Koeberg-eenheid dalk gou weer aangeskakel

(Argieffoto: Armand Hough/ANA)

Eskom het Sondag gesê hy is besig om eenheid 2 by die Koeberg-kragstasie weer veilig in diens te stel.

“Die oorsaak van die kortsluiting was weens probleme met die filtreeraanlegpompe op die sekondêre eenheid,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Die reaktorkrag word verhoog om turbine-inbedryfstelling in staat te stel. Die eenheid sal na verwagting veilig op die netwerk gesinchroniseer word voor Maandagoggend se spitstyd sodra alle vereiste aktiwiteite afgehandel is.”

Eskom is Saterdag genoodsaak om fase 6-beurtkrag in te stel toe die eenheid by Koeberg onklaar geraak het.

Maroela Media het vroeër berig Eskom sê hy wil graag alle Suid-Afrikaners verseker dat personeel by die onderskeie kragstasies onverpoosd werk om die kragopwekkingsprobleme op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Groen Ghoen ·

Ons hou asem op vir Eskom se nuwe, welverdiende mega-salarisaanpassings! Met verlede jaar se salarisaanpassings het hul ons nou al tot by Fase Ses beurtdonkerte gebring. “Onverpoosd” is nou Eskom se nuwe gonswoord. Al waaraan Eskom onverpoosd werk is korrupsie, kaderontplooing en ANC finansiering. Lekker, Rampahosa, Lekker Man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.