ANC tree in bresse vir Dlamini-Zuma

cyril-en-nkosazana-deur-ANA

Pres. Cyril Ramaphosa en die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: ANA)

Die ANC sê die “voortgesette aanvalle” op die minister van samewerkende regering en tradisionele sake moet gestaak word en Suid-Afrikaners moet hul steun vir die “gesamentlike besluite” van die kabinet en die nasionale koronavirus-bevelsraad gee.

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma is verantwoordelik vir die koördinering van die land se pogings om ingevolge die Wet op Rampbestuur die verspreiding van Covid-19 te bekamp en was die afgelope ruk onder skoot vir verskeie van die regering se omstrede afkondigings.

Daar was veral talle vrae nadat pres. Cyril Ramaphosa in ʼn toespraak gesê het die verkoop van sigarette gaan op koronavirus-vlak 4 toegelaat word. Dae later het Dlamini-Zuma egter die afkondiging gedoen dat dit nié die geval gaan wees nie.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê Dlamini-Zuma voer haar pligte uit ná besprekings deur die kabinet en die bevelsraad onder voorsitterskap van pres. Cyril Ramaphosa.

“Die besprekings is veronderstel om vertroulik te wees totdat die finale besluite van die kollektief afkondig word. Daar moet altyd onthou word dat die besluite van die kabinet en die bevelsraad gesamentlik geneem word en nooit geïndividualiseer moet word nie,” het hy gesê.

Mabe sê dit is onaanvaarbaar dat sommige in “diens van sekere ondernemings” ʼn wig tussen mense probeer indryf.

“Hulle loods kwaadwillige aanvalle en ondermyn ons leiers.

“Dit is in die besonder duidelik wat betref die voorgestelde voortgesette verbod op die verkoop van sigarette, tabakverwante produkte en alkohol. Diegene wat dit doen wys minagting vir die gesondheid van ons burgers en lyk of hulle net in wins belangstel,” het Mabe gesê.

Maroela Media het vroeër berig volgens ʼn betroubare bron was Dlamini-Zuma tydens die jongste ronde besprekings oor die regulasies vir vlak 3 steeds gekant teen die verkoop van tabakprodukte. Dít terwyl daar glo talle ander lede van onder meer die bevelsraad is wat ten gunste daarvan is.

ʼn Hofsaak om die regering se besluit oor die verbod op tabakverkopete betwis is reeds aan die gang.

Die ANC sê egter hy verwelkom die manier waarop die kabinet en die bevelsraad onder Ramaphosa hul pligte uitvoer. “Ons steun die besluite wat hulle geneem het ten volle.

“Ons doen ʼn beroep op diegene wat die kabinet en die bevelsraad – en die besluite wat hulle neem – probeer ondermyn om hul selfsugtige en onpatriotiese gedrag te staak.”

Ramaphosa spreek Suid-Afrika Sondag om 19:00 toe om die land op die hoogte te bring van die jongste verwikkelinge in die strategie om die verspreiding van die nuwe virussiekte te pak.

Daar is groot afwagting dat hy ʼn aankondiging oor Suid-Afrika se afwenteling na inperkingsvlak 3 gaan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Sarel ·

Gesamentlik tussen Bevelsraad en Kabinet??? Wie is hierdie geheime Bevelsraad? Wie regeer die land die Kabinet of die sg. Bevelsraad. In Magashule derl van die Bevelsraad. Hoekom vertel hulle nie vir ons wie is hierdie Bevelsraad nie. Hoekom get Zuma meer seggenskap as Ramaphosa

Venter ·

Dit is baie malik om dit uit te werk minister lankal nie meer in beheur die parlemnt word van buite beheur deur die anc

Willem ·

Die paul nar noem hul leiers en ons minag hulle ha ha beste grap ooit

Sharnelle ·

Wat het sigarette enigsins uit te waai met COVID-19? Ek is glad nie n roker nie, maar ek staan op vir die wat wel rokers is. Selle met wegneem etes, ons mag nie self ons wegneem etes gaan afhaal nie, maar oms moet n meter nee dis nou 1.5m van mekaar af wegstaan. Maar binne winkels loop ons minder as n meter verbymekaar. Selle met Takealot, ons kan online bestel, en hul kom lewer by jou huis af, maar aanvaar nie Cash on delivery nie…..rerig nou, niks maak sin met julle reels en besluite nie.

