansie honger ly.”

Mncwango sê die departement van onderwys en sy LUR, Mbali Frazer, swyg oor die kwessie en het ook nie bekendgemaak aan wie die tender toegeken is nie.

“Dit is kommerwekkend dat die departement dit goed gedink het om af te wyk van ʼn stelsel wat al jare lank sonder probleme werk en een in te stel wat ongelukkig ineengestort het nog voor dit kon begin.”

Mncwango sê dit is kommerwekkend dat ʼn tender van só aard toegeken is aan ʼn enkele individu in die provinsie, en met tenders wat “gereeld gebruik word as ʼn ‘vinnige rykwordskema’, word dit deur korrupsie en onreëlmatighede aan sekere individue toegeken”. “Ons doen ʼn beroep op die LUR van onderwys om deursigtig te wees oor hoe dié tender aan die betrokke individu toegeken is. As die kwessie nie teen die einde van hierdie maand opgelos is nie, sal ons onmiddellik stappe doen en die openbare beskermer nader om ʼn volledige ondersoek te versoek. Ons sal ook versoek dat die departement onthul hoe hulle die besluit geneem het om ander verskaffers van hul dienste te stroop en dit aan ʼn individu toe te ken. Ons sal ook inligting versoek oor hoeveel mense vir die tender aansoek gedoen het, wat die spesifikasies was en watter persone aan dié spesifikasies voldoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Julle vrae is oorbodig,korrupsie is die antwoord en dit word bevestig deur die stilswye van die L U R.

Harley Davidson ·

Hulle moet die voedingskema saam met ‘n gesinsbeplanning opvoeding aanbied ander gaan eersgenoemde net groei en vermeerder.

Nico ·

Hoeveel van hierdie fonds word weg gedra en beland in die verkeerde hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.