Fase 6-beurtkrag duur voort

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Sondag gesê weens ʼn tekort in kragopwekkingskapasiteit sal fase 6-beurtkrag tot verdere kennisgewing voortduur.

Altesaam 17 481 MW van opwekkingskrag word tans afgestaan weens tegniese probleme. Altesaam 5 657 MW is nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding.

Die kragvoorsiener sê oor die afgelope 24 uur is ʼn kragopwekkingseenheid elke by Duvha- en Medupi-kragstasies weer in diens gestel.

Twee kragopwekkingseenhede by Kriel en een eenheid by Koeberg-kragstasie is egter afgeskakel vir herstelwerk. Die vertraging om eenhede by Kendal, Kriel, Medupi en Tutuka weer aan te skakel, dra by tot die beperking in kapasiteit. Die span werk onverpoosd om seker te maak dié eenhede word so vinnig as moontlik weer aangeskakel.

Eskom bedank alle Suid-Afrikaners wat ag slaan op die versoek om krag spaarsamig te verbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Isobel ·

En so gaan ons voort. Leuens alles leuens en dit raak net erger. Ek voel een en almal van ons kan nie meer dit hanteer nie. Belaglik.

Groen Ghoen ·

Toemaar wat, Eskom. Almal weet wat die eintlike “kapasiteits” probleme is! Soos Isobel dit stel: Stop met jul leuens.

Casper ·

Dit is ‘n verleentheid vir ons land en die ganse wêreld sien die chaos wat deur die ANC oor ons gebring is.Frankfort genereer nou hulle krag d m v sonplase en nou wil eskom hulle dwing om beurtkrag toe te pas.Hoe belaglik.

Asgat ·

Dit is belaglik, vir wat moet hulle beurtkrag toepas… elke dag is net erger ….

Lisma ·

Fase 6…ek glo nie. Van Saterdag af gaan ons krag meer af as wat die Fase 6 skedule wys, sommer sulke 2 ure ongeskeduleerde af tye. Dink ons is verby fase 6…maar hulle glo ons sal nie agter kom nie……

Wendy ·

Verduidelik groot ASB nt v my HOEKOM is daar dele in BFn en Jhb wat nooit loadshedding het nie -asook brand dele in BFN se straatligte dwarsdeur die dag???

Piet 6 ·

Ek weet dele van BFN het baie minder loadshedding, maar watter dele van JHB het nie loadshedding nie?

Harley Davidson ·

Ons gebruik nie krag spaarsamig nie,ons word geforseer deur ‘n onbevoegde kragvoorsiener omrede hulle die krag afsny net wanneer hulle wil.

Vlooitjie ·

Maar moenie vir een oomblik dink Tolhekke kry OOIT loadshedding nie. Geen beroep word gedoen dat besighede minder ligte aan het snags nie…

Barend ·

Niemand sê enigiets dat ‘n groot deel van Pretoria geen water vanaf Saterdag tot Sondagnag gehad het nie, party gebiede het nog steeds nie.

Piet 6 ·

En niemand sê enige iets oor ń deel van Welkom wat al 4 MAANDE sonder water is nie.

Staal ·

Selfde storie elke dag. Julle is onbevoeg om die land verder te regeer. Gee beheer oor aan die mense wat weet hoe om dinge reg te ruk!!

Papsak ·

Fase agt is nie oppad nie ons is klaar in fase agt hulle lieg alweer vir ons maar ek is ou aap kan duidelik sien wat hulle doen hierdie is nie fase ses nie hulle sekerlik nie met kinders besig nie

Casper ·

Met fase 6 sal jy nie 17 ure sonder krag wees gedurende 1 dag nie.Onbevoegde elemente maar dit pla die anc min solank hulle net hulle marxistiese ideologie kan bereik.Hulle voel vere vir die mense van hulle land wat hulle tot regering verkies het.Hulle kyk by alles wat werk verby en implementering dit wat nie werk nie.

gatgogga ·

Ek wens die media wil ophou om hierdie kragonderbrekings “beurtkrag” te noem. Dit is die vleiende benaming wat die regering in ons kele afdruk. Noem dit “ANC-krag” of iets dergeliks, sodat dit die skuldiges betrek elke keer as dit genoem word.

Nico ·

Eskom het nie die mense om die probleme reg te stel nie, Eskom kry asb. geleerde mense om die probleme op te los, eskom het net ‘n klomp obeholpe en ongeleerde mense wat elke maand ‘n groot salaris ontvang vir niks doen nie.

Manie ·

Sekere areas in Kaapstad was Saterdag so stil stil vir altesaam 11.5 ure af. 2 x 4.5 ure en 1 x 2.5. Dis nie fase 6 nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.