ANC se swak vertoning: ‘Ons hoor kiesers hard en duidelik’

(Argieffoto)

Die afgelope plaaslike verkiesings was een van die moeilikste verkiesings nog vir die ANC en die lae kiesersopkoms in plekke waar die party gewoonlik goed vaar, is ʼn duidelike ondubbelsinnige boodskap van die kiesers af.

“Mense is teleurgesteld in die ANC oor die stadige vordering om plaaslike regerings reg te ruk, om volgehoue basiese dienste van gehalte te verseker en om korrupsie en hebsug te takel,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die ANC meen die lae kiesersopkoms kan gedeeltelik toegeskryf word aan onder meer Covid-19, gure weer op sommige plekke op verkiesingsdag, die feit dat stemdag op ʼn Maandag was, logistieke kwessies, asook beurtkrag wat verkiesingsdag voorafgegaan het.

Die party meen hy het die boodskap vanaf kiesers “hard en duidelik” gehoor en dat hy meer vasberade as ooit tevore is om beter te wees en beter te vaar. “Ons is vasbeslote om dienslewering en aanspreeklikheid te verbeter.”

Swakste vertoning nog

Die ANC gaan heel moontlik sy grootste nederlaag sedert 1994 by die stembus ly, met sy steun wat na verwagting tot onder 50% in die afgelope verkiesing sal daal.

“Die uitslae en die kiesersopkoms is ʼn boodskap aan ons beweging om ons reg te ruk. As daar na die geheelbeeld gekyk word wat uit die voltooide resultate na vore kom, behou die ANC sy nasionale voetspoor. Ons bly ook die leidende party nasionaal en in die meerderheid distrikte en munisipaliteite.”

Oor koalisies

Die voorlopige uitslae dui daarop dat koalisieregering in talle groot stede en dorpe nodig sal wees aangesien geen partye tot dusver hier ʼn volstrekte meerderheid gekry het nie.

Volgens die ANC is koalisies en samewerking met ander politieke partye egter niks nuuts nie en doen hy dit al sedert 1994. “Die ANC se benadering tot koalisies bly gegrond op beginsels, nie wenslikheid nie, en word gelei deur die gees, mandaat en belange van die kiesers.

“Ons bly verbind tot eenheid bou en die bevordering van samewerking met partye wat daartoe verbind is om werklik nierassige, nieseksistiese en verenigde plaaslike regerings te bevorder.”

Onlangse ervarings met ʼn aantal koalisies was volgens die ANC egter nie positief nie. Die meeste van die koalisies, wat deur opposisiepartye gelei is, was slordig en morsig en daarop gemik om mag as ʼn doel op sigself te verkry, meen die party. “Dit het gelei tot onstabiele en selfdienende ‘huwelike van ongerief’.”

Om hierdie soort politieke en administratiewe onstabiliteit te vermy, sal die ANC moontlikhede met eendersdenkende partye oorweeg. Dit sluit in die bevestiging van die beginsel wat in baie lande aanvaar word, dat die party wat die meeste stemme in ʼn gegewe verkiesing kry die eerste geleentheid gebied moet word om ʼn koalisieregering te stig, wat sodoende ʼn onbehoorlike geskarrel om mag versag.

Volgens die party sal sy nasionale werkkomitee (NWK) vergader om sy benadering tot koalisies en samewerking te finaliseer.

“Die ANC bly vasberade op sy pad van vernuwing, ongeag die probleme of terugslae.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

annie ·

Ag tog! ‘Hoor hard en duidelik’… En ons gaan bogger all daaromtrent doen… Voortwoed om die pad na die mall met ons lekker nuwe groot salarisse of die berader betaal om die stres van verloor te kan verwerk. Hier en daar word ‘n rollie aangeskaf vir onder die kopkussing vir wie ok al beswaard voel oor my nuwe Merc…

groenboer ·

Dit is presies waarvoor ek hoop, want tensy die ANC-regering nou iets baie radikaal doen om hulself te hervorm, is daar ‘n goeie kans dat hulle met die volgende algemene verkiesing uit die kussings gelig gaan word, of ten minste min genoeg steun gaan kry dat hulle nie ooit weer sal kan maak en breek soos hul wil nie.

