Rusland se Andrey Rublev het danksy ʼn uitstekende terugvegpoging met Holger Rune in die eindstryd van die Monte Carlo-meesterstoernooi klaargespeel.
Lees meerAlles vir Sondag 16 April 2023
Voortrekkermonument help om Melrose-huis op te knap
”Ek is baie trots op ons tegniese span wat so bereid was om in te spring en te help.”
Bertha le Roux-Wahl oor geliefkoosde ‘Emma’, geloof en ma-wees
“Elke keer wat die Heilige Gees jou herinner om jou bekommernisse vir Jesus te gee, wees gehoorsaam en doen dit.”
Al smullende ontdek ons Britse kookkuns
Natuurlik is dit melerige ertjies, vaal vis en kapokaartappels wat ʼn mens eerste in jou geestesoog sien as jy aan Britse kookkuns dink, maar Maryke Roberts het ʼn heeltemal ander ervaring in Engeland gehad.
Nog steeds lang rye vir paspoorte, ID’s
“Een van die grootste probleme is dat die publiek steeds in lang rye moet bly staan ondanks die feit dat hulle bevestiging vir hul afsprake ontvang het.”
Man van Tzaneen al dae lank vermis
Charles Tolmay (74) ly aan Alzheimer se siekte en is ‘n diabeet.
Snyman wys staal teen Stormers
“RG het ʼn uithalervertoning gelewer en met sy fisieke teenwoordigheid het hy beslis ʼn verskil op die veld gemaak.”
Gemeenskap spring in om Heldeakker op te knap
Lede van die gemeenskap en verskeie organisasies het in groot getalle opgedaag om hand by te sit en het trots hul hande vuil gemaak om hul erfenis te beskerm.
Fase 6-beurtkrag duur voort
Eskom het Sondag gesê weens ʼn tekort in kragopwekkingskapasiteit sal fase 6-beurtkrag tot verdere kennisgewing voortduur.
Kommer oor skoolvoedingstender in KZN
‘n Skoolvoedingstender is glo aan ʼn enkele individu toegestaan om kos te verskaf aan skole reg oor die provinsie.
Brittanje se verpleegsters bereid om ‘tot Kersfees’ te staak
Verpleegsters in Brittanje is bereid om tot Kersfees te staak as hulle nie ʼn ooreenkoms met die regering kan bereik oor salarisse nie.
Motoriste oor probleme gewaarsku op N12
Terwyl polisiebeamptes besig was om een slagoffer by te staan, is hulle na nóg ʼn toneel ontbied.
G7 wil plastiekbesoedeling teen 2040 beëindig
“Ons verbind ons daartoe om ʼn einde te bring aan plastiekbesoedeling, met die doel om bykomende plastiekbesoedeling na zero te verminder teen 2040.”
Op 42 swem Schoeman ʼn silwer los
Die Olimpiese ster het terstond ook ʼn nuwe wêreldrekordtyd in sy ouderdomsgroep (40 – 44 jaar) opgestel.
Video: Sywurmplaas gedy in Laeveld
Dié plaas is sowat 23 km buite Graskop en word al die afgelope 20 jaar deur die eienaar, Ronel Swart, wat ʼn sywurmboer in murg en been is, bestuur.
Gesteelde eiendom van plaas teruggekry
“ʼn Polisiebeampte was Saterdagmiddag besig met patrolliewerk tydens ʼn fietsrygeleentheid in Clarens toe hy ʼn verdagte Nissan-bakkie opgemerk het.”
Dobson teleurgesteld ná Stormers struikel
“Ons wil bitter graag in ʼn halfeindstryd op ons tuisveld speel; dit is egter nou baie moeilik om ʼn silwer randjie om hierdie donker wolk te sien.”
Lirieke vloei deesdae uit veelsydige Leon-Ben se pen
“Ek terg altyd en sê uit die vier miljoen Afrikaners het 3,9 miljoen al ʼn enkelsnit uitgereik. Gelukkig jaag ek nie roem, rykdom of die Afrikaans is Groot-verhoog na nie. Ek laat die Gees my lei en bou hierdie vliegtuig soos ek hom vlieg.”
Koeberg-eenheid dalk gou weer aangeskakel
“Die eenheid sal na verwagting veilig op die netwerk gesinchroniseer word voor Maandagoggend se spitstyd sodra alle vereiste aktiwiteite afgehandel is.”
15 slaan toe op kitsbank in Bloemfontein
“Die verdagtes het op polisiebeamptes gevuur terwyl hulle van die toneel weggehardloop het.”