Ander gevangene stamp Walus-aanvaller glo weg

Die Kgosi Mampuru-tronk in Pretoria. (Argieffoto: Stefan Heunis/AFP)

Janusz Walus, die 69-jarige Poolse immigrant wat tronkstraf uitdien vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, het in die tou vir middagete gewag toe hy Dinsdag met ʼn skerp voorwerp aangeval is.

ʼn Onberispelike bron het aan Maroela Media gesê een van die ander gevangenes het die aanvaller weggestamp nadat hy die voorwerp uitgepluk en Walus gesteek het.

“Die ou se woorde aan my was: ‘Hy het direk vir Janusz se hart gegaan’,” het die bron beweer. Die bron is oortuig dat die aanvaller opdrag gekry het om Walus “uit te haal”.

Die Konstitusionele Hof het verlede Maandag beslis dat parool aan Walus toegestaan moet word en dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) hom binne tien dae moet vrylaat.

Dit het groot woede ontketen.

Volgens Maroela Media se bron is die gevangene wat Walus glo gesteek het, ʼn voormalige MK-lid wat tronkstraf uitdien vir ʼn dubbele moord wat ʼn paar jaar gelede groot opspraak gewek het.

“Dit is iemand wat een van die dae self op parool vrygelaat sou word. Dit is bespiegeling, maar dit is of hy opdrag gekry het as oud-MK-lid om Janusz skade aan te doen.”

‘n Argieffoto van Janusz Walus. (Foto: Walter Dhladhla/AFP)

Die bron sê die vermeende aanvaller was nie by bendes betrokke nie en het in die tronk verder studeer. “Ek het al self met die ou gepraat en goed met hom oor die weg gekom. Hy was nie antagonisties nie en het nooit eintlik iets met Janusz te doene gehad nie.

“Vir hom om uit die bloute vir Janusz te steek, is vreemd.”

Die bron beweer anders as wat glo gewoonlik die geval ná ʼn steekvoorval in die gevangenis is, het die bewaarders die aanvallers bloot weggelei. “As jy iemand in die tronk steek, gaan jy ʼn pak slae kry. Die bewaarders gaan jou verniel.”

Volgens hom is Walus se wond ná die aanval aanvanklik in een van die selle verbind en hy is daarna vir mediese behandeling geneem. Die wond is glo oppervlakkig.

Julian Knight, Walus se regsverteenwoordiger, het navrae oor sy toestand na DKD verwys. Die departement het nog nie op navrae oor Walus se toestand of vrae oor die vermeende aanvaller gereageer nie.

Lede van die SAKP betoog Woensdag teen Walus se vrylating op parool. (Foto: SA Communist Party/Facebook)

Die bron sê ook Walus het as ouer gevangene in ʼn enkelsel gewoon in ʼn afdeling wat gewoonlik vir gevangenes wat verder studeer, gebruik word. “Dit is ʼn aangename ou. Janusz was meestal doodstil. Hy het in ʼn stadium karatelesse in die tronk aangebied. Hy het sy eie ding gedoen en niemand gepla nie.

“Dit was ʼn georkestreerde poging op Janusz se lewe. Dit is my mening.”

Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het vroeër vandeesweek gesê Walus sal sy parool in Suid-Afrika uitdien. Ingevolge ʼn ooreenkoms mag Walus ook geen reisdokument of paspoort gebruik wat Pole aan hom uitreik nie.

Volgens die minister is dit in “belang van geregtigheid dat mnr. Walus sy vonnis, insluitend parool” in Suid-Afrika uitdien.

Die bron met wie Maroela Media gepraat het, meen Walus behoort betreklik goed ná sy vrylating op parool in die samelewing aan te pas. “Jy kry ouens wat in die tronk ingaan, inkom met probleme en totaal gebroke uitgaan. Ander, soos Janusz, behou hulself.”

Lede van die SAKP, Cosatu en ANC het intussen Woensdag na die Kgosi Mampuru-gevangenis opgeruk om teen Walus se vrylating te betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Pieter ·

van oud mk lid ook wat sekerlik goeie geld belowe is as hy uit tronk kom… die mense is mos baie skerp as dit kom by geld… So die DKD moet nou antwoord sodat ons kan sien wat hiervan word. Die aanvaller se parool moet nou ontrek word en hy gaan moet verder deel met poging tot moord klag ens. Die gereg is mos daar vir almal, so wat maak die ou nou anders as die res… Kom nou, hierdie is perfekte voorbeeld van wat die waarheid werklik is….

