Man van Tzaneen al dae lank vermis

Charles Tolmay (Foto: Facebook)

Die polisie in Tzaneen het ʼn versoek aan die publiek gerig vir enige inligting om Charles Daniel Tolmay (74) op te spoor.

Tolmay het Donderdag van die Gladstoneplaas in Tarentaalrand in Tzaneen verdwyn.

Sers. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, sê Tolmay se dogter het hom die middag omstreeks 12:00 laas gesien toe hy gaan stap het. Hy het nooit weer teruggekeer huis toe nie.

“ʼn Omvattende soektog is in die omgewing en by vriende en familielede van stapel gestuur, maar dit was onsuksesvol.”

Hy het ʼn khaki-kortbroek, kortmouhemp en bruin velskoene aangehad toe hy verdwyn het.

Tolmay ly aan Alzheimer se siekte en is ‘n diabeet. Die familie het intussen ook ‘n beloning van R10 000 aangebied vir enige inligting wat hulle kan help om hom op te spoor.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Monareng te kontak by 082 414 3309 of 051 306 2111/112.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.