Johan ·

Natuurlik sal ANC haar steun…. Cyril, Pravin en Tito alleen in hul kamp

Cherokee ·

Jy praat seker van Ramasomething, Gordhan en Mboweni of so iets. Weet nie waarom julle altyd van hulle wil praat op eerste name asof goeie vriende.

Pieter ·

As mens hier lees, dan sien jy eintlik wie beheer S.A. Ou Ramaphosa is maar net die gesig oor hy makliker in Engels praat. (Anders sou ons verewig sit en kyk hoe die ander probeer speech). Nee wat ANC ek moet se julle dae is getel.

Alleen Wolf ·

Moenie vir ‘n oomblik glo hulle dae is getel nie , hulle het baie ondersteuning, selfs onder blankes, dit gaan my verstand te bowe.

MakersMark ·

Spul narre. DZ zolkoniging van Azania. Koèffisient kleiner as “seveeenty”.

Lizanda ·

Sjoe ou Rampies leer seker vandag dat dit bars aan die vooropgestelde toespraak deur NDZ.

Axel ·

Lizanda, absoluut. Kyk dit vat hom 2 dae om eers uit te maak wat sy SÊ, dan gehoorsaam hy haar bevele getrou. Sy gaan hom van die bus afgooi met die volgende verkiesing.

Deon ·

Hy hoef nie te veel te leer as die gesprek soos normaal gaan wees nie, net soveel biljoen hier en soveel biljoen daar

Venter ·

Nou hoekom doen hy wat Ramaphosa is dan nie sy werk self nie hy is is in die een wat die nasie moet toe spreek nie sy handlanger nie net soos Patel met sy belaglikheid van die kleure nou is dit nie hy nie maar winkel eienaars bog ons is nie kinders hier din gaan nie ophou tot daar riots gaan los breuk nie en hulle gaan te min wees om die land te beheer hulle is besig om mense soos kinders te behandel

Louwrens ·

Want hy kan nie, hy wil paddas kook nie n land regeer nie.

Agge nee ·

Natuurlik sal hulle haar verdedig, sy het gesê hulle MOET!!!!! Wat ‘n flippen grap is ons regering.

Cornrit ·

Ek sê nog steeds dat daar vekeerde besluite geneem word in die kabinet en sogenaamde bevelsraad. Ek is ook van mening dat ons ten minste 50% narre in die kabinet het, met ik onder 70. Ramaphosa sal meer en beter gekwalifiseerde regdenkende mense in sy kabinet moet opneem, anders gaan ons regtig n ware piesang republiek word. Ek is nie n roker nie, maar wie de hel is hulle om mense daardie plesiertjie van hulle te ontneem.

Ivana ·

Sy word nie aangeval nie, net op n mooi manier vertel dat sy groter twak kwytraak as wat gerook word. Ek rook ook nie, maar wonder hoekom hammer sy so op die verbod op sigarette. Die hele lot raak die grootste onsin kwyt. Een reel weerspreek die vlg. Hoe dink hulle dit uit, nee magtig gesonde verstand is n Gawe van God en lyl my dit kort hier

AH ·

Na my opinie kry Me “Zol” ‘n lekker vet “kickback” van haar familie wat aandele in die swartmark sigarethandel het………………….Dus meer in haar sak en nie in die staatskoffers nie solank sigarette net op die swartmark te koop is.

Nie Verbaas ·

Gesamentlike besluite deur mense sonder logiese denke ondersteun?