Laksman ·

Wonder of die slagoffer se naasbestaandes ook n se gaan he in die meneer se parool

My siening ·

Kleine kareltjie is moes MK segsman, wonder maar net, en ook Zuma se bederfde dogtertjie!

Sandra ·

Wat hy gedoen het is verskriklik, maar hy het sy tyd uitgedien. Hoekom nou skielik hom wil doodmaak? Ek dink ook dat iemand die ou opgesteek het om dit te doen. Soos ek dit verstaan het hy nie Suid Afrikaanse burgerskap nie. So laat hom teruggaan na sy land. Dis net my opinie van die hele storie.

groenboer ·

Ek vermoed hulle wil hom hier hou juis om as verdere straf te dien.

Mickey ·

ja se ek ook, hoekom nog ‘n las maak vir suid africa stuur hom terug na sy land.

Christine ·

Afrikane ken nie om te vergewe nie. Hy gaan nie lank buite die tronk leef nie.

Gisela ·

Baie vreemd was daar al ander gevangenes gesteek oor hulle parool gekry het?

Cornrit ·

Skande. Daardie tronkhoof moet mos geweet het dat soiets gaan gebeur. Dit is maar net weer n bewys van die lae IK aanstellings in die staat. Mense in posisies waar hulle nie hoort nie. Kyk maar na die vorige baas van DKD.

Gerhard ·

Ek verstaan nie waarom hulle hom nie net in vrede sal laat nou nie. Hy het egter klaar ‘n lewenslange vonnis (25jaar) uitgedien en sit al langer as Mandela, wat as ‘n held uit die tronk vrygelaat is en president van ons land geword het. Was hy nie eintlik ook ‘n moordenaar nie? Betrokke by bomme en en en……. Laat die man ook nou in vrede sy laaste paar jaar wat hy oorhet geniet. Baie van die mense wat betoog, weet nie eers wie hy is nie, ook maar gehoor, want hulle was nognie eers gebore toe die moord gebeur het nie. Ek se maar net

George ·

Bin Laden was ook n “freedom fighter” dis mos die nuwe woord.

Harley Davidson ·

Mcbride het nie een maar baie mense vermoor met sy bom en is later vergoed deur in verskeie leiersposte te dien maar die vrees om die onregverdigheid aan die groot klok te hang sit nie in huidige benaadeelde leiers se broeke nie en moet ek sê malema verdien meer respek as Groenewald wat dit aan betref.

Shakespeare ·

Dis maar hoe die verraderlike Kommuniste optree. Hulle verwoes alles wat in hulle pad kom. AFSKUWELIK !!!

Jr ·

Hoekom is Lesufi phoofi en daai dogter van zumpie nie aangekla vir hitsing nie. Hulle is haatvolle individuals wat nou hoeveel keer haat en geweld aanhits. She is a disgusting excuse for a human being. These people want our country to burn. Hulle is niks minder as terroriste

My siening ·

Man jy is so reg en die 2 is verradelike, afskuwelike kaders!

domheks ·

Deporteer die man terug Pole toe! Dit is op juule hande as hy uitgehaal word. Was Chris Hani se hande skoon? Glo nie!

Andries ·

Hy het definitief opdrag gekry om daai man af te haal,klomp kaders hy moet nou bly,maar sal ook niks oor kom nie

Cherokee ·

1.
ʼn voormalige MK-lid wat tronkstraf uitdien vir ʼn dubbele moord wat ʼn paar jaar gelede groot opspraak gewek het.

“Dit is iemand wat een van die dae self op parool vrygelaat sou word.

(Met klem op ‘paar jaar gelede’ en een van die dae’.)

2.
foto ‘unrepentant murderer must rot in jail.’
Mandela het (sover bekend) nooit berou uitgespreek nie.

Cabous like braai ·

Stem 100 % saam met jou …maar die kaders kan nie so ver dink nie

Koos 100 ·

Politieke partye is baie bang vir wat hy weet ek kan sê, daarom moet hy in die tronk gebly het. Om hom in SA te hou is daar nog beheer oor hom. In Pole kan hy los trek en praat.

