ANC: Zelda is “bedorwe wit mens”

'n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

‘n Skermskoot van La Grange se Twitter-profiel.

Die ANC het Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, as ʼn “bedorwe wit mens” bestempel, het Beeld Maandag berig.

“Sy preek nie-rassigheid om wit mense te beskerm. Nou saai sy rasseverdeeldheid,” het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, volgens die berig gesê. “Nie-rassigheid gaan oor die totale vernietiging van wit oorheersing. So ons veg teen die stelsel en nie teen wit mense nie.”

La Grange het Saterdag vir ʼn opskudding op Twitter gesorg. Volgens La Grange sou sy die land verlaat het as sy ʼn wit belegger was aangesien president Jacob Zuma dit duidelik gemaak het dat wit mense nie welkom is of benodig word in Suid-Afrika nie

“Ek is siek vir Jacob Zuma se konstante aanval teen blankes elke paar maande. Hoekom kan ons nie naas mekaar bestaan sonder dat dit ten koste van mekaar is nie,” het La Grange getwiet.

La Grange se twiets was in reaksie op Zuma se onlangse uitlatings dat die land se probleme begin het toe Jan van Riebeeck in 1652 hier aangekom het.
Mantashe het gesê dit is ʼn feit dat Suid-Afrika deur wit mense gekolonialiseer is. “Hulle het nie hier aangekom en die land leeg gevind nie. Rasse-verdeeldheid steek weer kop uit omdat bedorwe wit mense dit dryf.”

La Grange het om verskoning gevra vir haar twiets.

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
pop

Mantashe jys n rassis!!!Finish en klaar

Willem

Kom ons begin by die oorsaak van die huidige debakel. Wie die persoon is en wat hy doen. Waarvoor hy in die geskiedenis onthou sal word en die persoon wie se nalatenskap nog vir der jare gevoel gaan word.

http://www.iol.co.za/news/crime-courts/da-wins-court-battle-over-zuma-sms-1.1806305#.VLzJLkeUfas

Dit lyk my die hekke is nou oop dat die waarheid maar ge-uiter kan word.

zahn

Nou ja, daar het julle dit in ‘n neutedop. Daai klein rassis se definiese van nie rassigheid is ‘n verklaring van die anc se haat teenoor alles wat wit is. En alle wit anc aanhangers behoort nou hul onderbroeke in die wind te sien waai.

anna

Toe duik nog n gatkruiper. Bye bye Zelda

emiel

Die hek is al sedert Zuma se verkragting aanklag en die Schabir Shaik korrupsieklag ‘n dekade gelede al oop. Waarom nou eers al die bohaai ? Hy sal in die geskiedenis onthou word as die een wat op Mandela en Mbekie se nalatendkap voorgebou(afgebreek?) het