‘ANC-jeugliga sal nié Springbok-wedstryde ontwrig’

Springbokke_vs_AllBlacks_Ellispark_Skare_GBJordaan_001-1024x683.jpg

Foto: GB Jordaan

SA Rugby en die ANC-jeugliga het Woensdag bevestig dat planne om die Springbokke se toetswedstryde te ontwrig van die baan is.

Albei partye het in ʼn gesamentlike mediaverklaring gesê dié besluit volg nadat verteenwoordigers van die twee organisasies vergader het. Njabulo Nzuza, sekretaris-generaal van die jeugliga, het gesê hoewel rugby nog baie werk het om te doen, die organisasie gerusgestel is in SA Rugby se bedoelings en toewyding.

“Ná intense en deurtastende gesprek oor die huidige toestand in rugby is ons verseker dat SA Rugby hierdie saak net so ernstig as die ANC-jeugliga opneem en dat planne beraam word om te verseker dat transformasie voortgesit word in die spel,” het Nzuza gesê.

“Ons het verder kennis geneem dat die huidige Springbokspan die mees getransformeerde span in die geskiedenis is en dat Teboho Mohoje dié week as kaptein van die Suid-Afrikaanse A-span aangewys is.

“Ons het gesonde en robuuste gesprekke gehad. Ons het die geleentheid gehad om te verduidelik watter vordering SA Rugby die afgelope paar jaar gemaak het en die besonderhede te verskaf rakende ons strategiese transformasieplan, wat ʼn padkaart is vir dié sport op alle vlakke tot 2019,” het Khaya Mayedwa, ʼn senior bestuurder by SA Rugby, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johan ·

Moet ons almal nou dankbaar wees daaroor…….is ANC Jeuglige nou in beheer van SA Rugby…..

maritz ·

Wanneer speel die ANC bafana bafana wil een groot awb optog hou hehe

John ·

‘Strategiese transformasie-plan.’ Wat is dit? Waar kan ons die plan besigtig?

Janneman ·

Regtig, moet ons hande klap! In erge afrika tradisie het die jeug en die vroue geen se nie – hulle soek iets om hulself relevant te maak – shame.

Rynhardt ·

Die Kleinbaas, die Anc -Jeugliga het nou toestemming gegee vir SA rugby dat geen wedstryde van die “Vryheidsmanifes-Bokspan” ontwrig sal word nie, behalwe as hul ongelukkig is met iets.Dan boeta,sal die wereld omgekeer word!SA Rugby, ek dink jou kaptein gaan die Anc-Jeugliga baie ontstel!

Henry ·

Asseblief tog !
Wie gee om of kwotarugby deur ‘n getransformeerde span, teen ‘n Ierse span wie se beste spelers nie hier is nie, ontwrig word?
:-))

Lh ·

As daar nou een plek is en jammer om te weet, seker die enigste plek ook, waar daardie jeug skielik baie ouer gaan word, is dit by n rugbystadion. Hoop net hulle bring genoeg skoon broeke en eie medics saam.

Lance ·

Eks nie daar soos in die verlede…. so hulle kan maar kom ontwrig al wat hulle wil en kan …dalk daag nog net hulle op vir die wedstryd ….die mense is regtig n joke

Ben ·

So gee ons elke dag bietjie vir bietjie weg aan die anargiste. Die ANC jeugliga en sy leierskap het nie ‘n idee wat in rugby aan die gang is nie. Al wat hulle sien is swart.Hierdie bokspan gaan in elk geval vasval teen ‘n halfgebakte Ierse spannetjie.Ons moet maar daaraan gewoond word om die Europese en Britse ligas te kyk.Dit is in elk geval beter rugby as wat deesdae hier opgedis word.

Johann Marx ·

En vir hierdie toegewing is al die JA-stemmers seker erg dankbaar? Dis mos darem waarvoor ons alles prys gegee het in 1990 nie waar nie? My Pa het altyd gesê “Ontnugtering is die wreedste leermeester.”

Theo ·

Johann, almal maak foute. Kom ons kyk vorentoe en nie terug nie. Ons moet nou ernstig begin saamstaan. En net voor daar weer gese word die “boere” kan nie saamstaan nie, kyk om jou rond en sien wat aangaan by sekere organisasies. Dinge is besig om te gebeur. Sluit aan by n organisasie waar jy tuis voel, maar sluit net aan. Eendragt maakt Magt. Boere groete.

Rupert Ashford ·

Nog ‘n paar beloftes gemaak…nog ‘n bietjie prysgegee…meriete nog ‘n nekslag toegedien…en die (wit?) rugbyondersteuners slaak ‘n sug van verligting en dink “miskien is daar tog nog lig in die tonnel”…:-)

Jano ·

Snaaks dat toeskouer getalle afneem en glad nie oor kwota stelsel beskik nie
Ek sien ook geen kwotastelsel in sokker nie

Grap ·

Dit is omdat mense rugby verafgod stap weg moet nie die wedstryd bywoon nie en kyk wat gebeur dan…….maar kom Saterdag sit daai pawiljoen stofdig van die klaers?

gatiep ·

Grap jy reg daar.
Dis die maklikste manier wat ons ook n se kan he en dis om weg te bly daar.maar nou ja dis die mense se God daai.