Johan ·

Hy is skadeloos Koos, is jy regtig so naïef om te dink enigeiets wat iemand “weet” van die verlede kan nog iets aan die spul doen. Hulle is ALMAL bullet proof, en so diep ingegrawe dat selfs nuwe skelm streke net van hul af val.

Madz ·

My opinie… die feit dat hy gedwing gaan word om sy parooltydperk in SA deur te bring gaan die man se DOOD beteken!

PersHeks ·

Ag flip man, hulle het nie eers geweet wie en wat Walus was totdat die antie van Hani ‘n bohaai oor sy parool gemaak het nie!!

JohanR ·

My gooiste die man is al 30 jaar in die tronk. 15 jaar langer as ander wat al moord gepleeg het. Nou is daar in die tronk boodskap gekry om hom uit te vat. Stel voor dat hy direk na 0R gevat word en op ‘n vlug Poland gesit word. Hy gaan of in die tronk sterf nog voor hy by die tronk se hekke uitloop, of as hy sy borg in SA moet uitdien gaan iemand hom beetkry.

Casper ·

Ek verstaan nie lekker nie.Sy permanente verblyf is teruggetrek en hy sou na Poke gedeporteer word sodra hy parool toegestaan is,wanneer is sy parool dan uitgedien of is dit ‘n manier om hom hier te hou sodat hy vermoor kan word.

Jakes ·

Klae die hoof van die gevangenis en sy onderdane aan want hy is veronderstel om sy tronk skoon te hou van enige tipe wapens. Dit is n uitgemaakte saak dat vuilspel hier betrokke is. Bendelede moet sekere pligte onderneem soos om byvoorbeeld iemand met n mes te steek om bevorder te word tot n gevaarliker krimineel. Tronke in SA het n hool geword waar weinig dissipline bestaan. En moenie my repliek bevraagteken nie want ek weet waarvan ek praat.

Althes ·

Ek hoop hierdie raak ñ internasionale insident.
Ander moordenaars word vroeër vrygelaat as 25jarige gevangenisstraf vrygelaat, maar Janus Walus word geviktimiseer, sluipmoordaanvalle op hom geloods en daar word gediskrimineer teen hom.
Daar is geen regverdiging vir die laakbare optrede van die SAKP, MK en ANC nie.

Nico ·

Ek wonder waar en hoe Janusz sy parool sal uitsien? Hy het nie ‘n huis/woonplek, Familie ens. in SA nie? Inkomste?? Met almal wat hom so haat sal die arme man nie eers kan gaan inkopies doen nie. Hy sal waarskynlik soortgelyk aan tronkstraf in ‘n kamer moet bly. sou maar beter wees as hy kon teruggaan Poland toe

Watsenaam ·

Amen, sê ek ook! Eintlik was hy in ons tyd beskou as n terroris.

George ·

In Suid Afrikaanse korrektiewe taal, sit die man nou al 21 jaar te lank.

gpsa ·

Hoop die maak wereld nuus en dat Poland sal reageer hierop. Ek glo hulle is wel bewus van al die detail en sal als doen om hom veilig her uit te kry.

Piet parys ·

So Hani is vermoor en sakp huil hulle hart uit . Boere word vermoor links en regs en so wat moet boere doen . Opruk teen regering se onvermoe om iemand te vang.?

Johanncb ·

Ek glo hierdie aanval was vooraf beplan. Te oordeel aan die reaksie op die Hof se bevindings, was dit te wagte.

JM ·

Limpho Hani wat oorkook van haat. Haat is selfvernietigend. Sy sal eendag voor God moet antwoord. By kommuniste bestaan vergifnis nie.

Watsenaam ·

Ek sê die volgende met huiwering en met alle respek. Die man het sy vonnis uitgedien en moet onvoorwaardelik vrygelaat word, Mev Hani dis hoe geregtigheid werk. Jy oortree, jy word gestraf, na jy jou straf uitgedien het is jy vry.

piet ·

Nee hy het nie sy vonnis uitgedien nie, hy het lewenslank gekry. Hy het wel sy MINIMUM tronkstraf uitgedien wat voorgeskryf word voor hy kon AANSOEK doen vir parool. Parool beteken nie jou vonnis is uitgedien nie, jy kom net uit die tronk uit en word dan gemonitor volgens jou paroolvoorwaardes (jy dien dus steeds jou lewenslange vonnis uit, jy sit net nie meer in die tronk nie).

piet ·

Onmoontlik as hulle skuldig bevind word aan moord maar dalk bedoel jy hulle ontsnap uit die tronk uit.

