Kohler-Barnard was Dinsdag suksesvol in haar appèl teen haar skorsing en is teruggelaat as LP van die party, onderhewig aan verskeie voorwaardes. Sy moet onder andere uit al haar posisies in die party, buiten haar setel in die Nasionale Vergadering, bedank.
Ander voorwaardes vir Kohler-Barnard se terugkeer sluit in dat sy vir die res van haar parlementêre termyn nie aan enige oortredings skuldig bevind word nie; sy ʼn boete van R20 000 aan ʼn nie-regeringsorganisasie betaal; en dat sy versoening en restitusie onder voorheen benadeelde persone sal bevorder. Sy moet ook ʼn lesing oor die veilige en verantwoordelike gebruik van sosiale media bywoon.
Die ANC het in reaksie tot Kohler-Barnard se terugkeer na die party gesê dat haar aanvanklike skorsing bloot ʼn publisiteitsfoefie was en ʼn “hopelose poging” om die publiek te laat glo dat die party verander het en dat dit nie rassisme onder sy geledere sal duld nie.
“Dit moet beklemtoon word dat Kohler-Barnard, ten spyte daarvan dat sy ‘geskors’ was, voortgegaan het om in die Nasionale Vergadering te dien en steeds ten volle haar rol as parlementslid vervul het. Die publiek kan nie geflous word nie. Ons almal het geweet dit is net ‘n kwessie van tyd voor die regte DA – die rassistiese, apartheid apologeet en verdediger van wit heerskappy – weer hul ware kleure wys.”
Die ANC het ook na die partyleier Mmusi Maimane gekap deur te sê hy het geen beheer oor die party wat hy “sogenaamd lei” nie. “Ons het geen probleem daarmee dat die DA haar as ‘n lid behou nie – sy sal inderdaad tuis wees tussen die ander rassiste in die party. Maar ons kan nie bekostig dat ons parlement besmet raak met publieke verteenwoordigers wat steeds ontstellende en gevaarlike houdings handhaaf wat ‘n refleksie is van ons afstootlike verlede.”
Die ANC het gesê hulle sal ander opsies ondersoek, insluitend om Kohler-Barnard by die etiekkomitee aan te kla sodat sy behoorlik gestraf kan word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
45 Kommentare
Die hele anc is rasiste.nou wil hul maak asof die da die rasiste is.takel eerder die land se probleme.en dit was nie onwaar wat sy gese het nie.
Se die party wat self rassiste, kriminele en wat nog huisves???
Ek glo nie die witmense was ooit so rassisties as wat hulle nou onder die swartes meemaak nie. So hoe gaan ons in die torkoms verwys na ons huidige omstandighede. Sal ons ook mag verwys na ons afstootlike verlede? Want dit is presies waarin ons nou sit.
Kohler Barnard is n liberalis wat maar soos alle liberaliste n uitlating gemaak het in n oomblik van ontnugtering met die absurdte maniere van domastrante kaders.In elk geval die ANC kan nie vingerwys na hulle op elke geleentheid denkbaar moord en doodslag van die witman verkondig nie.
Wat is fout met wit heerskappy? Wit mense mag ook regeer. Niks fout daarmee nie.