Poplap ·

Ou Grap
Vanwaar kry jy en jou mede klaers julle inligting.?
Het julle die toeskouers loop vra of hulle vooraf vertel het dat hulle nie die wedstryde gaan bywoon nie?
Indien jy en jou maatjies nie bewyse vir julle ou skinderstories kan opdis nie, moet tog nie kom verveel met julle onbewese negatiwiteite nie.

Mielie ·

Die leier van die ANCYL is onder JM Se invloed of hy is n nabootser as JM iets se of doen Dan is dit net n rukkie dan maak hy dieselfde lawaai. Hulle moet gaan ontwrig dat Internationale spanne nie meer wil kom toer nie. Of betoog oor die springbok embleem Wat nie gepas is in die nuwe rugby era nie

Jaco Grobler ·

Hierdie toets gaan ek in my werkswinkel deurbrung, sal graag weer rugby kyk as SA Rugby begin luister na hulle grootste bydraers; ons.

neelsie ·

Mbalula sal Anc aanry met busse om getalle daar te kry. Al weet hulle nie eers hoe n rugbybal lyk nie.
Vir hulle is dit belangriker wat die wereld daarvan dink.
Hoor juis Loftus gaan n opgradering kry van R1.4miljard.

Maria van Dieweeck ·

Die ANC maak soos die ou Romeine. Hulle boelie en vat. Een dag het Hannibal onverwags oor dieAlpe gestorm en hul begin aanvat. Daarna het mense wakker geskrik en slim begin weerstand bied. Toe val Rome..

Willie ·

Wanneer gaan die wit Suid-Afrikaners bietjie die rugby wedstryde boikot? KOm ons kyk dan wie maak dit vol? Ag het vergeet wie breek af….

Hendrik ·

Die rugby boikot sal saam met die stem boikot gaan. Dit staan bekend as ‘n protesaksie waar niemand iets afbrand of vernietig nie. ‘n Revolusie is waar daar geplunder en gebrand word links en regs. Dit is deel van die Nationale revolusie. Ek weet nie teen wie nie want die swartes regeer die land die afgelope 22 jaar.

Hendrik ·

Die rugby boikot sal saam met die verkiesing boikot moet gaan. Dit staan bekend as ‘n protesaksie waar niemand iets afbrand of vernietig nie. Die protesaksie sal net gebeur as ons ‘n wilsbesluit gemaak het dat genoeg is genoeg. Kyk na Maria se kommetaar hierbo. Dit sal die tyd wees.

Ahooy ·

“Who really cares” Laat die oukies wat hulle geld en tyd op rugby wil mors, dit maar doen.
Transformasie in alles is die einde van sukses in alles. Dit sal nie nog twintig jaar neem voor die pawiljoene vanself leeg loop nie…
Sit net die E-tol pryse op!!!! Ha!!

Heila Fourie ·

Dit is ‘n verleentheid vir die springbok om aan die trui van die rugbyspelers te pronk en verkies eerder dat die SA rugbyspan hernoem word na kwotaspan van afrika
Heila

Theo ·

Ek stem saam Heila, haal af die Springbok van die trui, dis mos n nuwe era. Die Springbok het n ryke geskiedenis wat nou ongedaan gemaak gaan word a.g.v. uitdeel aan ras gedrewe kwota spelers soos afgedwing deur die “eerbare” minister van sport.

Henry ·

Stem allie pad saam Heila en Theo.
Die Springbokke het tsv allerlei teenslae oor baie jare heen, groot plesier en trots verskaf. Geen manier dat ons Springbok nou op kwotarugbytruie moet pryk, bloot omdat SARU en die spul PK’s (Politiek Korrektes) perde kluite as vye probeer smous nie.
Bly weg van kwotasport!

Jeanne ·

Neewat hulle moes aangegaan het, dat die res van die wereld sien hoe oulik is die leiers van die toekoms. Dis mos nie asof hulle meer teen die NP en teen die ‘apartheidsregering’ betoog nie, hulle betoog mos nou teen besluite geneem in ‘n land wat demokraties regeer word, deur die meerderheid, wat is die bedreiging nou? Daar is GELD in rugby, dit gaan nie oor swart en wit nie, hulle is net gulsig soos met al die ander goed, die idee was nooit om te deel nie, die idee wa som alles te VAT en te BESIT, en as niemand later meer rugbywedstryde bywoon nie, en die borge onttrek, gaan hulle ook nie meer omgee oor kwotas in rugby nie, dan gaan die ouens wat regtig lief was vir die spel maar weer begin rugby speel en dit van onder af opbou.

Takkie Takuuza ·

En hoeveel van julle EFF gaan die wedstryd bywoon? Hoeveel van julle kyk ooit rugby? Maar ons gaan agteroor buig vir hulle

James ·

Net vir my snaaks dat daar nog nie issuess dat die kaptein v d vrouesokkerspan wit is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.