Frikkels ·

Al waarin ons belang stel is om die gierigheid en persoonlike winsbejag deur sekere kaders te beëindig. Dan praat hulle van selfsugtig! Wat kan meer selfsugtig wees as om ten koste van 11miljoen wetsgehoorsame landsburgers kriminele te maak, in ñ poging om die eie anc ekke se gatsak te vul! Julle verarm die mense en neem kos uit kinders se monde met julle drakoniese onlogiese regulasies.

Duncan ·

Vir my part kan hul maar alkohol en tabak permanent verban,daar is net mooi niks goed aan dit.

Pitbul ·

Gelukkig voel net jy so.. wat van baie mense wat nikotien ontrekking kry. My hart gaan uit na daai mense.

Snowball ·

Dit gaan oor die beginsel – van wanneer af moet ‘n regering besluit waaraan en òf jy jou kan vergryp, wat jy moet geniet/verafsku, wat jy moet dra/koop?
Wanneer besluit hulle vir jou waar jy moet bly, wat jy mag besit, wat jy moet glo of wat jy mag verdien?
Hierdie is gevaarlike grond waarop ons loop. Kommunisme verswelg jou individualiteit in sy geheel en dit begin met klein treetjies, soos om paddas te kook.

Duncan ·

Daar niks fout met hul keuse vir kleredrag nie,mense wil staan voor vure met pt broeke en flipflops rooi in die gesig gedrink met n bottel drank in die hand,en n siggaret in die ander hand.

AH ·

Duncan, dit is elkeen se REG om te kies wat jy aantrek mits jy kaalgat in die openbaar loop, eers dan kan jy van iets aangekla word. Dit is my REG om te rook of te drink as dit my keuse is. Aangesien ek my geld met harde werk verdien is dit my REG om dit te bestee hoe en waar ek dit goed dink. Die regering het GEEN REG om namens ons besluite te neem nie…….

Hoekom ·

OK, Karen. Onthou ander mense het ook die reg tot ‘n vry lewe met hulle eie keuses net soos jy…

Pieter ·

Dalk moet jy vur die ANC gaan werk. Dit gaan nie oor of jy rook of drink nie. Dit gaan oor n menister wat dink sy kan doen wat sy wil.

koos10 ·

Dankie Duncun, so môre word jy vertel jy moet 20:00 uur gaan slaap en 07:00 ontbyt eet. Dan mag jy net ‘n Polo bestuur en net met Total petrol. Dan mag jy jou hare net by Salon Zuma sny en net groen kleur. Dan mag jy nie meer swem nie en net Woendae braai, en net as jy vleis by Patel slaghuis gekoop het. Sou jy gelukkig daarmee wees? Word wakker, dit gaan nie oor drank en sigarette nie!!!!!

Sobymykoolkop ·

Sê bybel mos hoeka; as een blinde die ander blinde lei val altwee in die sloot. Verskriklik om aan hulle oordeel oorgelaat te wees.

Sias ·

Wonder wat het NDZ, teen CR. Dat sy so kommunistiese besluite kan neem?

koos10 ·

Sy het teen hom die presidentskap verloor. JZ het haar beloof sy sal volgende wees.

Johnny ·

So nou word kritiek op die regering as “onpatrioties” voorgehou? Dan is ek trots onpatrioties. Nooit as te nimmer sal ek hierdie klomp onbevoegde, irrasionele, magsdronk, korrupte narre steun of goedpraat nie.

Erica ·

Ek volg nie n Hitler wannabe nie. Ek val nie meer vir hul bog nie. Sy moet haar zol sokkies gaan rook by haar ex se aftree plek wat ons voor betaal het.

RekmyBek ·

Nee wat om Ramamalletjie ons sal beslis nie doen wat jy se nie!

Werner ·

So hoe gaan die regerring en kabinet die werkloses versorg ek rook en sal aanhou rook wettig of onwettig kom ons Maak die onwettige invoere Ryker eerder as die kabinet en laat hulle op hulle bloedneuse kyk

Adam Adriaan ·

Alle vrugte in die bevelsraad/kabinet is vrot en dit stink

Jurg ·

Die een lieg nes die ander nie een is bevoegd om die land te regeer nie korrupsie vier hooggety en almal loop rond

Barbara ·

Het die Zuma’s dalk Ramaposa waar hul hom wil hê onder die duim.