Ek sien aan die uitslae dat in vele metro’s, selfs die ANC/EFF blok tesame nie 50% steun kon haal nie. Met ‘n bietjie geluk en goeie taktiek uit opposisiegeledere, is dié spulletjie se dae getel.

Kyk nou mooi hoe besluit hulle dit is alles Ramaphosa se skuld, werk hom uit en vervang hom met RET-faksie man. Op daardie manier val hulle selfs nog vinniger uitmekaar.

Spyker ·

Onbevoeg, ongeloofwaardig, selfverrykend, gewetensloos en rassisties. Julle het nog beter gedoen as wat julle verdien.

...M... ·

Nou weer almal anders se skuld behalwe hulle eie!!
Ek weet net ons ander gaan moet begin saam staan…die EFF is op ons hakke…

Johan ·

Ja ja woorde is baie maklik. Al wat die verkiesing vir my wys is dat die meerderheid in die land se dat hulle tevrede is my korrupsie en swak bestuur. Dis pateties.

AW ·

2024, sal wys of die ANC werkkik verswak het in terme van hul kieser ondersteuning.

Barney ·

Kommunisme is niemand se koppie tee nie. Nog minder kommunisme aan die hande van die anc kaders. Haha!

ES ·

Net nog woorde na 27 jaar se plunder. Nou hoor hulle skielik “hard en duidelik”, maar gaan dit hulle keer om verder te plunder en bedrog te takel? Ek dink ons almal weet wat die antwoord is.

Dit blyk dat kiesers al hoe minder na die rassisme-verskoning luister en al hoe meer begin besef dat hul eie ANC-regering die skuldiges is. Net jammer dit maak geen verskil nie want baie mense het nie gaan stem nie.

Catherina ·

Alles goed en wel maar dink hoe goed die DA sou gevaar het as hulle Mazibuko, Mashaba, de Lille, Maimane en vele anders behou het. DA moet selfondersoek doen. Zille moet waai. Ek IS n DA lidmaat en trots op wat hulle bereik MAAR….

piet ·

Dit lyk of die DA onherroeplike skade gely het in die vorige verkiesing. Lyk asof hulle nie die gly kan keer nie. Ek dink die volgende algemene verkiesing gaan kritiek wees vir hulle. As hulle bly gly teen hierdie spoed is hulle een van die dae nie meer die amptelike opposisie nie.

Reinier ·

Oor n paar verkiesings van nou….
Gaan ons almal ANC stem om die EFF weg te hou…
Van die die begin af was dit duidelik dat Julius “n “clown” is maar daars genoeg kindertjies in die gehoor wat aan sy lippe hang!!!!

piet ·

Daai situasie kan gekeer word as die ander opposisiepartye saamstaan , maar nee, elke hoender wil op sy eie klein nessie skrop. Ons skiet ons self in die voet om die opposisie so te verdeel.

DieKriek ·

Nee, ANC gaan staatmaak op ander partye vir verbetering en dan die eer aan hulself toeken.

Benita ·

Eers was alles apartheid se skuld nou is dit Covid. Hierdie mense wil net geen verantwoordelikheid vat vir hulle onbeholpenheid nie.

Jan Seerot ·

Kom ANC, kom laat ons die saak vierkantig beskou.
Julle kan níé beter doen nie. Julle resep is díé van ‘n miskoek. ‘n Sjokoladekoek s’n is heel anders. Jy kan nie ‘n sjokoladekoek van ‘n miskoek se bestanddele bak nie. Of ‘n pannekoek nie.
Die verrotting is te diep. Die hele lot is korrup. Almal en alles. Pak alles uit, maak alles skoon, verf die huis en veral, maak die rioolstelsel skoon. Verkoop die kaia en laat nuwe inwoners toe om agter die plek te kyk.