Esme ·

Ek wens met my hele hart dat die waarheid aangaande die moord op Chris Hani sal uitkom.
Ons almal is bewus van wie die opdragte gegee het. Kan die land werklik Mnr Walus beskerm. My antwoord sonder om te blik is ‘n besliste NEE – ons SAPD en Weermag kan ons nie eers beskerm nie.
Dit is vir my totaal onaanvaarbaar en dit is my bede dat Janusz sy parool in sy eie land gaan uitdien.
Ongelukkig het ons ‘n Mafia Regering en Mafia Leierskap wat hulle eie bouwelary bo die van landsburgers stel.
Skandelik ANC, Skandelik SAPD, Skandelik Korrektiewe Dienste…

Lillian ·

Hy het sy vonnis uitgedien, die kaders wat so met hul rooi plakkate waai moet maar hand in eie boesem steek, want daar is baie adders in hul eie geledere

piet ·

Hy het sy minimum tronkstraf uitgedien dis al. Sy vonnis van lewenslank is nog in plek.

Nettie ·

Iemand wat vir ‘n dubbel moord ‘n PAAR jaar terug in die tronk is, wat dalk binnekort vir parool ter sprake kom…. is die aanvaller.
Terwyl Janusz die langste in die tronk is van enige ander persoon in Suid-Afrika, vir ‘n enkel moord en al 10+ jaar wag vir sy parool!

Julle is ‘n siek, siek spul mense en hoor my nou, GOD SLAAP NIE. Alle ongeregtigheid SAL vergeld word. En julle wat nie vergifnis kan toon aan iemand wat sy prys ten volle betaal het nie, sal OOK nie by God vergifnis kry nie.

Mag God hierdie man bewaar.

Owlie ·

Dis mos nou duidelik wat gaan gebeur of hy nou in die tronk bly of in SA op parool is! Hoeveel ander moordenaars, verkragters ens word daagliks vry gelaat en kom niks oor nie maar in hierdie geval is daar soveel haat, haat spread, dreigemente en vrle meer. Guess what moord is moord of jy nou n onskuldige onbekende kind, n gewone lid van die publiek, n onderwyser, dokter, dominee, politikus, minister, president, die rykste of armste men’s op aarde is die straf moet dieselfde wees so as een op parool kan gaan en met vryheid die wêreld vol reis kan almal dit doen

piet ·

Ek twyfel of ‘n gevangene wat op parool uit is die wereld vol kan reis, inteendeel ek is doodseker sy paroolvoorwaardes sal aandui dat hy nie die land mag verlaat nie.

Madelein ·

Ek is bekommerd oor sy veiligheid. Die aanslae op sy lewe gaan nie ophou totdat die gewenste resultaat bereik word nie en ons almal weet wat dit is!

E ·

Kan amnestie internasionaal nie intree nie? Januz moet uit SA kom, ek dink baie aan die geval van Aung San Suu Kyi, sy was jare onder huisarres en toe word dit skielik omgeswaai, maar toe probeer hulle haar “frame” deur die militere mag te gebruik om wandade uit te voer en op haar te blameer. Daar is altyd ‘n slinkse plan agter alles.

Retha ·

Die cANCer kaders gaan hom uithaal sodra hy uit die tronk is. Stuur hom asseblief terug Pole toe-hy HET sy tronkstsraf uitgedien, wat meer gese kan word as van menige plaas moordenaar in hierdie eens wonderlike land van ons wat hulle deur hulle alies trek.

Pierre ·

Jy het nie n paspoort nodig nie loop net oor die rivier en jy is weg.

Andries ·

Afriforum moet die saak onder die Poolse diplomatieke diens se aandag bring – indien nodig kan die internasionale Hof in Den Haag ingryp en die man – wat sy vonnis meer as uitgedien het – terughelp Pole toe.

piet ·

Hy het nie sy lewenslange vonnis uitgedien nie. Om parool te kry, beeindig nie jou lewenslange vonnis nie, jy kom net uit die tronk uit.

Andre ·

Die optrede van die Owerhede bewys net hul onbevoegdheid en die uitsprake wat gemaak word dui op duidelike partydigheid, wat geen plek in ons samelewing behoort te kry nie.

christo ·

Soos in Engels gesê word:* Inside job “. Onthou die kaders werk oral in die staatsdiens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.