ANC in Wes-Kaap ontbind

Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in die Wes-Kaap ontbind.

Die party het in ʼn verklaring gesê die NUK se mandaat het reeds geëindig.

“Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) het sy kommer uitgespreek oor die funksionering van die PUK, waarvan die toenemende interne ineenstorting steeds in die openbaar afspeel en dit moeilik maak vir die PUK om sy pligte na te kom,” het Pule Mabe, ANC-woordvoerder, gesê.

ʼn Tussentydse komitee sal aangestel word om die party in die provinsie te vernuwe en weer op te bou, asook die provinsie gereed te maak vir ʼn provinsiale verkiesingskonferensie.

Die ANC sê ook sy pogings om weer beheer van die Wes-Kaap oor te neem, is steeds op dreef. Die DA regeer tans in die Wes-Kaap.

Die ANC se voormalige provinsiale voorsitter, Marius Fransman, is in 2016 vir vyf jaar uit die party geskors ná ʼn aanklag van seksuele teistering van ʼn 21-jarige vrou. Khaya Magaxa het daarna in die pos waargeneem.

Die ANC het die afgelope week ook sy jeugliga ontbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nols ·

Herder, kan jy jou daardie stank indink as die spul moet ontbind.????????????

Johanna Botha ·

Gehoop vir n totale ontbinding ! Kyk net hoe lyk SA na die anc se 25 jaar …wat n skande ! Alles wat moet op gaan af en alles wat moet af gaan op …kan hulle NIKS regkry nie !

Thinus ·

Die hele ANC moet ontbind. Hulle is niks anders as ‘n verleentheid vir hierdie land nie. Die grootste rassiste ooit verskuil onder transformasie, BEE en regstellende aksie. Begin ontbind sommer van bo af.

jaco ·

en dan BEE en regstellende aksie hulle ook nog teen kleurlinge en indiërs wat OOK slagoffers van apartheid was…

Anoniem ·

Die naweek begin goed. Ontbind nou net die res van die ANC ook, dan is my jaar gemaak.

Nienie ·

Toemaar, dis reeds besig om te gebeur. Die ANC is op sy laaste asem.

KaterinaKat ·

Die ding is net: Wat neem dan hulle plek oor? As die EFF ooit die regerende party word, sal blankes vreeslik ly. As ons nie almal summier uitgemoor word nie.

ChrisE ·

Geen wonder ek ruik iets nie. ‘n Vis vrot mos van sy kop af. Die lot vrot sommer van oral af. Ek glo nie in sangomas of sjeeste nie. Iemand het nou die dag my daarop gewys dat ‘n sangoma hier in 1996 rond reeds die anc se uitmekaarrafel voorspel. Die siel het glo gesê in 2019 gaan dit gebeur. Die bende het reeds in 1990 begin ontbind. Ons vang nou eers die aroma. Viva anc viva

Alida ·

Mooi man! Die Wes-Kaap floreer onder die DA en die sleg ANC kan nie daar kers vashou nie.

Gert van Wierdapark ·

Miskien is dit ook sommer nou die tyd dat die a en see Ont-bondel word sodat die geimpliseerde staatskapers die pad kan vat, en die goeie ouens en vrouens kan help dat SA weer op die regte pad kan kom!!! Finish en Klaar”

Ekke ·

Die hele bleddie spul moet ontbind en alle politici moet bedank en n nuwe verkiesingstelsel ingestel word, die klomp vet katte sit en jaag net aan en geen aanspreeklikheid nie, Roelf Meter en sy kamerade wat die politieke bestel aanmekaar geflans het moet ook pa staan vir die gemors,

Penellope Jones ·

Wat is regtig aan die gang…..die storie agter die storie……

Sarel ·

Nou kan die nuk ontbind. Ons wil uit die parlement regeer word. -80+% manupilasie van kriminele korrupte rassistiese aktiwierlteit!!! Die oorsprong, die kern, die sentrum, die angel van die regeering word daar gereel. Bring julle freedom charter parlement toe. Op die letter. Daar sal nie meer bee ens of enige taal aanval wees nie. Nuk te min tussen die ore om dit te sien

Vissie ·

Lankal tyd om die cANCer uit te sny en Suid Afrika te bevry van die terroriste organisasie wat regering speel vir 25 jaar, so pragtig om te sien hulle begin dit hopelik self doen. Hulle moet nou nog net die lot dishonorable “honorables” daar in die Parlement ook ontbind dan kan ons feesvier….

JP ·

Hulle moet sommer net disintrigeer want hopeloos bly eenkeer hopeloos

JohanR ·

Dis nou nuus. Het nie eers geweet die ANC is bedrywig in die Kaap, of selfs dat hulle in die Kaap bestaan nie? Jy sien of hoor hulle nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.