Deon ·

Wie is die ANC, wat se hulle voters oor al die dat hulle nie mag drank , sigarette en sekere klere kan aanskaf nie? Dan ook die dat hulle se dat tabak vervaardigers die regering wil ondermyn, bog, daar was n petisie wat deur gewone burgers ondersteun was derduisende van hulle..tensy ons nou skielik honderd duisende tabak vervaardigers het…

Stella ·

Regering kan maar bietjie kyk na ander lande se bevindings rondom die covid19 . Italie en Frankryk. Mnr Ramaphosa kan maar bekend maak wie dan sodanige bevelsraad is sodat die volk ook weet. Hy moet ook weet die land se mense is nie n klomp kinders wat gaan ja en amen op die ANC nie. Daarby volstaan ek.

Oudste ·

Hulle tree in die bresse vir haar, net soos hulle vir Jakoppie gedoen het. Absolute mag korrupteer absoluut. Pasop vir die gepeupel wat julle so onderdruk. Marie Antoinette het ook gedink sy en haar regeerders is onaantasbaar, pasop.

Johanncb ·

Sy is nie bevoegd om hierdie amp te beklee nie. Bevorder haar asseblief tot Minister van Stilswye.

Lorna ·

Omw hoe lag ek nou hahahahahaha help ek kan nie ophou nie
Kwaadwilligheid stook
Sy wat jou baas is ramapoker
Sy stook dit self
Het iemand al gestig gebel en gesê sy het ontsnap
Hahaha

Vrystaat2109 ·

Onder voorsiitwrskap en bevestiging deur CR???, hy sê tabakprodukte kan verkoop word maw dit is vooraf bespreek en hy bevestig dit en maak dit bekend op tv en dan kom sy, wat lyk asof sy gerook is,en verander die voorsitter se besluit?? so sy bevestiging beteken niks ten spyte van die feit dat hy die finale sê behoort te hê!!! My mening dit is ‘n magspel.

Norries ·

So nou mag ons nie die cANCer regering kritiseer nie, lyk my hul het die reël by Noord Korea geleer.

Objektief ·

Die beperking van tabakprodukte het absoluut geen positiewe effek gehad nie want al die rokers wat ek ken rook nog steeds maar betaal net baie meer vir die plesiertjie, dus minder geld vir kos en minder belasting vir die fiskus. En al verban jy tabak heeltemal gaan dit aanhou.

Ek sit nou die dag en kyk hoe loop SAPS verby n paar knape wat n daggazol rook om die ou op die hoek te gaan intimideer omdat hy glo sigarette verkoop. So dagga rook in die openbaar is wettig maar behoed jou siel as NDZ vermoed dat jy n sigaret verkoop.

Dit is ook welbekend dat sekeres van dieA NC elite drink soos visse; waarkry hulle nou drank?

Boortor ·

Maak nie saak wie wat se nie! Die vrou is pure gif en sy moet weg!! Sommer ver weg!!!! Sy is almal se ondergang.

Hetty ·

“…. Suid Afrikaners MOET hulle steun…. ” Ons MOET NIKS!!! Julle MOET vlieg!

Magda ·

Al wat sy moet doen – is om stil TE BLY en die mense wat iets kan doen kans gee om IETS te se, want duidelik weet sy NIE waarvan sy praat nie, en ramaphosa hou op om alles te doen wat ander se, JY is Suid Afrika se President – begin om so OP TE TREE. of is daar iets waarvan net hulle weet en trek hulle die toutjies en jy dans volgens dit – want op die oomblik :YK dit so. Jy sit in daai stoel maar hulle se link, regs, op of af en JY dans volgens dit – STAAN OP EN WEES DIE PRESIDENT VAN SA, en nie n lamsak wat doen wat ander se nie.

