Gesteelde eiendom van plaas teruggekry

(Foto verskaf)

Twee verdagtes is op die R712 Clarens-Golden Gate-pad in hegtenis geneem toe hulle met vermoedelik gesteelde eiendom betrap is.

“ʼn Polisiebeampte was Saterdagmiddag omstreeks 14:30 besig met patrolliewerk tydens ʼn fietsrygeleentheid in Clarens toe hy ʼn verdagte Nissan-bakkie met ʼn Vrystaatse nommerplaat opgemerk het. Hy het die voertuig voorgekeer,” sê Mmako Mophiring, woordvoerder van die Thabo Mofutsanyana-disktriksmunisipaliteit. “Hy het sakke agterop die bakkie opgemerk en die bestuurder en sy passasier versoek om hom na die polisiestasie te vergesel vir ʼn verdere soektog.”

By die polisiestasie het hulle op vier perdesale, tome en 11 sakke mielies afgekom. Die twee mans kon nie rekenskap gee vir die eiendom nie. Die voertuig is ook geskut vir verdere ondersoek.

“ʼn Saak van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom word ondersoek,” het Mophiring bygevoeg.

Twee mans, onderskeidelik 37 en 43 jaar oud, van Vogelfontein naby Bethlehem, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Bethlehem verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Hierdie saak is gebou op veronderstellings en ‘n bevoegde landros sal die ondersoekende polisie beampte oor die vingers tik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.