Samuel ·

Die ANC hoor en doen niks. Al waaroor hulle vasberade is, is om Suid-Afrika in die grond in te bestuur.

Cherokee ·

re: ‘… bly ook die leidende nasionale party…’

Nou hul het hulle die lydende nasionale party geword.

Perdeby ·

Ja ne julle het hulle hard en duidelik gehoor, en nog steeds gaan julle niks doenie nie. Eers die persoonlike beursie, dan die familie en vriende sin, en as daar geld oorbly sal julle kyk wat julle kan doen.

Jaco ·

En volgende kom die groot straf vir almal wat nie ANC gestem het nie: fase 4 beurtkrag vir die hele land en vlak 5 inperking met toe strande vir die Wes-Kaap in Desember en Januarie. Die “rassistiese DA” beheer mos, volgens die ANC, die Wes-Kaap. Blykbaar is die ANC se regstellende aksie en BEE nie rassisme nie.

piet ·

Soos dit vir my lyk het albei die 2 groot partye gebloei. So alhoewel die ANC baie steun verloor het (die DA het amper net so baie steun verloor) en is die opposisie meer verdeeld as ooit. EFF behou hul ondersteuning en in baie gevalle hoef die ANC net die EFF as koalisievennoot te neem.

Baardman ·

Hulle sou baie swakker vertoon het as hulle nie hulle kiesers met Sassa toelae gedreig het nie.

Althes ·

ANC glo tog nou maar vir Covid en die gure weer vir jul swak vertoning. Jul rakleeftyd is verby.
30 Jaar se generasies het onder jul gely.

Dup ·

Die massas glo steeds die ANC en stem steeds vir die ANC.Dit is soos om dieselfde ding oor en oor te doen en elke keer n ander uitslag te verwag.Die bedrog,korrupsie en verval sal net voortduur.

Jacobus ·

Kyk mooi na syfers! Niks het rerig verander nie. Die kiesers wat ‘n tsunamie kon te weeg bring het weggebly. Solank die SASSA kraan oop is en ek my krag by die paal gaan tap is alles eintlik dollies. Dieselfde betaal nog al die belasting – waarom verander?

Pieter ·

Julle anc kommuniste is blind en doof so wat hoor of sien julle dit is nou die grap van die jaar.

piet ·

Groot verskil tussen die oorheersende party met steeds amper 50% ondersteuning en ‘n toenemende verdeelde opposisie met die grootste opposisieparty maar op 20%. Ander draai ver onder die 10% (tel nie die EFF nie want die is eintlik net ‘n meer radikale ANC en sal by die ANC skaar as die paw paw die fan strike).

Heinrich ·

Nonsens. Indien SA mense gehad het wat stem wat net half intelligent was, was die ANC lankal uitgestem en met ‘n bevoegde party vervang. Die klomp plunderaars word in beheer gehou deur meer plunderaars. Al verskil is dat is stadiger beweeg op die pad van Zimbabwe ipv ‘n vinnige beweeg indien die EFF in beheer sou kom.

JM ·

Té veel stemmers het ‘n gebrek aan gesonde oordeelsvermoë om anders as ANC te stem. Té veel wat net weet van die Y-EN-SIE; is bang dat hulle hul “grants” gaan verloor. Hoe absoluut pateties het hierdie land geword!

Pietertjie ·

Siestog. Hulle moet net leer om beter te kan lieg dan sal hulle weer meer stemme kry.

Boksombende ·

Dis ‘n jammerte hulle vertoon nie nog slegter nie, want soos ek dinge bekyk, is dit nogsteeds ‘n see van kots-groen reg oor ons land behalwe vir die Wes Kaap.

Swerwer ·

Swak opkoms rol soos water van ‘n eend se rug af. Die land is nog nie heeltemal na wense vernietig nie, en so ook nie die landsburgers nie.

Jr ·

Tipiese cANCer party nog steeds alles blameer insluitend Jan v R al weer, maar nooit hulself. Wharra wharra wharra, hanna hanna k….. praat. Net jammer as julle sit in julle konings stoele gaan julle ore toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.