Duncan ·

Ek hou duim vas vir mev.Dlamini asb druk hard vir die verbanning van rook en drink,ons het nie daardie goed nodig nie,mense sal ook nie dood van onttrekkings nie,hulle sal oor dit kom,dis absoluut absurt dat ons so n verslaafde nasie is.

Oopkop ·

Het iemand al kon vasstel wie almal `n deel het in die winsgewende smokkelbedryf van sigarette en nou ook alkohol? Dalk lê die antwoord van al hierdie gesanik oor kritiek daarin opgesluit.

Wilna ·

Kan jy dit oorvertel… Maar nou ja wat anders kn mens verwag. Die spul Sal so opkom vir mekaar wnt die een weet vd ander se stelery. Alml a klomp skelms…

Jan ·

Die regering se hulle tree op in ooreenstemming met internasionale praktyke om covid te bekamp. Interessant dat net Indie en Zambie ook ‘n rookverbod gehad het

Jacobus ·

Het enigiets wat die narre OOIT sin gemaak behalwe dat iemand gewoonlik ryklik bevoordeel word. Hierdie is geen uitsondering.

koos10 ·

Ek is verstom oor die afduimpies. Ek het nie geweet ANC lede en ondersteuners lees MM nie.

Althes ·

Die burgers raak al hoe meer rusteloser, opgewerk, finansieel onseker – dit is tyd dat vlak 3 baie meer verslappings het.
Elke individu wat nie sy gesondheid gaan oppas na verslappingnie, moet verandwoordelikheid vir sy eie keuse en gesondheid maak.
Ons is al goed opgevoed in hande was enmaskers dra.

Riaan ·

Is die bevelsraad ‘n wettige entiteit?

Dit is net baie snaaks dat almal wat die regering wou hof toe vat in die helfte van die proses kop uittrek. Wat is hier aan die gang?

Die nasie word nie ingelig nie, die meeste toesprake is ‘n loflied wat die ANC vir hulle self sing, maar bitter min redes vir hulle besluite word verskaf, maak nie saak hoe belaglik dit ook al mag wees nie.

Ek kan nie verstaan hoekom die land se regsgeleerdes net alles so gelate aanvaar nie.

Estelle ·

Ek is nie n roker nie, maar dis vir my skokkend dat dagga rook nou wettig is as jy dit self in jou tuin verbou, maar sigarette in onwettig. Dis mos totaal gek!!!!!

Kokerboom ·

Nee mnr Mabe, sy word nie aangeval…altyd ANC se eerste reaksie, ons is net moet moeg vir sinnelose uitsprake deur u regime en ons wil die ekonomie aan die gang kry. Dis tyd dat u en u mede kollegas se salarisse net gestop word totdat sog.korona krisis opgelos is…dan sal u minder twak kwytraak. Geld groei nie aan bome!!

Pieter ·

Ek pes dit as mense dink ek is net so on-intelligent soos hulle.

koos10 ·

Ek het al baie kommentare gelewer, nou het ek ‘n vraag, wat kan die regering doen as almal saam staan en weier om die regulasies te aanvaar en gehoorsaam? Absoluut niks, 100000 soldate en 200000 SAPS lede teen 50 000 000 mense. Dis hoe apartheid “gewen” was, en die NP verdwyn het. Jammer ANC, hierdie een gaan julle verloor, my vrees is dat dit die EFF sterker gaan maak.

Eerlik ·

Hulle is beslis nie my leiers nie! Ek nie vir een van die lot gestem om enigsins besluite namens my te neem nie!

marius ·

Huil maar die limpopo vol ou bul . Dit is duidelik wie swaai die lat in die hool . Al vir baie jare .

Yvonne ·

Ek reken as iemand wat insae het die storie van die tabak storie deeglik ondersoek sal dit dalk heel interresant raak om te sien wie se vingers almal daarin is….ek rook of drink nie maar dit bly vreemde storie

Hennie ·

Die man sal sy vingertjie moet laat sak!!! Te veel vingers wys na hom en sy ” kollega in beheer”!!

Jack ·

Kan maar se wat hulle wil. Die skade is klaar gedoen en dit kom al n lank pad aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.